Getuienisse van kinders van YAHUSHUA\Jesus



Op hierdie blad deel ons getuienisse van mense wat wonderwerke beleef het.
Voel asseblief vry om enige wonderwerke wat u ondervind het, vir my te stuur, sodat ek dit hier kan publiseer. Stuur 'n e-pos na die adres.


1) YAHUVEH (GOD) praat hardop met my en waarsku my dat my seun se gesondheid in gevaar is.
---






1) YAHUVEH (GOD) praat hardop met my en waarsku my dat my seun se gesondheid in gevaar is.
---
Gaan na bo
1. Eerstens toe my jongste seun so 3 jaar oud was, was hy vir 3 dae bietjie siek, so ek het gedink dis bietjie verkoue en hy het effense koors gehad, maar ek het nie veel aandag daaraan gegee nie, maak my eie huis skoonmaak ens., so ek was nogal besig. Dit was in die middel van die winter, op 'n Woensdag, en ons het gedink ons sal vir my skoonouers in Pta. gaan kuier die naweek, Saterdagmiddag om 1 uur,as my man van werk af kom gaan ons dadelik ry.

So Saterdag net voor 1 uur, was ek my hare en gaan sit by my seun in die slaapkamer om my hare droog te blaas, ek dink toe nog,wel hy is olik, maar hy kan maar daar by hulle ook medisyne kry en slaap, toe hoor ek 'n harde manstem sÍ:

"Kyk na jou kind", ek dog dis my verbeelding, (ek het nooit die radio of tv aan as ek alleen in huis is nie, want ek wil nie he die liede wat hulle speel moet my gemoedstemming manipuleer/brainwash nie). Ek hoor die selfde stem weer, maar die keer harder" Kyk na jou kind". Ek sit die haardroer af en draai my kop om na hom te kyk waar hy le en slaap,toe RAAS die Stem met my, hy sÍ" Wil jy jou kind dood he, vat hom dadelik dokter toe!" Ek sÍ toe- of ek harop gepraat het en of in my gedagtes weet ek nie-, :"maar watter dokter sal nou oop wees en my inneem so kort voor 1 uur die Saterdag middag?"(dit was so laat net 2 minute voor 1 uur.) Hy sÍ toe vir my weer,"Gaan bel nou dadelik die dokter" en ek staan toe op en 'n dokter se naam kom op in my gedagtes wie ek moet bel, nie ons huis dokter nie, en toe ek hom bel toe sÍ hy ek moet hom dadelik bring.

Die dokter sÍ toe dat my seuntjie net 'n vuurhoutjie dikte van dubbele longontsteking is.

So het my man hospitaal toe gegaan i.p.v. dat ons Pta toe is. Ek het die hele week gehuil as ek dink aan die stem. Die mense dog dis oor my seun in die hosp is maar dis oor ek 1 ste keer YAHUVEH sÍ Stem hoor en Hy raas met my!!!

Volgende keer deel ek ander wonderwerke met julle weer.

Liefde C.