JESUS RED!!

YAHUSHUA RED!!
|
Waarskuwing aan Suid Afrika!!!
Draai terug na YAHUSHUA (JESUS)!!!
Nou is die tyd!!!
Dinge het nou al so ver gevorder dat leiers nie eers meer die haat wat hulle in hulle harte
teen ander voel, wil wegsteek nie.
Julius Malema sing nou sommer in die openbaar in engels voor duisende juigdiges en ander, en hy sê duidelik
aan hulle dat hulle nou die boer (die wit man) wil doodmaak. Moet my asseblief glad nie verkeerd verstaan nie.
Ek is glad nie rassisties van enige aard nie. My beste vriend is 'n swart man en hy is soos 'n broer vir my.
Hy is 'n groot gelowige mens.
Mense, hierdie liedjies wat julle nou hoor wat gesing word, is al die jare nog deur ver regse heidense groepe in Suid Afrika
gesing, maar net in hulle eie taal. Daar word woorde gebruik soos, "We will kill them, we will kill the whites." Dit word
al vir jare gesing. Hierdie ver regse heidense groepe is besig om 'n aanslag te beplan teen spesifiek blankes in Suid Afrika.
Siener van Rensburg en Johanna Brandt het profesieë en visioene ontvang oor sulke tye wat gaan aanbreek, waar groot swart
heidense groepe 'n aanval gaan loots teen blankes in Suid Afrika.
Die visioene van Siener van Rensburg en Johanna Brandt is visioene wat YAHUVEH en YAHUSHUA aan hulle gegee het.
Hieraan getuig ek deurdat die HEILIGE GEES my een oggend 8 uur wakker gemaak het op die agste dag van die
agste maand, in die jaar 2008 (8\8\8), en die volgende woorde aan my gespreek het:
(Julle sal sien in die onderste gedeelte dat die HEILIGE GEES na ONS verwys.
Dit is YAHUVEH en YAHUSHUA en die HEILIGE GEES)
"Weet dat alles wat Siener van Rensburg gesien het in Suid Afrika sal gebeur. Valse profete het sy woorde
uitmekaar geskeur, maar ONS het jou na sy profesieë gelei in die tyd toe ONS jou geroep het. ONS het jou ook na
Johanna Brandt se visioene gelei, want dit sal in vervulling gaan. Die 'Nag van die Lang Messe' het alreeds begin.
Hoekom dink jy verlaat die mense Suid Afrika so teen 'n spoed? Wees versigtig, daardie Nag kom vinning nader. Jy weet
wat om te doen. Jy weet hoe Suid Afrika gestraf gaan word."
Mense, daar word 'n aanslag op Suid Afrika beplan. En YAHUVEH sal toelaat dat dit gebeur as gevolg
van die stank van hierdie land se sondes. Morele standaarde het verval. Christene, mense wat kerk toe gaan,
hou maar net aan lewe asof hulle nie eers 'n Verlosser nodig het nie.
Hulle hou maar net aan met hulle sondige lewenstyl en gaan Sondag kerk toe, en dink dis al wat nodig is
vir sy redding. Suid Afrika word wakker! Dis 'n leuen van die satan!
YAHUSHUA wil hê dat julle 'n verhouding met HOM moet vorm. Dit is SY wil dat ons HOM in Waarheid en Gees aanbid.
Ons moet weer ons bybels begin lees. Self lees. Nie net wag vir Sondag om te hoor wat die predikant lees nie.
GOD YAHUVEH en YAHUSHUA praat met ons deur SY Woord. Die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) lei ons in die Woord
en wys vir ons watter skrifgedeeltes is van toepassing op ons lewens.
Plaas julle geloof 100% in HOM. Nie in enige regering of kerk of ministerie of politieke party
of enige ander mens nie. Nou is die tyd! Draai weg van julle sondes. Moenie die leuens van
die meeste kerke glo wat vir julle vertel dat GOD YAHUVEH sekere sondes maar sal oorsien nie.
Rassisme is sonde. Geen rassis sal Hemel toe gaan nie. Die 2de gebooie sê vir ons, "Jy moet jou naaste lief hê soos jouself".
Pornografie is sonde. Seks buite, en voor die huwelik is sonde!
Homoseksualiteit is sonde. Aborsies is sonde. Geen sonde sal ooit in die Hemel toegelaat word nie.
Esegiël 18:1-32
"Dit is die mens wat sondig wat sal sterf"
vers 4 "Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe. "
vers 5-9 Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen;
nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nie naby ‘n vrou kom as sy onrein is nie,
en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met ‘n kleed toedek;
nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike regspraak oefen tussen man en man;
in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel—hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek YAHUVEH.
Maar as iemand hierdie sondes doen,
vers 13 Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy bloedskuld is op hom.
Lees die hele Esegiël 18 hieronder...
Wanneer ons een van die Tien Gebooie verbreek, verbreek ons almal.
YAHUSHUA is ons enigste Verlosser. Net HY kan jou sondes vergewe.
Vra HOM vandag om jou te help om jou lewe te verander. Vra SY HEILIGE GEES om jou te wys watter dele in
jou lewe moet nog verander.
Wanneer jy vir YAHUSHUA vra dat HY in jou hart moet inkom en jy tot bekering kom, moet jy 'n
werklike poging aanwend om dan heeltemal weg te draai van jou vorige sondige lewenstyl.
Ons moet dan ook ons laat doop sodat die ou sondige mense in jou sal sterf en die nuwe mens gebore word en
dat die HEILIGE GEES jou kan vervul en jy jouself daarna laat lei deur die GEES, en nie deur jou eie sondige vlees nie.
Ons almal is sondaars en ons is ver van YAHUVEH af, maar ons word sonder dat ons dit verdien, op grond
van SY genade vrygespreek vanweë die verlossing deur YAHUSHUA HA MASHIACH. Romeine 3:23-24.
Esegiël 18:1-32
"Dit is die mens wat sondig wat sal sterf"
Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe.
Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen;
nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nie naby ‘n vrou kom as sy onrein is nie,
en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met ‘n kleed toedek;
nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike regspraak oefen tussen man en man;
in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel—hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek YAHUVEH.
En het hy ‘n geweldenaar van ‘n seun verwek wat bloed vergiet en net maar een van hierdie dinge doen—
terwyl hy self dit alles nie gedoen het nie—as hy ook eet op die berge en die vrou van sy naaste verontreinig,
die ellendige en behoeftige verdruk, roof pleeg, die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drekgode, gruwelike dinge doen,
op rente leen en woeker neem—sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy bloedskuld is op hom.
Maar kyk, as hy ‘n seun verwek wat al die sondes van sy vader sien wat hy gedoen het—dit sien en sulke dinge nie doen nie:
nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel nie, die vrou van sy naaste nie verontreinig
en niemand verdruk nie, geen pand neem en geen roof pleeg nie, sy brood gee aan die wat honger het, en met ‘n kleed toedek die wat naak is,
sy hand van die ellendige afhou, geen rente of woeker neem nie, my verordeninge volbring en in my insettinge wandel—hy sal nie sterwe weens die ongeregtigheid van sy vader nie, hy sal sekerlik lewe.
Sy vader sal, omdat hy aan verdrukking skuldig is, sy broer iets deur roof ontneem het en onder sy stamgenote gedoen het wat nie goed is nie—kyk, hy sal deur sy ongeregtigheid sterwe.
Maar julle sê: Waarom dra die seun nie saam die ongeregtigheid van die vader nie? Maar die seun het reg en geregtigheid gedoen en al my insettinge onderhou en dit volbring—hy sal sekerlik lewe!
Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.
Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
Al sy oortredinge wat hy begaan het, sal hom nie toegereken word nie; deur sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal hy lewe.
Het Ek dan miskien ‘n behae in die dood van die goddelose? spreek YAHUVEH. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie?
Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen—sal hy lewe? Aan al sy geregtighede wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sonde wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe.
Tog sê julle: Die weg van YAHUVEH is nie reg nie. Hoor tog, o huis van Israel! Is my weg nie reg nie? Is júlle weë nie onreg nie?
As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sterf hy ten gevolge daarvan; deur sy onreg wat hy gedoen het, sterf hy.
En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en geregtigheid doen—hy sal sy siel in die lewe behou;
hy het dit ingesien en hom bekeer van al sy oortredinge wat hy begaan het; hy sal sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
Tog sê die huis van Israel: Die weg van YAHUVEH is nie reg nie. Is my weë nie reg nie, o huis van Israel? Is júlle weë nie onreg nie?
Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek YAHUVEH. Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie ‘n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.
Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?
Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek YAHUVEH. Bekeer julle dan en lewe.
|
|
|