Profetiese drome van dinge wat nog in Suid Afrika gaan plaasvind.
Asook ander drome van dinge wat nog in die toekoms gaan gebeur.


'n Droom van 'n engel wat 'n boodskap bring. Is die wegraping baie naby?
12 Mei 2010


"Elijah has come", by Bongani
14 Februarie 2008


"A dream of mass killings in our country", by Bongani

'n Bus daal uit die Hemel neer en neem my saam.
Ek en my vrou het elkeen hierdie droom op dieselfde aand gehad.
Mei 2007


Verwoestende meteoriete aan die Suid Afrikaanse kus.

Hoë verwoestende golwe op die Suid Afrikaanse kus.

'n Droom van 'n brandende vliegtuig wat laag oor Pretoria
vlieg en binne in 'n woonstel gebou vasvlieg.
16 Januarie 2007


*******
'n Droom van 'n engel wat 'n boodskap bring. Is die wegraping baie naby?
12 Mei 2010

Terwyl ek slaap, staan 'n engel, in wit gewaad en wit vlerke in die slaapkamer deur, hy sê my: " Wees gereed". m.a.w. vir die opraping.
'n kind van YAHUSHUA

(Opmerking deur die webbestuurder: Ons glo die wegraping is nie meer ver nie. YAHUSHUA sê vir ons dat die Groot Verdrukking nou net 'n asemhaling ver is. En is baie naby. YAHUSHUA sal SY Bruid kom haal voordat die Groot Verdrukking gaan begin.)


"Elijah has come", by Bongani (net in engels beskikbaar)
14 Februarie 2008

Recently while I had wondered away from my sheperd (Jesus Christ) I had a strange dream. While standing at some place that I could not identify, I saw a chain of carts emerging from the clouds as if to land on earth but I didn't see it landing. The chain was so long I could not see the rear end..I started to panic because I knew such a sign could only mean the end. Suddenly I was with my cousin, I don't know where he had come from. He said "Elijah has come" and I remembered that this is the promise God made in the book of Malachi. My question to him was like "where is Moses then" because I believe they will minister at the same time.

I had a strange feeling that it was already too late to repent and I woke up deeply terrified. In fact I literally stopped this dream because I didn't want to believe what I was seeing, I wanted it to sound and feel like a dream...but it was so real I was shaken.


"A dream of mass killings in our country", by Bongani (net in engels beskikbaar)
I had another dream similar to this a year or so ago. In the dream I remember I was in class with a group of students and our female teacher. While she was teaching the atmosphere changed, something that I could call a sudden change of time occured. It appeared like a trumpet of chaos and lawlessness had sounded and there was great confusion. My teacher had something sharp looking like a knife in her hand and she started attacking us. When she attacked me,I ran out of the class to a lonely place literally looking for a place to hide. The whole world seemed to be practicing what she was doing and there was no law against it, not even the cops could do anything about such gruesome acts (murders). I saw blood being shed without a second thought, but war was not yet. I felt that death was invincible and I had no where to run...


'n Bus daal uit die Hemel neer en neem my saam.
Ek en my vrou het elkeen hierdie droom op dieselfde aand gehad.
Mei 2007

Ek onthou in my droom was ek baie ongelukkig oor die dinge wat op die aarde aan die gang was.

Die volgende oomblik verskyn daar toe 'n bus in die wolke. Die bus het neergedaal aarde toe en het vinnig oor die grond gesweef. Ek onthou hoe ek nog gedink het, "Dis wonderlik, die bus het nie eers wiele nodig nie. Dit vlieg vanself." Net toe die bus verby my vlieg, besef ek skielik dat ek binne in die bus sit. Saam met my was daar ook ander mense gewees. Nadat die bus oor die aarde beweeg het, het dit begin opstyg en weer hoog in die lug ingevlieg.

Skielik gewaar ek toe 'n baie helder, wit lig.
Die lig het groter en groter geword en toe verskyn YAHUSHUA (JESUS) op die horison. Dit was die wonderlikste gevoel.
HY het geglimlag en vir met SY hande beduie dat ons na HOM toe moet gaan.

Ek het hierdie gevoel van vrede en rus gehad en ook geweet dat daar nooit meer enige bekommernisse sal wees nie.


*******
Die volgende more kon ek nie wag om vir my vrou te vertel van die droom wat ek gehad het nie. Tot my verbasing hoor ek hoe sy ook presies dieselfde droom daardie nag gehad het.

Prys YAHUSHUA (JESUS)!!! Laat U NAAM Geheilig word!!


Verwoestende meteoriete aan die Suid Afrikaanse kus.
In my droom het ek en my familie in 'n ou wit geverfde huis langs die kus van Suid Afrika gestaan.
Ek het geweet ek was langs die Kwazulu Natalse kus, omdat ek die woonstelle langs die strand, by Margate, Amanzimtoti, ens. kon sien. Daar was niemand in die huis nie. In die middel van die huis was daar 'n vertrek met gange wat uitloop na verskeie ander gange en vertrekke.
Daar was mense rondom die huis en dit was 'n baie kalm atmosfeer.

Ewe skielik het die lug donker rooi en swart geword. Donker wolke het begin vorm.
Die wolke het in die rondte begin maal met swart en rooi kleure. Alhoewel dit helder oordag was, het die lug baie donker begin word.

Die volgende oomblik het daar
groot stukke swart klippe uit die lug begin val. Elke rots was omhul met vuur en met 'n kolom van rook, soos dit deur die lug val.
Dit was meteoriete wat die aarde begin tref het. Hier in Suid Afrika.

Sommige van die mense buitekant die huis het na binne gehardloop. Ek en my familie het na die middelste vertrek in die huis gegaan. Die ander mense het na die ander kamers in die huis gegaan. Die meteoriete het al die kamers in die huis raakgeslaan, behalwe die middelste vertrek. Gelukkig het niemand seergekry nie.

Daarna het alles weer tot bedaring gekom en die meteoriete het opgehou om te val. Ek het uit die huis gegaan. Die lug het oopgetrek en die son het weer geskyn.

Oomblikke later het die lug weer in 'n rooi en swart kleur verander.
Hierdie keer het ek almal gewaarsku dat hulle saam met my moes gaan na 'n heuwel wat naby was.
Net 'n paar mense het ag geslaan op my waarskuwings. Ander het gestaan en lag en gedink ek praat nonsens.
Daar was twee paaie wat teen die heuwel opgeloop het.
'n Grondpad en 'n teerpad. Die teerpad was breed en het makliker gelyk om te volg.
Ek en my familie het die grondpad teen die heuwel op gevolg.

Die meteoriete het die hoë woonstel geboue langs die kus begin raakslaan.
Alles daaronder was verwoes gewees.
Ek en my familie het skuiling gesoek onder groen bome wat op die heuwel gestaan het.
Die droom was so werklik en intens dat ek die hitte van die meteoriete se vlamme teen my gesig kon voel. Dit het gevoel asof ek self daar langs die kus gestaan het.

Die hitte het baie erg begin raak en ek het toe skielik net geskreeu,
"Asseblief Here Help Ons!!"
Daarna het ek wakker geskrik.

'n Kind van YAHUSHUA (JESUS)


Op die 28ste November 2006 het 'n vriend van my vertel hoedat hy ook vroeër die jaar 'n droom gehad het waar hy op die Suid Afrikaanse kus gestaan het en gevoel en gesien het hoe meteoriete uit die lug uit val. Toe hy van sy droom begin vertel het dit amper presies ooreengestem met die droom wat ek oor die meteoriete gehad het.

Dit is definitief nie toeval nie. Die Vader wil vir ons vertel wat in die eindtyd in Suid Afrika gaan gebeur.



Hoë verwoestende golwe op die Suid Afrikaanse kus.
B) 'n Droom oor 10 meter golwe wat die Natalse kus gaan tref, het waar geword. (19 Maart 2007)
Skakels:
"KZN braces for more big waves"
"Durban starts massive clean-up"

In die tweede droom het ek ook langs die Suid Afrikaanse kus gestaan.
Dit was weereens langs die Kwazulu Natalse kus.

Die volgende oomblik het die see kollosale golwe begin vorm en het daar 10 meter hoë golwe begin breek op die strand en geboue was verwoes.

'n Droom van 'n brandende vliegtuig wat laag oor Pretoria vlieg en binne in 'n woonstel gebou vasvlieg.
16 Januarie 2007

In die droom wat my vrou gehad het, was sy soos normaalweg by die werk gewees. Skielik het mense geboue aan die brand begin steek en was daar oraloor net chaos. Oral waar sy in haar droom gekyk het, het daar rook wolke uitgeborrel.

Sy kon aanvoel dat daar oorlog in ons land was en oral het mense rondgehardloop en haastig hulle sleepwaens volgelaai om iewers heen te vertrek. Skielik het daar 'n vliegtuig baie laag oor die huise in Pretoria gevlieg.

Sy besef toe dat die vliegtuig se se stert aan die brand was. Die volgende oomblik het die vliegtuig begin val en reguit afgepyl op 'n woonstel gebou met die naam "The Hanger", in Centurion. Meteens val die vliegtuig tussen die woonstelle in en alles slaan aan die brand.

Sy het wakker geskrik en was verskriklik ontsteld.
Weereens het sy vir my vertel hoe werklik die droom was en dat sy die rook van die vlamme kon ruik en dat sy ook die hitte van die brandende geboue in haar gesig kon voel.