Het YAHUVEH Geslaap Toe Terroriste Amerika Aangeval Het? Was Die Heilige Engele Met Vakansie?

Gesalfde Boodskap Van Apostel Elisabeth Elijah Nikomia

Lees Aansluitende Profesie 49

Lees omtrent Kloning hier (Slegs in engels beskikbaar)

Kliek Hier Vir Duidelike Teks Vir Afskrif/Aanheg In Epos Aan Jou Vriende  

Ek wil aan jou bewys dat GOD YAHUVEH en YAHUSHUA baie besig was gedurende daardie tyd! So ook almal van die Hemel en die menigte engele! Satan en sy demone het ook oortyd op daardie dag gewerk! Dit was die demone wat die gedagtes en siele van die terroriste gevul het, en die wat die planne al vir baie jare beraam het. Satan het gejuig toe hy sien sy plan byeenkom, maar YAHUVEH het steeds honderdduisende wonderwerke op daardie dag gedoen! Mag miljoene wees! Hou asseblief Nov. 11, 2001 in gebed, en enige nommer wat toegevoeg word aan 11, ook die naweke, en die Heilige Joodse Feesdae. Satan hou daarvan om ons op die dae aan te val. Ek is in diepe gebed spesifiek op hierdie dae. Weereens omdat die gebede van die mense wat YAHUVEH in die naam van YAHUSHUA aanbid in Amerika gespaar is van meer terroriste aanvalle.

Hou asseblief aan om vir genade vir Amerika te bid, ook vir al die ander nasies wat ly onder terrorisme. In besonder vir Israel! Sudan, Indonesië, Afrika, Indië, Iran, Irak. Bid dat ons Christelike Broers en Susters bevry sal word! Hulle enigste misdaad is dat hulle doen wat ek nou doen, verkondiging van die evangelie van JESUS CHRISTUS ons YAHUSHUA , en probeer ander na die reddende kennis te lei. Bid dat die Amerikaners NIE meer gewillig sal wees om hulle vryheid OP te gee nie, en dat Engeland ook nie die ID kaart sal aanvaar wat ‘n voorganger is van die “MERK VAN DIE DIER” nie! In my slaap het ek wakker geword met die medewete van YAHUVEH, wat is ‘n ID kaart? Dit is ‘n merk wat jou skei van die ander! Waar gaan die informasie heen? In ‘n rekenaar in België wat genoem word "BEAST" (dier) pasop vir die voorloper wat in die boek Openbaring genoem word, die MERK VAN DIE DIER! Bid dat almal wat YAHUSHUA in gebed aanroep, nie hier sal wees wanneer dit gebeur nie! Want daar kan NIKS gekoop of verkoop word, sonder die merk nie! Tony Blair, probeer hard om dit in Engeland te kry. Mense nou moet julle opstaan en praat of julle sal vir altyd stil wees!

Dit is die waarheid om te weet GOD ALMAGTIGE SKEPPER VAN DIE HEMEL EN DIE AARDE SY KINDERS BESKERM – DIE WAT UITROEP IN SY NAAM EN SY SEUN YAHUSHUA SE NAAM! In ALLE oorloë, ingesluit Israel, Sudan, die lys is eindeloos, selfs in Kosovo, wat ‘n oorlog is. Ek sal nooit vergeet hoe ek huilend TV gekyk het toe die moeders en kinders gebombardeer is, maar hulle het gesê dit was ‘n ongeluk, toe hulle in die pad van ons bomme gekom het. Dit was ‘n oorlog, nie wedersyds in beide gevalle nie, en so min van Verenigde State (US) verstaan hoekom ons betrokke geraak het? Sê die Bybel nie “ ons maai wat ons saai nie?” Hoe vinnig vergeet Amerika dat die KOSOVO oorlog voer teen CHRISTENE, en dat ons die MOSLEMS afkeur! Die bloed van die onskuldiges skree om wraakneming, en GOD vergeet nie, dit is hoekom dit in ROOI geskryf is, vir die bloed wat gestort is in ‘n terroriste handeling. Amerikaners het hul deel aan bloedvergieting, maar dit het baie jare lank nog nie teruggekeer na ons land toe nie. ‘n “Amerika julle is Nineve in MY oë” profesie is aan my gegee, God sê HY het meer wonderwerke Sept. 11 2001, gedoen as wat daar sterfgevalle en ongevalle was! Dit het net selde FOX nuus of CNN nuus gehaal! Wanneer jy hier onder lees sal jy sien HOE BESIG ONS VADER GOD YAHUVEH VIR WIE ONS DIEN, WAS OM OORTYD TE WERK, TESAME MET ONTELBARE ENGELE! HOEVEEL ERGER SOU DIT NIE GEWEES HET INDIEN YAHUVEH NIE OP SY POS WAS NIE! GOD HET SY KINDERS BESKERM WAT DAARDIE DAG NA HOM GEROEP HET IN DIE NAAM VAN YAHUSHUA! JESUS CHRISTUS! ONS VADER SE OOR WAS INGESTEL DAARDIE DAG OM SELFS ELKE FLUISTERENDE GEBED OM HULP TE HOOR!

YAHUVEH was BESIG OM SEKER TE MAAK DAT ALARMKLOKKE NIE AFGAAN NIE! Opdrag is aan Sy engele gegee om seker te maak dat die alarms afgeskakel of op stilte gestel is! Vir die wat die dag verslaap het !

YAHUVEH was BESIG OM SEKER TE MAAK DAT SOMMIGES NIE LUS GEVOEL HET OM TE GAAN WERK NIE! YAHUVEH het seker gemaak dat die engele die verkeer daardie dag opgehou het! Hy het seker gemaak dat die verkeersligte langer neem! Vervoer dienste het gesloer! YAHUVEH, het seker gemaak dat die wat selde gebid het, maar wat eens hul lewens aan JESUS ons YAHUSHUA gegee het, die dringende behoefte gehad het om te bid, bely, of om iemand te stuur om aan hulle te getuig, die aand voor daardie dag! Sodoende was GOD in hulle gedagtes toe die tragedie plaasvind!

DIE ENGELE VAN YAHUVEH HET DAARDIE DAG OORTYD GEWERK, TERWYL ONS INGETREE het in gebed, terwyl ons TV gekyk het of na die radio geluister het. Ons het ELKE TREE VAN DIE PAD GEBID OP SEPT.11 NA DIE TYD OM DIE OORLEWENDES OP TE GRAWE EN HET GEBID VIR VEDERE BESKERMING EN DOEN DIT STEEDS VIR AMERIKA. ELKE NAWEEK, ELKE DAG BEHOORT DIT IN ELKEEN SE GEBEDE TE WEES! ONS huil en pleit OM VERGIFNIS vir AMERIKA WANNEER ONS STAPPE TEEN TERRORISME TEEN ANDER NASIES NEEM, WANT Amerika beseer ook onskuldige mense tydens ons bombarderings. Onskuldige bloed van die ongeborenes, sowel as Onheiligheid, het ons toegelaat, Nie teen dit geprotesteer, ons is BEROUVOL en staan in die gaping vir Amerika. Ons sing ‘GOD SEËN AMERIKA!’ Maar hoe seën Amerika vir GOD? HET ONS DIE REG om ons SKEPPER wat ons UITGESKOP HET UIT ONS SKOLE te vra! AFWAARTSE VERSKEURING VAN DIE TIEN GEBOOIE! En hoe min in Amerika ONDERHOU DIE TIEN GEBOOIE, om selfs net ‘n poging aan te wend om die TIEN GEBOOIE TE ONDERHOU, is belangrik!

Maar tydens ‘n tyd van krisis het Amerika geroep om GENADE, en tog wanneer GOD se naam Gevloek word op die TELEVISIE en ROLPRENTE, of deur ander, HOE MIN wil selfs PROTESTEER! Wanneer alternatiewe lewenstyl benoem word as die weg van die lewe, hoe min wil selfs opstaan en opkom vir die HEILIGE WOORD VAN GOD wat die Bybel is! NEE! Amerika laat die minderwaardiges van die mense opkom soos die Meerderheid! Die op die preekstoele van die kerke wil nie die vergadering aanstoot gee nie! Die apostels en die profete wat deur YAHUVEH gebruik word om die boodskappe van die Hemel voort te spreek, word uitgeskop! Ek weet hoe min kerke het my al gevra om TE KOM SPREEK WAT YAHUVEH wil hê die kerke moet weet! Selfs die Messianse Joodse Tempels, verwerp my, en ek is onlangs vertel dat ek nie veroorloof is om die Yom Kippur dienste by te woon nie! Want ek is ‘n vroulike geestelike leier, en ook gebruik ek die gewyde naam van GOD! Die oudstes sal die prys moet betaal van die manier hoe hulle my sonder liefde behandel het, want hulle is deur YAHUVEH GETOETS, en het die toets gefaal. Eendag sal hulle onthou en ween oor hierdie woorde wat hulle gesê het. Eendag sal elke Pastoor vir YAHUVEH moet antwoord omdat hulle Apostels net soos ekself weg gewys het, wat gestuur is om ‘n seëning vir hul kerke te wees deur die WAARHEID vanaf die Hemel voort te spreek! ELLENDE wag op die pastore, wat hulle geboue groter maak, wie groot inkomstes het, en tog nie aan die mense vars Manna uit die Hemel uit, gee nie!

VERGEWE ONS, VADER, GOD YAHUVEH IN YAHUSHUA SE NAAM, WEES AMERIKA GENADIG! HOU OORLOË WEG VANAF AMERIKA. SKENK ONS PRESIDENT BUSH, EN SY KABINET DIE GODDELIKE WYSHEID IN DIE BYBEL OM TE WEET WAT OM TE DOEN, NOUDAT OORLOG NA ONS LAND KOM, EN HOE OM OORLOG TE VERMY EN OM ‘n NASIE TE WEES WAT VRY IS EN IN VREDE LEWE! DAT ONS TERSELFDERTYD NIE ONS VRYHEID SAL OPGEE NIE, AFGESIEN VAN DIE KLEIN AFGESONDERDE AMERIKANERS WAT HIERIN BEHAE SKEP! DIE TERRORISTE HANDELING WAS NIE DIE AMERIKANERS NIE, HOEKOM WORD DIE AMERIKANERS DAN BEHANDEL AS KRIMINELE?

Ons President het genoem dat hy sy Bybel twee keer gelees het, dan sal hy van alle mense GLAD NIE wil hê dat die Amerikaners hul vryheid weggee deur middle van ID KAARTE nie, wat nog ‘n verdere indringing van privaatheid is! Dit wat die DNA kaarte bevat, is niemand se besigheid nie! Die kaarte sal insluit aan watter geloof jy behoort, Wat is jou bloed DNA? Dit vra vir jou vingerafdrukke! Aangesien ek en jy NIE kriminele is nie, en die meerderheid van ONS het selfs nie eers ‘n parkeer kaartjie op ons naam nie, hoekom moet die onskuldige dan behandel word asof hy deel is van terrorisme? Mense, julle moet opstaan hierteen! Of julle sal verewig geforseer word om stil te bly! Moenie van jou pastoor verwag om dit te doen nie, want die meerderheid is gekoop en verkoop met daardie belasting – vrystelling status, soos ‘n vrou wat hoereer!

Julle moet bid dat die ID KAART NIE na Amerika toe sal kom nie! Tydens die meningspeiling word daar nie vir die Christene gevra wat ons wil hê nie! Die Die meningspeiler vertel ‘n leuen! Elke kerk behoort in gebed te wees hieroor, en te smeek dat die President dit NIE sal doen nie! Smeek die leiers rondom die wêreld om NIE die ID KAARTE toe te laat nie! Het ek nodig om jou te herinner wat Hitler aan die Jode gedoen het!!! Asseblief laat ons NIE die les van daardie tyd herhaal nie! Of dit sal gedoen word aan die Weergebore, Heilige Gees Gevulde Christene! Of enige een wat NIE die god van die wêreld wil aanbid wat as 'n EEN WÊRELDSE GODSDIENS en 'n EEN WÊRELDSE god daar gestel sal wees nie, wat daar sal wees deur middel van satan en die mens se eie doen en late nie!

Lees die boek van Openbaring dan sal jy besef dat die ID kaart die voorloper is van die “Merk van die Dier”, en GEENEEN kan koop of verkoop daarsonder nie! Selfs ook petrol vir jou kar, en jy sal glad nie kan vlug per vliegtuig nie. Bid dat Engeland die ID kaart sal weier! Bid dat Tony Blair NIE die idée sal verkoop aan die mense, of aan ander Europese lande nie! Vryheid sal vir ewig ontneem word, om nooit weer terug te kry nie, dis die begin van die Anti-Chris! Bid dat die ID kaart NIE na Amerika sal kom nie, en dat ons tyd sal hê om in vryheid en Vrede te lewe, en dat die nasie beskerm sal word met die hand van VADER, GOD, YAHUVEH! Dat ons sal terugkeer en in een stem sal roep na GOD van ons Voorvaders! In die naam van YAHUSHUA (Jesus). Die nasie is nie apart gestel vir ISLAM nie, maar vir die Christendom! Die nasie is nie apart gestel om Allah (maangod wat die Bybel satan noem!) te vereer in plaas van YAHUVEH en JESUS ons YAHUSHUA en die Heilige Gees nie! Laat ons terugkeer en verenig as EEN NASIE ONDER DIE GOD! Want daar is regtig GEEN krag in enige ander naam as hierdie nie! Ek sê dit met liefde in my hart aan die wat nie van beter weet nie.

HET GOD YAHUVEH GESLAAP SEPT.11, 2001? Was al die engele met vakansie op daardie dag? Oordeel self! Maak afskrifte en stuur aan ander op jou e-pos lyste.

Ons Vader GOD YAHUVEH en YAHUSHUA was werkend besig om lewens te beskerm, siele te red, sodat elkeen kan weet ons GOD lewe, regeer en heers! Die mensdom is ‘n vrye keuse gegee, en op daardie dag het GOD YAHUVEH die mense die vrye keuse gegee om te luister na GOD se waarskuwings. Ek glo dit was daardie dag in die Hemel net so baie besig! Ek het alleen daar gesit met trane in my oë, aanmekaar ingetree in gebede! Huilend en uitgeroep Yahushua spaar u mense! Hoeveel ander het dieselfde ding gedoen? Tesame het ons almal uitgeroep om GENADE! en WONDERWERKE in die naam van YAHUSHUA (JESUS).

Heel eerste, YAHUVEH het probeer om almal te verhinder, te ontmoedig om die verdoemde lugredery vlugte te neem! Jy behoort GOD te prys indien jou vlug vertraag of gekanselleer is weens die terroriste daad! Die vier vlugte kan 1000 passasiers bevat! Slegs 266 mense was daardie dag aan boord! Prys YAHUSHUA!

Baie meer lewens sou doodgemaak gewees het, maar hulle lewe vandag juigend en sing lofsange in eerbied en heerlikheid want hulle was gehoorsaam aan die sagte fyn stemmetjie wat gesê het NEEM ‘n ANDER VLUG! Ek bid dat hulle dankbaar is vir die tweede lewens kans en dat hulle dit sal gebruik tot YAHUSHUA se Heerlikheid, en dat hulle getuienis sal lewer oor die goedheid van ons Hemelse VADER! YAHUVEH het nie dit gedoen nie nie, maar HY het die heining van beskerming vir minder as ‘n uur gelig, om Amerikaners te bewys hoe dit gaan in ander lande, soos Israel wat daagliks in vrees ly! En hulle het nie die medelye soos Amerika nie. Israel huil, en hoe min huil saam oor die dood by haar? Kan jy jou die verskrikking indink van nasies wat elke dag lewe waar terrorisme ‘n normale ding is? Sterftes is algemeen en trane hou nie op met vloei nie! Bid asseblief vir die vrede van Jerusalem! En vir almal van Israel! Alle nasies waar terrorisme en oorlog normaal is in die oë van die kinders! Alhoewel ons aangespoor word deur satan om oorlog te verklaar, onthou ASSEBLIEF wat ons saai sal ons terug maai! SPREEK openlik ons wil nie OORLOG in Amerika hê nie! Moenie so opgepof wees van trots en verklaar ons sal wen nie. Wanneer laas het Amerika ‘n oorlog gewen? Indienb ons nie wen nie, noem ons noem dit net nie oorlog nie! Hou op om die vlag meer as die Bybel te waai!

YAHUVEH het seker gemaak dat die HEILIGE GEES, die RUACH HAKODESH op al 4 die lugvaarte was om die vreesbevange passasiers kalm te hou. Onthou die vrede wat alle verstand te bowe gaan! Nie een van die familie lede wat deur hul vriende of familie gebel is vanuit die gesaboteerde vliegtuie, het ‘n vreesbevange geskree gehoor nie, maar selfs toe hulle die dood in die gesig gestaar het het die verdoemde passasiers gepraat oor hulle liefde vir hulle families oor die selfone.

Op een van die verdoemde vliegtuie het YAHUVEH, krag, sterkte en dapperheid, asook ‘n plan aan die passasiers gegee om die saboteurs te oorwin! Ten spyte van die verskille het hulle die terroriste beveg! YAHUVEH het seker gemaak dat toe hulle opgestaan het teen die saboteurs, hulle die geveg GEWEN het, ofskoon dit die dood van almal beteken het! Hulle is helde en het vrede met GOD gemaak, glo ek! Ek glo alle uitverkorenes sal opkom dat die vliegtuig in die Hemel is! Die rede hoekom die helde die vrede gehad het, is omdat hulle vrede met YAHUVEH en YAHUSHUA (Jesus Christus) gemaak het. Die Bybel sê dat “geen mens groter liefde het, as die een wat sy lewe neerle vir ‘n ander nie”. Dit is wat YAHUSHUA of JESUS vir ONS gedoen het, en op daardie dag het ‘n handvol passasiers presies dieselfde gedoen. Hulle het teen die terroriste geveg, anders was die dodetal soveel hoer! ONS GOD YAHUVEH het die vliegtuig waarop die helde geveg het, gelei om nie op ‘n huis neer te stort nie! Of in ‘n stad, om meer lewens te neem, maar in plaas daarvan op ‘n wyd oop streek! WAT ‘n WONDERWERK WAS DIT ALLEEN! Gee LOFPRYSING, EERBIED en HEERLIKHEID aan YAHUVEH! Want Sy HAND van genade was uitgestrek, nie net vandag nie, maar in ALLE opsigte en MEER waarvan ons nie eers van weet totdat ons in die Hemel kom nie!

YAHUVEH was besig om obstruksies op te stel vir menigte werknemers van die World Trade Center. Buitendien was slegs sowat 20,000 in die torings toe die eerste straler die eerste toring getref het. Vandat die torings oor die 50,000 werkers kan dra, is dit op sigself ‘n wonderwerk. Hoe baie van die werknemers van die WTC het aan die nuus vertel dat hulle laat was vir werk, of hulle het verkeers opeenhopings gehad het, prys ons HERE GOD ALMAGTIGE YAHUVEH vir al die vroue wat ‘n ongelukkige hare dag gehad het, wat ekstra tyd geneem het om haarself te versorg! Of prys YAHUVEH vir die ekstra tyd om totsiens te sê aan die vrou of man, nog ‘n soen, nog ‘n druk! Dit het hulle laat, gemaak Prys GOD YAHUVEH vir die moeder wat dit die oor haar hart kon kry om haar kinders te verlaat nie, of besig om om hulle op te pas, of hul oppasser het net nie opgedaag nie, of het siek geword! PRYS YAHUVEH vir die wat honger geword het, en gestop het om ontbyt te eet! Of die huurmotor, bus, ondergrondse spoorwegstelsel of die treine was laat! Die lys gaan aan! Hoe baie is gespaar daardie dag, juis omdat hulle nie op die presiese sekonde van die geskiedenis daar was nie! YAHUVEH het dat sy engele TWEE – 110 sprokie geboue ophou sodat 2/3des van die werkers kon ontsnap! Wat ‘n wonderwerk terwyl ons almal sit en toekyk! GOD YAHUVEH het seker gemaak dat die hoogste punte van die torings nie omkantel nie. Sy hand het die torings regop gehou toe die staalvliegtuie dit volspoed getref het.Hoe baie lewe nie om die rede alleen nie! Ek onthou dat ek die wolk van asbes en stof gesien soos ‘n draaistorm (tornado), toe die toring geval het en ek het diegene gesien aan wie YAHUVEH ekstra krag gegee het om so vinnig te hardloop dat dit soos ‘n marathon gelyk het! Ekself het gewonder of ek sou kon ontsnap op daardie dag, want ek hardloop nie so goed/ vinnig nie!

Waar was GOD YAHUVEH en JESUS ons YAHUSHUA toe al die dinge gebeur het? Het jy van die ander helde van die tragedie gelees? Het jy die krag, energie, betrokkenheid, liefde, gesien van die brandweermanne, polisie, vrywilligers, toe hulle mense gered het, wat hulle glad nie eers ken nie! Wie dink u het hulle volgemagtig om aan te hou met grawe! Die priester het die laaste riturele gegee, aan sterwende vreemdelinge, hy het sy lewe op die spel geplaas vir die gerief van ander menslike wesens! Wat ‘n beter manier om die aarde te verlaat, as biddend! Verseker het die HEILIGE GEES hom daar gehad om ‘n bron van vertroosting te wees vir die sterwende, en hy moet iemand baie spesiaal in die oë van YAHUVEH wees, want GOD het ‘n priester laat sterwe ter wille van bemoediging aan ‘n persoon wat die wêreld verlaat het vir die Hemel! Self ‘n hond het gesterwe, toe hy lewens gered het! Polisiemanne, Brandweermanne! Aan die ander kant het YAHUVEH geweet wie op daardie dag in die Hemel, tuis verwelkom is! Dit was ‘n BAIE besige dag in die Hemel, en Ja in die Hel ook!

Hier is iets waaraan min gedink het, maar dit is aan my as openbaring gegee. GOD YAHUVEH het seker gemaak dat dit slegs 4 stralers was, wat daardie dag gesaboteer is! U sien, wat indien dit elke straler was! Elke nasie! Kan jy nie sien dit is wat die satan graag wou gedoen het nie! Ten spyte van ons trane en pyn, moet ons GOD YAHUVEH bedank, omdat HY nie toegelaat het dat die tragedie nie baie erger versleg het nie!

GOD YAHUVEH het die straler onderhou om nie die Wit Huis te tref en ons President, Senatore, Kongresmanne en vroue leed aan te doen nie! Die straler het baie mense gedood, maar het steeds die hart van die Pentagon (vyfhoekige gebou) gemis! Ons moet dit onthou en YAHUVEH en YAHUSHUA PRYS want vir die Amerika kon dit baie erger gewees het! BID asseblief dat dit NOOIT weer sal gebeur nie! Maar BID ook dat ons twee keer sal dink voordat ons OORLOG sal begin, en AL ons militere wapens gebruik! Ons wil nie iets begin vir satan om klaar te maak nie! Want Amerika moet TOT INKEER KOM en nie oorlogsugtig word nie! WAARSKU jul SENATORE NOU terwyl julle nog ‘n stem het! Moet dit asseblief nie aan ander oorlaat nie! Selfs Jay Secklow ACLJ handel NIE ter wille van VREDE nie! Van wat ek lees is aanmoedigend om ons privaatheid te verloor, ID kaart, gesigskanderings, van wanneer af het die organisasie wat die Christen regte moes beskerm, deel geword van die REGERING wat probeer om ons CHRISTELIKE REGTE WEG TE NEEM! Selfs Billy Graham en sy seun Franklin Graham, wat ek gedink het sou bid vir wysheid dat ons NIE oorlog al maak teen die onsigbare vyand, in plaas daarvan word oorlog aangemoedig en gebruik ons AL ons militere wapens! Dit Wapens soos die in Star Wars in! En biologiese Oorlogsvoering! Ek dink toe so by myself WAAR WAS DIE HEILIGE GEES toe hulle die wreedheid bespreek het! Ken hulle NIE die skrifte “SALIG IS DIE VREDEMAKERS nie?

Nou hoe betaal ons, ONS GOD YAHUVEH terug vir SY GENADE op daardie dag? Ons President het ‘n gebedswaak gehou. Vir die eerste keer het ek van vreugde gehuil, toe die naam van JESUS CHRISTUS opgelig is voor die wêreld, onbeskaamd het ons President Bush gebid en die naam genoem! Selfs gebede is in harmonie opgesê! Dit is wat Amerika gespaar het, en GOD het ons GENADE geskenk! Toe kom die Dag van Herinnering en Gebed, toe ons die aandag van ALMAL in die Hemel en wêreld gehad het! Veral ons Vader GOD YAHUVEH en YAHUSHUA (JESUS CHRISTUS) het dit geniet! Wat ‘n DROEWIGE dag was dit! Hoe baie kerke en pastore het geprotesteer oor dit wat daardie dag in die Wit Huis gebeur het? Hoe baie van ons bekende TV persoonlikhede wat hulself Evangeliste noem, het GEPROSTESTEER en gesê “Bekeer julle!” Want ons het gesien hoe dat die “EEN WÊRELD GODSDIENS” voor ons oë en almal in die Hemel plaasvind! Dit was nie langer meer net die naam van die GOD wat Amerika opsygesit het om te aanbid en op te hef nie, die naam van YAHUVEH, of JESUS CHRISTUS ONS YAHUSHUA! NEE, ek het ontsteld gesit en huil en bid vir genade, want verseker het ons President nie geweet dat hy die Moslem toegelaat het om voor die Joodse Rabbi uit te gaan nie!

Ek wonder is dit hoe ons, ons Vriende van Israel behandel? Waarom sal ons die godsdiens van ISLAM opstel voor JUDAISME, toe die nasie apart gesit is vir CHRISTENDOM, en hoekom het ons CHRISTELIKE Pastoor wat die ENIGSTE EEN was wat genoem het JESUS CHRISTUS IS GOD, laaste op die agenda gekom! Die Joodse Rabbi het defnitief die aandag van YAHUVEH en YAHUSHUA gehad, wat glad NIE gelukkig was om al die disrespek te sien nie. Ek vra u om verskoning Rabbi!

Sekerlik het die Hemel gejuig oor die kosbare Swart Pastoor, en ek is jammer, ek weet nie wat sy naam is nie, maar kan enige iemand my asseblief vertel hoe om met hom in aanraking te kom, ek het ‘n profetiese woord vir die brawe , gesalfde Man van GOD! Hy is die enigste een met die moed en vrymoedigheid, wat gesê het daar is slegs een GOD, en sy naam is JESUS CHRISTUS! Ek het geskree van VREUGDE! Oor die Swart Pastoor se Vrymoedigheid! Toe hy daardie woorde gesê het, het hy dit onder die salwing van die HEILIGE GEES gedoen, en hy weet dat YAHUVEH NIE gelukkig was nie, die HEILIGE GEES kwes GEENEEN, selfs nie eens vir Billy Graham, of sy seun Franklin Graham, waarsku die mense dwarsoor die hele wêreld wanneer ALMAL aangese word om te bid, aan AL die verskillende godsdienste! Eerste sprekers was Katolieke, Islam, Jode, Christendom! Ons het Islam terroriste gehad met ‘n verdraaide idée van god wat dink hulle kan hemel toe gaan deur mense te vermoor en selfmoord te pleeg!

Ons het almal die EEN-WÊRELD GEBED gehoor, waar die naam van JESUS CHRISTUS genoem is, maar wat biddend geïndig het in die naam van vader Mohammed! Ek kan u nie vertel hoe ek daardie dag gehuil het nie, as NUWE baba in Christus, het President Bush, BAIE ongemaklik gelyk in sy stoel, want hy het geweet dit was NIE reg NIE! Ek het medelye met hom gehad, en vir hom gebid dat hy sal praat en die naam van JESUS CHRISTUS sal noem, maar toe hy praat het hy die genetriese woord GOD gebruik! Ek is jammer, maar as ons ‘n GOD aanbid, behoort ons die naam van die GOD te noem en onthou dat dit GOD is wat Amerika en AL sy kinders beskerm het wat die naam van YAHUVEH en JESUS CHRISTUS ONS YAHUSHUA aangeroep het! Die Bybel se as jy YAHUSHUA bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God. Maar hy wat My verloën voor die mense, sal verloën word voor die engele van God!

As dit gebeur is jou siel VERLORE in die HEL en bestem vir die POEL VAN VUUR! President Bush, moet NOOIT skaam wees om die naam James Robinson te sê wat saam met jou bid en praat nie! James Robinison sê jy wil ons gebede hê, my gebed President Bush, is, moenie boet ter wille van ‘n volk se plesier nie! ASSEBLIEF JESUS CHRISTUS! Wat is die prys van jou siel?

Wanneer JESUS (YAHUSHUA) aan jou sy is, is die stryd NIE joune nie, maar SYNE! Bly uit Moskees, vir die GOD aan wie jy jou hart gegee het om te hang aan die kruis vir jou sondes, President Bush, is NIE welkom in ‘n MOSKEE! Sy naam is NIE Allah, maar JESUS CHRISTUS ons YAHUSHUA! Moenie skaam wees om die naam te noem soos ons voorvader Lincoln wat nie skaam was om te praat. Lincoln is nooit sonder sy Bybel gesien nie! Onthou Mnr. President jy forseer nou die Amerikaners om hul vryheid op te gee, die ID kaart is slegs een manier, dis vryheid wat NOOIT weer aan Vereenigde Nasies terug gegee sal word nie, jy stel ons oop vir die boek van Openbaring, om vinnig in vervulling te kom! Asseblief Mnr. President George W. Bush, moenie dit doen nie! Moenie die President wees wat die Anti-chris inbring nie! Indien u dit doen, ek het ‘n nuwe woord ontvang wat my huilend laat wakker word het; die woorde is dat die ID kaart sal wees om soos die “SKAPE WAT TER SLAGTING GELEI WORD.” Onthou die les wat ons geleer het van die Nazi’s! Moenie laat dit weer gebeur nie! Amerikaners wil ‘n leier hê wat GODVRESEND is in alle opsigte, NIE een wat net die Bybel LEES nie, MAAR DIT UITLEEF! Asseblief, lei die nasie terug na GOD YAHUVEH en JESUS CHRISTUS (YAHUSHUA), nie na vreemde gode!

My jongste seun het gehoor wanneer President Bush skrif aangehaal het: dan het hy opgewonde gehardloop om sy Bybel te gaan haal om die skrifgedeeltes op te soek! Hy het gesê – sien Ma, die President is ‘n Christen! U lei deur voorbeeld president Bush! Maar toe u die Islam geloof toegelaat het op die radiogolwe, en hulle gespreek het in die naam van Allah, juis op hierdie dag van Gebed, het my seun gevra Ma, wat is verkeerd met hom, weet die President nie daar is GEEN ander GOD, maar EEN, en dis nie Allah nie? Weet die President nie dat die Moslem nie voor ‘n JOODSE RABBI gesit mag word nie, en dat die Christene nie laaste geplaas mag word nie? Sal enige ander nasie dit doen? Sal hulle NIE die GOD van hul voorvaders VOOR enige ander vreemde god sit nie? Dit is GEENSINS ‘n god nie!

Waar was VADER GOD YAHUVEH op Sept. 11 2001? Ek vertel u net wat ons weet, tot Heerlikheid sal ons uitvind van die res. Wie is die GOD wat dit alles gedoen het? Ek vertel jou dit, dis NIE Mohammed, of Allah, nog Boedha, nog satan! Geen heks se vloek, nog voodoe priester, nog shaman, nog Mej. Cleo het siele gered op die dag! Amerikaners ken die naam van die GOD, alhoewel baie nie op Hom beroep, in tyd van benoudheid, ken hulle die naam as JEHOVAH, (YAHUVEH) YAHUSHUA (JESUS CHRISTUS) Ek weet ons GOD het op daardie dag soveel wonderwerke gedoen, dat ons nie almal kan noem nie! Die grootste wonderwerk van alles, is die een wat NIE genoem is op die nuus, en hoe min dink aan die wonderwerk. Weet jy wat dit is?

YAHUVEH het dat sy engele die hekke van die Hemel oopgemaak het op Sept. 11, 2001 en Menigte siele is tuis verwelkom in die Hemel! As gevolg van die wonderwerk van JESUS CHRISTUS ons YAHUSHUA te GOLGOTA in Jerusalem! (Dis geen wonder satan haat Israel! Kyk na waar die reddende bloed van JESUS ons YAHUSHUA GESTORT IS!) Ek sal Israel altyd liefhê, (Jerusalem) so moet ons almal Israel liefhê, en Amerika moet NOOIT haar rug draai op Israel, want dit is waar 1 Johannes 3:16 plaasgevind het, in Israel! Wanneer sataniese nasies Israel aanval, val hulle almal aan wat YAHUSHUA EN YAHUVEH liefhet! Dit is Vereenigde Nasies! Sien jy nie die grootste wonderwerk daardie dag was die REDDING VAN SIELE NIE! Vanwee hulle wat tyd gehad het om te BELY en te BID en die naam van JESUS CHRISTUS ONS YAHUSHUA aan te roep! Sommige van hulle se lewens is gespaar om ‘n getuie te wees, maar ander het na die HEMEL HUIS gegaan! O, die Hemelse engele was besig op Sept. 11, 2001.

Dis hartseer om te sê, NIE almal het uitgeroep en berou getoon nie, nie almal het GEWEET, of wou uitroep na die ENIGSTE naam wat hulle siele of lewens kon red! Somiges het na Boedha geroep, of Mohammed, of Allah, sommiges wat ek seker was, sataniste was, het na satan geroep om hul lewens te red! Sommiges het probeer om ‘n towerformule uit te werk wat niks opgelewer het nie! Somige wat deur die tragedie getref is, vervloek GOD met gemene taal op hulle lippe, as hul finale woorde! Skend die ENIGSTE GOD wat nog hulle lewens en siele kon gered het! Hoe baie het gesterf met vierletter vloekwoorde op hulle lippe, toe die Hel hul siele kom opeis het! Satan, het gekom om sy merk op al hierdie dinge te te sit, ons het die prente uitgestuur wat YAHUVEH vir almal laat sien. YAHUVEH het die kamera toegelaat om die foto van die satan af te neem, sodat ALMAL kan WEET dat dit NIE YAHUVEH se skuld is nie! JA, HY het toegelaat dat dit gebeur, maar YAHUVEH is nie ‘n wrede GOD, hy wou hê dat die mense sou sien wat gebeur indien Hy sy heining van beskerming laat sak, soos hy in die Bybel in die boek van JOB gedoen het! YAHUVEH wou Amerika, en die hele wêreld se aandag gehad het. Al die oë van die wêreld is op Amerika gerig, ons moet die trotse denke, dink ons het nie meer ‘n GOD nodig, BELY! Selfs die heiden nasies dien elk ‘n god, al is dit ‘n VALSE GOD! Weer en weer het GOD YAHUVEH aan my profetiese waarskuwings gegee dat Amerika tot inkeer moet kom! En tog Amerikaners dink hulle het GOD YAHUVEH nie meer nodig nie! Hoe baie het dit in minder as ‘n uur uitgevind JA ONS HET NODIG OM DIE BYBELSE GOD ons VADER VAN DIE HELE SKEPPING, te dien, YAHUVEH IS SY NAAM! ! YAHUSHUA (JESUS) IS DIE ENIGSTE NAAM WAARDEUR EEN GERED KAN WORD VAN DIE PYNIGING VAN DIE HEL!

Hartseer om te sê op Sept. 11, 2001 het meer siele na die Hel as na die Hemel toe gegaan! Mense ek smeek julle, leef elke dag asof dit jou laaste dag op die aarde is! Bly biddend, draai weg van sonde af, en alles wat ONHEILIG is, en onthou altyd, op daardie laaste dag, wanneer jy jou laaste asemteug gee, sal daar geen Pastoor, Profeet, Apostel, Evangelis, of gelowige in YAHUSHUA meer vir jou kan spreek nie! Dit sal wees ‘n EEN tot EEN met GOD YAHUVEH, wat jou geskape het! YAHUVEH sal die boeke oop hê, en elke sonde wat jy gepleeg het openbaar! Ek prys YAHUSHUA want as gevolg van SY Bloed wat ek aanvaar as vergifnis van my sondes, is my boek van sondes LEEG! Wat van joune? Wil jy dit leeg hê, met slegs ROOI bedekking op die bladsye, wat staan vir die HEILIGE BLOED WAT VIR ONS OP DIE KRUISBERG GESTORT IS! Stuur vir my ‘n e-pos, indien jy nie weet hoe om gered te word, of indien jy wil terugkeer na JESUS ons YAHUSHUA!

Onthou Almal wat sterf gaan of na die Hemel of na die Hel toe. Die manier waarop hulle hul lewens geleef het tot op daardie oomblik, is die GOD na wie hul uitroep in hul laaste oomblikke. Hoeveel het selfs ‘n kans gehad om uit te roep? Moenie net aanneem dat jy op die laaste oomblik tyd sal he om dinge reg te maak met JESUS ons YAHUSHUA! GOD YAHUVEH straf selfs sy eie engele vir rebellie teen YAHUVEH in die Hemel! Gooi hul uit op die aarde! Ander word in kettings in ‘n bodemlose put vasgebind! Satan se afspraak is gemaak met die POEL VAN VUUR, en al die demone en siele in die hel sal ook daarin gegooi word. Dit sal soos Hel soos wanneer ‘n kleiner gebou binne in ‘n groter gebou geplaas word, maar die Hel sal verbind wees met die poel van vuur, en al die siele in die Hel! Die afgryslikheid daarvan is meer as wat ek kan verstaan sedert ek ‘n visioen gesien het van die eerste vlak van die Hel, en daarvan gewaarsku is in ‘n LELIKE lied, wat geen skoonheid inhou nie, toe ‘n burger van die Hel aan my verskyn het in die visioen, en ek die lied gehoor het wat hulle op die oomblik daar in die hel sing! Asseblief luister daarna, en vra jouself, indien sy reg is, wil ek regtig opeindig as ‘n burger in die Hel?

YAHUVEH kan nie na enige iets anders as prefeksie kyk nie! Vandat ALMAL GESONDIG HET VAL ONS KORT VAN DIE HEERLIKHEID VAN YAHUVEH! NIEMAND IS VOLMAAK NIE! SELFS BOSE GEDAGTES IS SONDE IN SY OË! DIT IS HOEKOM ONS ‘N VERLOSSER ‘n MESSIAS NODIG HET! SY NAAM IS YAHUSHUA! (JESUS CHRISTUS) HY WAS GEKRUISIG VIR ONS SONDES! EN HET GESTERF IN ONS PLEK, EN HET WEER OPGESTAAN UIT DIE DOOD, EN OPGEVAAR NA DIE HEMEL, NES ONS ALMAL OOK EENDAG! Wanneer YAHUVEH afkyk op ONS wat gewas is met die HEILIGE BLOED van YAHUSHUA, wat vir ONS gestort is op Golgota, sien hy nie ‘n sondige mens nie, in plaas daarvan sien Hy SY SEUN se bloed wat ONS bedek!

Is dit nie die GROOTSTE WONDERWERK VAN ALLE EWIGHEID NIE? VERLOSSING! Moenie langer wag nie, asseblief, want in die tyd wat ons leef staar ons biologiese oorlogvoering in gesig sowel as fisiese oorlogsvoering, so baie maniere om te sterf, maar slegs EEN VERLOSSER! SALIGMAKING! Weet jy wie om aan te roep op die dag wat jy gered wil word? Indien dit jou laaste dag op aarde is, waar het jy jou besprekings gemaak? Indien jy dink jy sal onthou om die naam van YAHUSHUA uit te roep wanneer jy die dood in die gesig staar, daar sal tyd wees, laat ek jou dit vertel, INDIEN JY NOU NIE ELKE DAG AAN YAHUSHUA (JESUS) dink nie, dan sal jy ook nie dan dink aan ons ALMAGTIGE GOD nie. Indien jy dink dat jy nie nou ‘n behoefte aan ‘n VERLOSSER het nie, sal jy dan nie dink jy is ‘n sondaar, en dat jy ‘n VERLOSSER nodig het nie! As jy jou lewe leef deur GOD nou te laster, deur ONHEILIG te lewe en te dink, en GOD en die Bybel nou spot, is daar ‘n uitstekende kans dat jy vloekend met vuil taal sal sterf! En die naam JESUS of YAHUSHUA sal nie op jou lippe wees nie! Terreur sal selfs die gedagte van BEROU uitvee! Wees nie mislei GOD word NIE maklik bespot! Die manier waarop jy jou lewe lei en wie jy GOD noem, en hoe jy jou liefde bewys aan GOD is die raamwerk van jou gees hoe jy sal sterf.

DOOD IS SLEGS DIE BEGIN VAN DIE EWIGHEID! WAAR HET JY JOU BESPREKING GEMAAK? HEMEL OF HEL? WAT HET JY TOT NOU TOE VIR YAHUSHUA GEDOEN? ! JY VRA HOM VIR GUNSTE, MAAR WAT DOEN JY OM GEMEENTES SOOS DIE AAN TE MOEDIG, WAT ELKE SENT SPANDEER, ELKE MINUUT VAN ONS LEWENS OP OFFER IN ALLE OPSIGTE, SELFS ONS GESONDHEID, OM NA SIELE UIT TE REIK, OM HULLE DIE ENIGSTE WAARHEID TE WYS, DIE LEWE, DIE WEG, DIE ENIGSTE PAD NA REDDING IS JESUS CHRISTUS ONS YAHUSHUA! Wanneer ons die aarde verlaat, sal daar slegs een ding wees wat ons saam met ons kan neem, en dit is die kennis dat ons, ons bes gedoen het om ander te red van veroordeling. Doen jy regtig jou deel? Wat doen jy om die wêreld te vertel, daar is slegs EEN GOD en HY is die HEILIGE DRIE-EENHEID! Wat doen jy om uit te roep sodat ons nie ons vryhede in Amerika verloor nie? OORLOG is NIE die antwoord NIE! BEKERING, GEBEDE AAN YAHUVEH IN DIE NAAM VAN YAHUSHUA (JESUS CHRISTUS) IS DIE ENIGSTE ANTWOORD! LAAT JULLE STEMME GEHOOR WORD, NIE SLEGS IN DIE HEMEL NIE, MAAR OOK OP AARDE! DIE BOODSKAP IS VIR DIE HELE WÊRELD NIE NET VIR AMERIKA NIE! In die Hemel sal daar elke ras en nasie wees, GOD YAHUVEH het die mense van die aarde lief! Hy het sy enigste seun YAHUSHUA se lewe gegee om te betaal vir ons sondes! YAHUSHUA het opgestaan uit die dood, opgevaar na die Hemel, sodat ons kan WEET dat hy dieselfde vir ONS sal doen! Ons sal ook opvaar na die Hemel!

Aanvaar asseblief YAHUSHUA se geskenk op Golgota, NOU, voordat dit te laat is! Engele is erfgename van ons redding! NIE EEN het HEILIGE ENGELE wat hulle beskerm INDIEN hulle name nie gevind word in die Lam se Boek van die Lewe nie, wat geskryf is nog voor die grondlegging van die aarde!

Volgelinge van YAHUSHUA, hou asseblief die maand Oktober in gebed, spesifiek die jaar! Ek het waargeneem dat die wat vreemde gode dien, weer sal probeer om Amerika aan te val, asook die maand November, die 11de, en wees veral in gebed vir Novemder die 11de die jaar! SLEGS BEMIDDELENDE GEBED (voorbidding) SAL DIT STOP! IN NOVEMBER sal dit twee 11’s wees, pasop vir enige datum totaliteit van die nommer. Moet asseblief nie stilbly nie, enige een kan iets doen, protesteer teen OORLOG in Amerika! Veral wanneer ons YAHUVEH kwaad maak en die krag in die naam van JESUS CHRISTUS ontken, en vertel vir almal om te bid, watter god hulle ookal dien, hoe kan Amerika nog ‘n oorlog wen?

In besonder toe Amerika hul wag in die steek gelaat het om ‘n HEILIGE NASIE te wees, hoe kan ons nog ‘n oorlog wen? O MY GEBED IS YAHUSHUA WEES U BABAS, BRUID, UITVERKORENES EN UITGESOEKTES GENADIG! MY GEBED IS DAT ONS NIE ‘n AFSPRAAK SAL HÊ MET GOD SE TOORN WAT NA DIE AARDE TOE KOM NIE! LAAT ONS WAARDIG GEAG WORD OM DIE GROOT VERDRUKKING WAT KOM TE ONTVLUG SOOS IN DIE BOEK OPENBARING. LAAT ONS EKSTRA TYD ONTVANG SOOS NINEVE, WAT OP HULLE AANGESIGTE GEVAL HET EN HUL BEKEER HET, GENADE EN VRA VIR GESONDMAKING IN DIE LAND! MY GEBED IS DAT DIE ID KAART VERPLIGTE GESIG SKANDERING, VINGERAFDRUKKE, ONS EIE BLOED-DNA! NIE GEPLAAS WORD OP ENIGE ID KAART! DAT AMERIKANERS NIE BEHANDEL SAL WORD AS KRIMINELE OF TERRORISTE NIE! DAT ONS NIE GEKEN SAL WORD AS DIE LAASTE LAND WAT EENS VRY WAS NIE! MY GEBED IS DAT DIE STERK EKONOMIE WEER SAL TERUGKEER, MAAR ONS HET ‘N LES GELEER, HOE MAKLIK DIT VIR YAHUVEH IS OM DIE SEËNINGE TE NEEM, OM ONS AANDAG TE KRY! MY GEBED IS DAT VREES ONS NIE SAL LAAT INGEE VIR TERRORISME, WANT DIT IS WAAROP DIE SATAN UIT IS, VIR DIE BURGERS IN VSA SE VRYHEID!

EK IS LIEF VIR AMERIKA, MAAR EK IS NIE TROTS OP ALLES WAT DAAR BINNE GEDOEN WORD NIE! EK WEET GOD YAHUVEH HET AMERIKA LIEF, MAAR AMERIKA MOET HULLE LIEFDE VIR YAHUVEH EN YAHUSHUA (JESUS CHRISTUS) BEWYS! DIE NASIE MOET OPHOU WETTE MAAK WAT DIE ONHEILIGES BESKERM, EN OPHOU OM DIE BABAS DOOD TE MAAK, EN OM HULLE TE MARTEL, SPEEL GOD DEUR DIERE OF MENSE TE KLOON! DIE NASIE MOET BEROU TOON EN WEGDRAAI VAN ALLES WAT ONHEILIG IS! Of YAHUVEH gaan weer die heining van beskerming lig en ons wys wat kan gebeur wanneer satan toegelaat word om ons op een of ander manier aan te val. Elke woord wat ek hier geskryf het, was onder die salwing van die HEILIGE GEES. Ek sal eeder ‘n mens of regering aanstoot gee, as wat ek die GOD YAHUVEH EN YAHUSHUA WIE EK DIEN EN AANBID EN AAN WIE EK OOK MY SIEL GEGEE HET, AANSTOOT SAL GEE! ‘n MENS KAN SLEGS MY LIGGAAM DOODMAAK, HULLE KAN NIE MY SIEL VAT NIE!

Kwestend vir sommige, verhelderend vir
ander in die naam, liefde van YAHUSHUA
Apostel Elisabeh Elijah Nikomia
Oktober 1, 2001 10:00 a.m.



ALPHA & OMEGA ALMIGHTYWIND RUACH HA KODESH WILDFIRE LAST CHANCE MINISTRY

www.amightywind.com  |   www.almightywind.com
Besoek die ander een, indien 'n webwerf van lyn af is.

Ons onderhou die Sabbat Dag, Ons is nie Sewende Dag Adventiste nie
Kliek Hier Vir meer inligting (Slegs in engels beskikbaar)

Pos Adres en E-pos Adresse