Wat sê die Woord van YAHUVEH (GOD)!
1) Ons Almagtige ABBA (VADER) YAHUVEH (GOD) sê in die bybel dat HY ons land sal genees
en ons sondes sal vergewe indien ons ons verootmoedig en bid en SY aangesig soek en ons
bekeer van ons verkeerde weë.
2) In die laaste dae praat YAHUVEH (GOD) met ons deur SY Seun. Uit HOM straal die heerlikheid van YAHUVEH en
HY is die ewebeeld van die wese van YAHUVEH. YAHUSHUA (JESUS) is met eer en heerlikheid gekroon op grond van SY
lyding en dood. HY is vir 'n kort tydjie minder gemaak as die engele sodat HY deur die genade van YAHUVEH
vir almal sou sterwe.
3) YAHUVEH (GOD) is ook 'n God van woede. HY straf en verteer volke as gevolg van hulle
sondes en oortredings.
4) YAHUVEH (GOD) is baie kwaad vir diegene wat sê, "Daar sal nie ellende oor ons kom nie".
Alhoewel die volk baie vol van sonde is.
5) YAHUVEH (GOD) sê duidelik hier in die bybel dat HY 'n puinhoop van 'n land sal maak en
dit omploeg, indien die leiers die regspraak minag en alles verdraai en die priesters onderrig gee
teen 'n salaris.
6) In die bybel sê YAHUVEH (GOD) dat HY onheil oor mense sal bring as hulle teen HOM sondig
en nie volgens SY wil lewe nie.
7) YAHUSHUA (JESUS) sê in die bybel dat as iemand nie opnuut gebore word nie, dat hy nie die
koninkryk van YAHUVEH (GOD) sal sien nie.
1)
Ons Almagtige ABBA (VADER) YAHUVEH (GOD) sê in die bybel dat HY ons land sal genees
en ons sondes sal vergewe indien ons ons verootmoedig en bid en SY aangesig soek en ons
bekeer van ons verkeerde weë.
2 Kronieke 7:14 (Ou vertaling)
en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle
bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
|
2)
In die laaste dae praat YAHUVEH (GOD) met ons deur SY Seun. Uit HOM straal die heerlikheid van YAHUVEH en
HY is die ewebeeld van die wese van YAHUVEH. YAHUSHUA (JESUS) is met eer en heerlikheid gekroon op grond van SY
lyding en dood. HY is vir 'n kort tydjie minder gemaak as die engele sodat HY deur die genade van YAHUVEH
vir almal sou sterwe.
Hebreërs 1:1-4 (Ou vertaling)
Hebreërs 2:8-9 (Ou vertaling)
Hebreërs 1:1-4 (Ou vertaling)
Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete,
het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun
wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.
Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra
deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het,
het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,
terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy ‘n voortrefliker naam geërf
het as hulle.
Hebreërs 2:8-9 (Ou vertaling)
Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het
Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle
dinge aan hom onderwerp is nie;
maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is,
vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van
God vir elkeen die dood sou smaak.
|
3)
YAHUVEH (GOD) is ook 'n God van woede. HY straf en verteer volke as gevolg van hulle
sondes en oortredings.
Vandag is Suid Afrika 'n land vol van sonde.
Miga 1:2-5 (Ou vertaling)
o Volke, luister almal saam! o Aarde en sy volheid, let op! Sodat die Here HERE getuie teen
julle kan wees, die Here uit sy heilige paleis.
Want kyk, die HERE gaan uit sy woonplek uit, en Hy daal neer en betree die hoogtes van die aarde.
En die berge smelt onder Hom, en die laagtes skeur oop, soos was voor die vuur, soos water
wat langs ‘n helling afstroom!
Dit alles vanweë die oortreding van Jakob en vanweë die sondes van die huis van Israel.
|
4)
YAHUVEH (GOD) is baie kwaad vir diegene wat sê, "Daar sal nie ellende oor ons kom nie".
Alhoewel die volk baie vol van sonde is.
Miga 2:6-7 (Nuwe vertaling)
Die wat maak of hulle profete is, sê:
"Moenie jy 'n profeet probeer wees nie, moenie oor hierdie dinge praat nie. Daar sal nie
ellende oor ons kom nie."
Volk van YAHUVEH, moet daar gevra word: "Is die Gees van YAHUVEH kwaad? Doen HY sulke dinge?"
Belowe EK nie goeie dinge vir die wat opreg lewe nie?
|
5)
YAHUVEH (GOD) sê duidelik hier in die bybel dat HY 'n puinhoop van 'n land sal maak en
dit omploeg, indien die leiers die regspraak minag en alles verdraai en die priesters onderrig gee
teen 'n salaris.
Miga 3:9-12 (Ou vertaling)
Hoor tog dit, hoofde van die huis van Jakob en owerstes van die huis van Israel!
Julle wat van die reg ‘n afsku het en al wat reg is, verdraai;
julle wat Sion bou met bloed en Jerusalem met onreg!
Sy hoofde spreek vonnisse uit vir ‘n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir
loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die HERE en sê:
Is die HERE nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!
Daarom sal Sion om julle ontwil soos ‘n land omgeploeg en Jerusalem puinhope
word en die tempelberg bosrante.
|
6)
In die bybel sê YAHUVEH (GOD) dat HY onheil oor mense sal bring as hulle teen HOM sondig
en nie volgens SY wil lewe nie.
Daniël 9:9-12 (Ou vertaling)
By die Here onse God is barmhartigheid en vergewing, want ons het teen Hom opgestaan
en na die stem van die HERE onse God nie geluister om te wandel in sy wette wat Hy ons deur
die diens van sy knegte, die profete, voorgehou het nie.
Maar die hele Israel het u wet oortree en afgewyk deurdat hulle nie na u stem geluister het
nie; daarom is die vloek en die eed oor ons uitgestort wat geskrywe is in die wet van Moses,
die kneg van God, want ons het teen Hom gesondig.
En Hy het sy woorde in vervulling laat gaan wat Hy oor ons gespreek het en oor ons rigters
wat ons bestuur het, deur groot onheil oor ons te bring wat onder die ganse hemel nie
gebeur het soos in Jerusalem nie;
|
7)
YAHUSHUA (JESUS) sê in die bybel dat as iemand nie opnuut gebore word nie, dat hy nie die
koninkryk van YAHUVEH (GOD) sal sien nie.
Johannes 3:3 (Ou vertaling)
Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie
weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
|
|