JESUS RED!!

YAHUSHUA RED!!
|
Hierdie webwerf bring 'n dringende waarskuwing aan Suid Afrika!!!
|
Ek voel baie sterk gelei deur die HEILIGE GEES om hierdie waarskuwing aan
die hele Suid Afrika te rig.
So vier jaar gelede het YAHUSHUA (Hebreeus vir JESUS) aan my verskyn,
nadat ek my hart en lewe vir HOM gegee het. Ek was nog nie gered nie, maar daarna het ek al my sondes bely en tot bekering gekom
en HOM in my hart ingenooi. Sedertdien het die HEILIGE GEES my gereeld na skrif in die bybel verwys
na wat nog vorentoe in Suid Afrika gaan gebeur.
|
2 Kronieke 7:14
en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle
bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
|
Later het YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH (Hebreeus vir GOD en JESUS en die HEILIGE GEES),
my gelei na gedeeltes in boeke en webwerwe, waar verskillende profete lankal reeds waarskuwings
gegee het vir wat nog in ons land gaan gebeur.
|
|
Mense hierdie dinge is werklik!! YAHUSHUA (JESUS) maak dit aan ons bekend sodat ons tot 'n besef
kan kom en ons sal bekeer. Dan sal YAHUVEH (GOD) ons sondes vergewe. Lewe dan 'n lewe wat wys dat jy tot
bekering gekom het en vorm 'n warm verhouding met YAHUSHUA. Nie louwarm nie. Openb. 3:16.
Sien "Profete" hieronder vir Woord oor SA. Stuur asb. enige
profetiese woorde en drome oor Suid Afrika, aan
die e-pos adres.
|
|
|