|
|
Gesalfde Profetiese Drome & Visioene van YAHUVEH, wat aan
Elisabeth Elijah Nikomia gegee is.
Genesis 42:11-12
En ons het in dieselfde nag ‘n droom gehad, ek en hy; ons het gedroom,
elkeen ‘n droom met besondere betekenis. En daar was by ons ‘n Hebreeuse
jongman, ‘n kneg van die owerste van die lyfwag—aan hom het ons dit vertel,
en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging
volgens sy droom gegee.
|
Geagte besoeker,
Die drome wat ons hier plaas, was aan Elisabeth en die Profeet Seun Elia "Elijah" gegee.
Hierdie drome waarksu almal teen die koms van die antichris en die een wêreld regering.
Groot verwoesting gaan oor Amerika en die res van die wêreld kom. Hierdie drome word deur
YAHUSHUA gegee om aan SY mense bekend te maak wat aan die gebeur is, en wat nog in die
toekoms gaan gebeur.
Gaan lees ook gerus hierdie profesieë, drome, en visioene wat deur ander mense aan ons
gestuur was.
Besoek die skakel hier. (Nog net in engels beskikbaar)
Indien jy dit nog nie gedoen het nie, wil jy nie NOU, op hierdie oomblik,
verseker wees daarvan dat al jou sondes vergewe sal wees, deur die geskenk
van die EWIGE LEWE aan te neem, wat deur YAHUSHUA vir jou aangebied word nie?
YAHUSHUA is jou enigste MESSIAS wat 2000 jaar gelede vir jou aan die kruis by
Golgota gesterf het. Dan kan jy versekerd wees om 'n ewige lewe saam met HOM in
die Hemel te spandeer. Die tyd is so min. Vandag is die dag van redding. Moenie wag
nie, dit kan dalk net te laat word.
Hieronder is 'n sondaars gebed. Bid die gebed opreg, met jou hele hart.
YAHUSHUA sal jou gebed hoor en dan sal jy ook een van SY eie geliefde kinders word.
|
Reddings Gebed
Liewe YAHUSHUA, ek neem U nou aan as my Verlosser en Redder, U is die God wat
ek liefhet. Ek glo dat U vir my die prys by Golgota vir my sondes betaal het.
U het gesterf en op die derde dag weer opgestaan. Ek wil vra dat U nou asseblief
in my hart sal kom bly en my skoonwas van alle ongeregtigheid. Ek is jammer dat
ek gesondig het, en ek draai nou weg vanaf daardie sondes.
Dankie dat U my met U Heilige Gees vul en aan my die begeerte gee om U al
die dae van my lewe te dien. Dankie dat U nou binne in my wil lewe. Sodat
U verheerlik word YAHUSHUA! Dankie dat U vir my die begeerte gee om U Bybel
te lees en gee asseblief aan my die wysheid om dit te verstaan. Dankie dat U
my Liefhet en U nou my siel Red, en my geloof sal laat groei, sodat ek eendag
saam met U in die Hemel sal wees.
Ek bid in die Naam van YAHUSHUA dat U asseblief my sal vul met U Heilige Gees
en my sal vrymaak van die een wat boos is. YAHUSHUA help my om te onthou dat Almal
gesondig het en dit ontbreek hulle aan die Heerlikheid van God, en dat U gekom het
om sondaars te red. Dit is hoekom U ons Redder genoem word. Amen.
Besoek ons Reddings Bladsy hier (Net in engels)
|
Lees hierdie gebed en dan lees jy dit weer, maar hierdie keer moet jy dit nie
net met jou gedagtes lees nie, maar met jou hart ook. Jy moet GELOOF hê en glo.
Onthou, YAHUSHUA is NIE net 'n God nie, maar HY is ook jou beste vriend!
Iemand wat vir jou omgee en jou baie lief het, net soos jy is. HY haat Sonde,
maar HY is baie lief vir JOU, die sondaar! YAHUHSUA het die prys vir jou
sondes betaal. Nou moet jy nie meer skuldig of veroordeeld voel nie! Bely
jou sondes aan YAHUSHUA. Noem hulle op. Sê vir HOM dat jy jammer is, en vra
dat HY jou sal vergewe! Al jou sondes in die verlede en hede. 'n Sonde is
enige iets wat jy gedoen het wat ons Heilige God ongelukkig maak. Niemand
is perfek nie! Dit moet jy altyd onthou!
Lees die Nuwe Testament en begin leer wie YAHUSHUA is. 1 Johannes 3:16.
Die bybel sê ons moet HOM bely as ons Verlosser en Redder en HY sal jou
voor die Vader bely. Moenie skaam wees vir YAHUSHUA nie. HY is nie skaam
vir jou nie. Sê vir iemand dat jy op hierdie dag vir YAHUSHUA van Nasaret
aangeneem het! Al die engele in die Hemel juig en sing omdat daar nog 'n
naam in die Lam se Boek van die Lewe gevoeg is! Laat ons saam met jou bly
wees. Ons het meer as een pastoor hier, indien julle een nodig het. Welkom
by YAHUSHUA se familie! ONS SIEN DAARNA UIT OM JOU IN DIE HEMEL TE ONTMOET!
INDIEN ONS NIE OP DIE AARDE GAAN ONTMOET NIE!
|
|