Die Vyf Wyse Maagde

Hierdie droom is aan Nikomia, op sy verjaarsdag gegee.
11 Februarie 2008.


In sy droom was Niko in 'n kamer gewees saam met baie ander mense. Beide mans en vrouens. Almal het met mekaar gepraat. Toe merk Niko 'n man op wat in die kamer ingeloop het. Die man het in 'n sentrum vir jong mense gewerk. [Niko kon nie sy naam onthou nie.] Die man het na Niko gekyk, maar hom nie erken nie. Niko het hom wel erken. So Niko het na hom toe gegaan en gevra, "Het jy nie by 'n ...versorgings sentrum gewerk nie?" Die man het toe ja gesê. En Niko sê, "Ek is Niko. Ek was jou baas gewees by daardie sentrum." En die man sê, "Wow, ek het jou nie erken nie. Jy het baie verander." Niko maak toe 'n grap en sê, "Bedoel jy ek lyk slegter as destyds of nou beter?"

Net nadat Niko dit gesê het, val almal in die kamer om en was hulle bewusteloos. Hulle het nie hard op die grond neergeval nie, maar baie saggies, amper soos in "slow motion". Niko was die enigste een wat bly staan het in die kamer, en hy het na die ander gekyk wat op die grond lê. Niko sê toe aan YAHUVEH, "ABBA, wat moet ek nou doen?" En YAHUVEH sê, "Spreek die volgende woorde wat EK in jou mond plaas." So Niko maak toe sy mond oop en sê, "Elkeen in hierdie kamer wat 'n ware verhouding met YAHUSHUA HA MESSIAS het, ek beveel julle om nou op te staan."

Net nadat hy dit gesê het, staan daar toe 'n vrou, aan die heel anderkant van die kamer op. Die gedeelte van die kamer was naby die buitekantste muur. Toe staan daar nog 'n vrou op, en nog 'n vrou, en nog 'n vrou staan toe op en vir oulaas staan daar toe nog een op. Al hierdie vrouens het aan die heel anderkant van die kamer opgestaan. Die gedeelte naby die buitekantste muur. Hulle het langs mekaar, in 'n lyn gestaan, omtrent so vyf voet van mekaar af. (omtrent 1.7 m). Niko wys toe na die vrou aan sy regterkant en begin tel, 1,2,3,4,5. Soos hy na elke vrou wys tel hy. Hy sê toe, "Die Vyf Wyse Maagde." Die vrouens was baie opgewonde en hulle het na hom toe gehardloop. En die eerste een sê toe, "Sal jy my op my wang soen?" En Niko soen toe net vir haar op haar wang, nie die ander nie.

Later, sit Niko toe op 'n bank en Elisabeth het langs hom gesit. Naby hulle was 'n afgeskorte hokkie, waarin daar 3 van die 5 vrouens wat opgestaan het, nou sit en gesels. Niko en Elisabeth het ook met mekaar gesels. Een van die vrouens draai toe om en begin met Niko te praat. Hy sê toe vir haar, "Wag, ek wil jou voorstel aan my geliefde vrou Elisabeth". Die drie vrouens kom toe uit die hokkie en sê, "Ja ons weet wie Elisabeth is."

Volgende was Niko weer terug in die kamer, maar daar was nou ander mense gewees. Net hier en daar het hy 'n paar mans van die ander groep erken. In hierdie groep was daar net mans. Niko het toe opgestaan en begin praat. Hy vra toe, "Is daar enige mans in hierdie groep wat in die vorige groep was?" Net slegs 'n paar mans het hulle hande opgetel. Niko sê toe, "Dit gaan baie moeilik vir my wees om dit nou te sê". Hy moes aan die manne van die vorige groep vertel het wat gebeur het, omdat hulle bewusteloos was en nie opgestaan het, toe Niko met hulle praat nie. Dit het gemeen dat hulle nie 'n ware verhouding met YAHUSHUA het nie, en dat Niko dit vir hulle moes vertel.

Net toe Niko begin praat, val 'n paar mans van hierdie groep hom in die rede. Hulle wou verhoed dat die ander hoor wat hy wou sê. Een man het selfs opgestaan met sy rug na Niko, en voor hom kom staan en praat. Niko gryp hom toe aan die arm en draai hom in die rondte. Terwyl die man toe nog praat, skree Niko vir hom, "In die Naam van YAHUSHUA, beveel ek jou demoon, bly stil!" Die man kon toe nie meer verder praat nie, en sy mond was toe. Die man val toe op die grond neer en begin een of ander aanval kry. Sy bene het geskop en sy arms het rondgeswaai. Niko sê toe, "In die Naam van YAHUSHUA, beveel ek jou demoon, wees stil!". En onmiddelik was die man stil en kon hy nie beweeg nie. Niko sê toe, "demoon, jy wil regtig nou nie met YAHUSHUA te doen kry nie, wil jy?" En 'n ander man in die groep begin toe met 'n lae demoniese stem praat, "Nee ons wil nie".

Einde van die droom

Indien enige een 'n onderskieding het van die betekenis van hierdie droom, stuur asb. dan vir ons 'n e-pos by revholyfire@yahoo.co.uk en laat ons weet wat jou onderskeiding is.