|
Die jaar is Jimmy Swaggart se owerspel ontbloot voor die
wêreld, dit is die EERSTE hoorbare woord van YAHUVEH. Later die dag het ek met
afsku gekyk hoe hy skande oor die gemeentes rondom die aarde gebring het. Dit was vroeg
daardie oggend toe ek uit ‘n gesonde slaap wakker geword het met GOD wat met my gespreek het en gesê…
"ELKE GEMEENTE BENOEM NA ‘n MENS SAL VAL!"
Niemand het die reg om ‘n bediening na hulself te benoem nie, net die seun van YAHUVEH
wat die prys by Golgota betaal het. Wanneer die prediker wat dit doen val, val die
bediening en spat uitmekaar waar die wolf hulle kan verslind. Waarsku hulle, EK is ‘n
jaloerse God en deel nie My Glorie met enige een nie.. Ek gee die waarskuwing vir julle
sodat julle nie die sonde begaan nie, en ander sal waarsku.”
Ek was geskok want NOOIT het ek selfs geweet GOD spreek
steeds hoorbaar met sy kinders nie. Ek het gevra hoekom waarsku U my, ek is net ‘n moeder en het
selfs nie eers ‘n bediening nie, ek is maar net ‘n evangelis wat in ander kerke preek. Nou verstaan
ek hoekom die bediening net benoem is na die Alpha en Omega en die Heilige Gees. (Ruach ha kodesh)
YAHUVEH en YAHUSHUA is die enigste name wat oplig. Later die dag het ek TV gekyk en gehoor Jimmy
Swaggart bely dat dit so is, gevang in sonde. Die volgende dag gedurende gebeds byeenkoms, nadat ek
in tale gebid het, het die Heilige Gees my ‘n boodskap gegee om na die top evangeliste te stuur, 10 van hulle,
en ek het dit na elkeen van hulle gestuur in ‘n kasset op band onder die salwing. Slegs
Oral Roberts het persoonlik aan my geskryf en my bedank vir die woord van YAHUVEH wat ek voort
gespreek het, nogtans het hy die naam Oral Roberts Bediening voortgesit daardie tyd. Ander aan
wie ek die waarskuwing gestuur het was
Robert Tilton, Jimmy Swaggart, James
Robinson, Dwight Thompson and Rex Humbard.
Daar was tien predikers, ek het die res van die name vergeet. Die vrag was so groot ek
het God gesmeek om dit te verwyder nadat ek die waarskuwings aan die bogenoemde predikers
gestuur het. Dwight Thompson het die naam van sy bediening verander, James Robinson ook.
|