Bemoediging vir die dag

Werp al julle bekommernisse op HOM
Strewe daarna om heilig te lewe
Soek en julle sal vind, klop en vir julle sal oopgemaak word


Gaan na bo

Werp al julle bekommernisse op HOM

16 Maart 2010

1 Petrus 5:6-7 "Werp al julle bekommernisse op HOM, want HY sorg vir julle"

Wanneer jy 'n rowwe dag by die werk of enige ander plek beleef, voel dit soms of die wÍreld om jou inmekaar sak. Dit kan voel of alles net verkeerd gaan. Jou baas kon dalk lelik gewees het met jou, of een van jou kollegas kon jou te na gekom het, of jy kon dalk 'n twis met jou vrou gehad het, of iemand in die verkeer kon dalk woedend geraak het en die hoeter geblaas het.

Al hierdie dinge kan ons so maklik laat vergeet dat ons 'n Skepper dien wat wel omgee. Ons word so gefokus op wat om ons gebeur dat ons in werklikheid vergeet om na GOD YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) te draai vir vertroosting.

Meeste mense word kwaad in sulke situasies en dan sondig hulle op verskeie maniere. Maar dit is wanneer ons waarlik ons oŽ moet hou op YAHUSHUA en wat HY vir ons gedoen het aan die kruis en ons moet HOM aanhoudend dank en loof en prys vir die goeie werke van SY hande.

Wanneer ons kwaad word, moet ons nie sondig nie. Ek wil graag die skrifgedeelte aanhaal,
1 KorintiŽrs 3:16 "Weet julle nie dat julle die tempel van YAHUVEH is en dat die Gees van YAHUVEH in julle woon nie?"

Daarom moet ons nie kwaad word wanneer sulke beproewings oor ons lewe kom nie. Ek weet dit kan soms baie frustrerend wees en die eerste gedagte wat by 'n mens opkom is om daardie persoon terug te kry of te haat of iets. Maar dit is die duiwel wat al hierdie bose gedagtes in ons plant en dan wil hÍ dat ons moet sondig.

Draai eerder na YAHUVEH en YAHUSHUA en vra die RUACH HA KODESH om jou te vertroos. Vra dat YAHUSHUA enige sondes van jou sal vergewe en dat HY eerder vir jou van SY krag en SY dapperheid sal gee, om enige bogenoemde of ander situasies te oorkom.

Want net in SY krag kan ons hierdie beproewings oorbrug. En nie in ons eie krag nie, want in die bybel sÍ YAHUVEH vir ons in Sagaria 4:6, "nie met mag en krag het julle die oorwinning nie, maar deur MY Gees."

Ek wil afsluit met die woorde wat Paulus aan ons gespreek het,
1 KorintiŽrs 2:4
"Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van YAHUVEH."

Ek wil vandag elkeen van julle ook bemoedig deur van hierdie wonderwerk te vertel.
Gister het ek ook maar 'n moelike dag agter die rug gehad en die duiwel het maar probeer om my onder te kry. Maar later sit ek toe buitekant en die volgende oomblik kom daar 'n groot wolk aangesweef. Dit was alreeds donker, maar die wolk was baie sigbaar. En soos die wolk nader kom, sien ek dat dit in die vorm van 'n massiewe vlerk is. Dit het gelyk soos die vlerk van 'n voŽl. Dit was absoluut asemrowend!!
En soos die vlerk oor my huis beweeg, kom die volgende woorde van Psalm 91 by my op. Ek het dit in engels gesÍ: "HE will cover us with HIS feathers and under HIS wings we will take refuge." Sjoe, en net daar besef ek net weer hoe Groot is YAHUVEH en YAHUSHUA en dat HULLE ons nooit sal verlaat en nooit in die steek laat nie. Diegene wat HOM soek. Wat tot HOM bid in waarheid en Gees. HalleluYAH!! Amen.

Baie dankie ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH dat U U ware kinders veilig bewaar. Dat U omsien na diegene wat U soek. Dat U altyd daar is vir diegene wat U in ag neem en wat begeer om 'n ware verhouding met U te hÍ. Dankie dat ons weet dat U ons veilig in U Hand van beskerming hou. Baie dankie in YAHUSHUA ons MASIACH se NAAM.



Gaan na bo

Strewe daarna om heilig te lewe

11 Desember 2009

1 Petrus 1:16 "Wees heilig, want EK is heilig."


Vandag sÍ YAHUSHUA (Jesus) vir my, "Strewe daarna om jou Glorieryke liggaam te ontvang. Om jou kroon te ontvang. Leef Heilig. Strewe elke dag daarna."



Gaan na bo

Soek en julle sal vind, klop en vir julle sal oopgemaak word

18 November 2009

Mattheus 7:7 "Bid en vir julle sal gegee word; soek en julle sal vind; klop en vir julle sal oopgemaak word."


Vandag sÍ YAHUSHUA (Jesus) vir my, "Soek en jy sal vind, klop en daar sal vir jou oopgemaak word, vra en jy sal kry. Maar doen dit met 'n opregte hart."

Vandag leer ek ook dat ons die Woord moet bid en daarop moet staan.

Lees ook gerus die Amightywind Profesie 7 - HOU STYF VAS AAN DIE SOOM VAN MY KLEED!

EK sal julle antwoord en verlos. EK jok nie. Want julle is nie die krummels van hierdie wÍreld belowe nie, maar die Brood van Lewe, die kinders se brood van genesing, verlossing, voorspoed, lewe in oorvloed en vol van heerlikheid. Want YAHUSHUA is julle Brood van die Lewe en EK wil sien of julle MY nogsteeds sal eer en aan julle geloof vashou, alhoewel EK nie dadelik antwoord nie. EK is nie altyd 'n mikrogolf-GOD nie. Ja, EK weet van mikrogolwe, wie dink julle het vir julle die uitvinding gegee?