11 April 2010
Leer nou die belangrikheid van salwing
Salwing is 'n gebruik wat al in die bybelse tyd toegepas was. Dit is die aanwending van olie (olyfolie of selfs kookolie)
wat dien as 'n voorstelling van die Bloed van YAHUSHUA wat jou en jou familie beskerm. Die olie kan op vensters se hoeke en deure se hoeke
en selfs buite jou huis aangewend word. Voordat ons dit aanwend bid ons en vra dat ABBA YAHUVEH dit 'n voorstelling van
YAHUSHUA se Bloed sal maak en dat die krag van die Heilige Gees daardeur sal vloei. Neem dan 'n druppel olie op jou vinger en salf
eers jou eie hande in die NAAM van YAHUSHUA ons MASHIACH. Dan salf jy elke hoek van die vensters en deure
in die NAAM van YAHUSHUA ons MASHIACH. Vra dat ABBA YAHUVEH jou huis sal beskerm. Vra dat HY SY engele sal stuur vir ekstra
beskerming.
Uittreksel vanuit Profesie 56:
EK wil vir julle dit vertel: salf julle huise, salf julle deure, omdat die kinders van Israel veilig sal wees, net soos in die dae van ouds, toe die plae gekom het. Die wat ander gode aanbid het, was nie veilig gewees nie. Die engel van die dood het verbygegaan en nie aan die kinders van Israel geraak nie. Maar die wat ander gode aanbid het, die wat geen god aanbid het nie, het die hand van die Almagtige GOD YAHUVEH se woede gevoel. EK laat dit toe.
|