Romeine 8:5-14
Die wat volgens die vlees lewe, rig hulle gedagtes op die dinge van die vlees, maar die wie volgens die Gees lewe, rig hulle gedagtes op die dinge van die Gees.
Die gedagtes van die vlees is die dood, maar die gedagtes van die Gees is lewe en vrede.
Die gedagtes van die vlees is vyandskap teen YAHUVEH, omdat dit nie homself onderwerp aan die wette van YAHUVEH nie, en dit is ook nie daartoe instaat nie.
En hulle wie in die vlees is, is nie daartoe instaat om vir YAHUVEH bly te maak nie.
Maar julle is nie in die vlees nie, maar in die Gees, en as dit so is, dan bly die Gees van YAHUVEH binne in jou. En as enige een nie die Gees van die Messias in hom het nie, dan is daardie een nie SYNE nie.
En as die Messias in jou is, dan is die liggaam dood vir sonde, maar die Gees is lewe vanweë die geregtigheid.
En as die Gees van HOM wie YAHUSHUA uit die dood uit opgewek het, binne in jou is, dan sal HY wie die Messias uit die dood opgewek het, ook lewe gee aan julle sterflike liggame, deur SY Gees wat binne in julle is.
So dan broers, ons is nie skuldenaars aan die vlees nie, om volgens die vlees te lewe nie.
Omdat as jy volgens die vlees lewe, jy dan sal doodgaan, maar as jy volgens die Gees lewe maak julle die werke van die liggaam dood, en jy sal lewe.
Die wie hulleself laat lei deur die Gees van YAHUVEH, hulle is kinders van YAHUVEH.
|