Suid Afrika en Afrika tak van die
"Almightywind Wildfire Last Chance Ministry©"


If you are speaking a different language, please click here to visit our Main Website, Amightywind.


Hemel   Hel



Welkom!
Aan almal vir wie hierdie Profetiese, Evangeliese Bediening 'n seën is. Ons ken mekaar nie fisies nie, maar wel spiritueel. Ek was die enigste leier, gekies deur YAHUSHUA om alleen geboorte te gee aan hierdie Bediening, en om die mense te leer en tot hulle te minister en om te profeseer.

YAH het 'n man wat die rol van Judas, Hamman en Goliat baie goed gespeel het, uit my siel uit geruk! YAHUSHUA het my die beste in 'n man gegee, waar ek die slegste in 'n man geken het, soos 'n vloek. Op 7 Maart 2016 was ek geseën met ons eerste video ontmoeting. Op die 2de Oktober 2016 het Ezra en ek ons Hemelse huweliksgeloftes verklaar. Die 1ste Dag van Roshashana. Die Vrymakings Profesie van die Rooi See, verduidelik wat gebeur wanneer YAH iemand vanuit my siel uitruk. Heilige egskeidings bepaling. Sy demoniese gesig en aksies is letterlik vanuit my geheue verwyder.

Ek is geëerd om my Man, Israeli Profeet Ezra voor te stel. Ezra is die manlike leier, so hierdie Bediening is in balans, en elke dag het ons lief, minister en bring ons siele na YAHUSHUA. Ezra is Heilige gebeds bedekking voor elke Profesie wat ek voortspreek. Sy salwing is soos geen ander. YAH sê hy roer die salwing op in my en ek doen dieselfde vir hom. Ezra is die belofte gegee dat hy die 7 Geeste van YAH sal ontvang! Onder YAHUSHUA, is hy my geliefde, ek en is syne. Tesame nooi ons jou na ons Sukkah, terwyl ons YAHUSHUA se Geboorte (nie op die 25ste Desember nie) vier.

Ezra en ek sal videos deel van die AmightyWind Sukkot dienste en ander Heilige Fees dae, met almal wat geleer wil word deur manlike en vroulike leiers. Ezra en ek bid tesaam dat almal wie YAHUSHUA aanbid en dien, sal leer omtrent Sukkot en al die Profesieë en videos lees en kyk. 800 Profesieë vandat Ezra en ek saamgebind was deut YAH in Hemelse liefde en getroud was op die 2de Oktober 2016.


'n Poolse diktatorskap is vinnig aan die kom, en dit gaan uitsprei oor die hele Europa. YAH sê so baie bloed sal vloei. Die Sondag Kerk wet (Een Wêreld Godsdiens - Aanbidding van die Antichris) gaan binnekort vrygestel word, en die Merk van Dier sal begin. Die Verbondsark (Ark of the Covenant) sal dan aan die hele wêreld gewys word.
Die eindtyd is hier. Nou is die tyd om YAH & YAHUSHUA te soek met alles in jou. Om weg te draai van enige sondes, en met alles in ons YAH gelukkig te maak. Bid dat jy die Bruid van YAHUSHUA is...en bly weg vanuit die Sondag kerke!!


Sukkha

SUKKOT - FEES VAN TABERNAKELS 2018

Die fees van Tabernakels begin op Sondag sononder, 23 September & eindig op Maandag sononder, die 1ste Oktober.

Die eerste dag van Sukkot, die aand van 23 September, tot en met die aand van 24 September, is 'n Hoë Heilige Dag en geen normale werk mag gedoen word nie.

Shemini Atzeret (die 8ste dag van Sukkot; die Heilige Dag van samekoms en jubeling van die Torah) begin op die aand van September die 30ste, en eindig op die aand van Maandag die 1ste Oktober.

"Ook op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrengs van die land insamel, moet julle die fees van YAHUVEH sewe dae lank vier; met ’n rus op die eerste dag en ’n rus op die agtste dag. Op die eerste dag moet julle vir julle die vrugte neem van mooi bome, met palmtakke en takke van digte bome en wilgers van die rivier af en julle sal julle vir sewe dae voor die Teenwoordigheid van YAHUVEH verheug. Julle moet dit as ’n fees tot YAHUVEH vier, vir sewe dae in die jaar. Dit is ’n ewige instelling in julle geslagte. Julle moet dit in die sewende maand vier. Sewe dae lank moet julle in hutte bly; almal wat as deel van Yisra’el gebore is, moet in hutte woon sodat julle geslagte kan weet dat Ek die seuns van Yisra’el in hutte laat woon het toe Ek hulle uit die land van Egipte uitgebring het. Ek is YAHUVEH, julle GOD.’ “ (Lev. 23:39-43)

YAHUSHUA se geboorte op Sukkot, Kersfees, Tabernakels of Hanukkah?
GELUKKIGE VERJAARSDAG YAHUSHUA!!!

Gelukkige Verjaarsdag YAHUSHUA!!!

Kliek op die Koek en sien YAHUSHUA se Verjaarsdag Videos. Almightywind Seremonie - Sukkot Lering

O Kom Immanuel. AmightyWind Cover Lied

Mary Did You Know? AmightyWind Cover Lied

Almightywind Sukkot Lering



Sukkot is YAHUSHUA se Verjaarsdag! Veels Geluk YAHUSHUA!

Stille Nag, Veels Geluk YAHUSHUA!

YAH se Tuin Dans Studio - Kom en lag en dans saam met ons Asiaanse Medegenoot Predikers van Amightywind!

Sukkot Profesie Aanhalings

Die Fees van Sukkot Lering

Sukkot is die tyd van YAHUSHUA se geboorte. Nie Kersfees nie! Soos wat baie ander vertel word!

Hier is fotos van ons Sukkah buite in die tuin.
Dit kan sommer 'n hout struktuur wees met seile of lakens as die mure.



Gelukkige Twee Jaar Huweliks herdenking
aan Profeet Ezra en Profeet Elisheva
Op 2 Oktober 2016, 2 jaar gelede, het die mees gesalfde man in die wêreld vir my gevra om te trou. Sedertdien het ons die mees geseënde verhouding gedeel. Hy is 'n geestelike leier, en 'n Vader vir die hele AmightyWind gemeente, en 'n man vir Elisheva. Sonder hom sou dit nie moontlik wees nie.

Vir almal wat hierdie Bediening en ons verhouding beskou as 'n seën, kontak ons asseblief en stuur vir ons 'n video wat u dankbaarheid deel. Dit sal vir ons 'n groot seën wees.
Simbool van Liefde Trou Ring Tussen YAHUSHUA en SY Bruid
Dit is die RingDiensmaagd Ring wat Profeet Ezra toon aan die publiek as 'n simbool van die Bruid van YAHUSHUA se Ring.
Juda and Efraim het bymekar gekom as een! (Jeremia 3:18)
Profeet Elisheva, en Profeet Ezra van Israel is saamgebind in 'n verbond, terwyl die ou manlike leier verdorwe is (geen redding vir sy siel), en die nuwe leier het gekom om te bly. Waarlik saamgebind as een in YAH. Terwyl hierdie Bediening gebou is op die hoeksteen, met liefde en vertroue in YAHUSHUA. YAHUVEH GOD is besig om ons van glorie tot glorie te neem, deur vir ons 'n nuwe manlike leier te gee met 'n hoër geestlike roeping! YAHUVEH het Ezra, die Profeet van Israel en my 7 maande gelede, saamgebind en in 7 maande se tyd het ons liefde baie sterk gegroei. Soos om goud en pragtige stene te versamel, wat versprei is oor die berge, so het YAHUVEH Wysheid en kennis versamel om hierdie Bediening te seën.

YAHUVEH het SY begeerte aan ons bekend gemaak, en dit is om ons hoofde te bedek wanneer ons SY troon benader. Dit is 'n teken van respek, waar ons onthou dat YAH groter is as ons. Die vrees van YAH is die begin van Wysheid. Elisheva moedig elke vrou aan om haar hoof te bedek voordat sy die troon van YAH benader, wanneer sy loof, sing en bid.


Ons is 'n Messiaanse Joodse Pinkster (Pentecostal) Bediening!
Ons is 'n Messiaanse Joodse Pinkster (Pentecostal) Bediening. Ons volg die leerstellings van die Heilige Skrifte en die Profesieë vat YAHUVEH GOD vir ons gegee het

Ons word deur YAHUVEH verbied om die talmud leerstelling te volg, asook enige kaballa leerstelling. En ons ondersteun dit glad nie.

Ons volg slegs die waarheid, nie mensgemaakte tradisies nie. Sonder YAHUSHUA is daar geen verlossing nie. 'n Jood is die een wie YAHUSHUA binne in sy hart ontvang, nie die uiterlike beeld nie.

Openbaring 2:9
EK ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.



Baie welkom by hierdie Arikaanse Tak van die AmightyWind Bediening!

Indien hierdie Bediening vir u 'n seën is, nooi ons u uit om ons gasteboek te teken. Ons moedig u aan om u getuienisse te deel en hoe hierdie Bediening u geseën het.

Wat jy in hierdie gasteboek skryf, sal ook op 'n baie spesiale manier in die Hemel opgeskryf word.

Baie dankie aan al ons ondersteuners. Soos die Skrif sê ons is almal een liggaam in YAHUSHUA, ons MASHIACH, en die wêreld sal weet dat ons van YAHUSHUA is deur ons liefde vir mekaar. (Romeine 12: 5, Johannes 13:35)

Dankie vir die seëninge! Mag YAHUVEH, YAHUSHUA en die kosbare RUACH ha KODESH jou pad bly lei in YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam!


Baie Belangrike Waarskuwing!! Bid asb dat ons meer tyd gegee word!


Dit is 'n baie dringende boodskap, soos wat ek nog nooit tevore gehad het, vanaf die begin van hierdie Bediening! Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu.

Dringend!


Daar is iets baie groot en boos wat beplan word om hierdie aarde te tref. In Augustus, of September, of selfs tot middel Oktober.

Bid dat niks ongewoon sal gebeur in die lug nie, of selfs op die grond. As niks gebeur teen middel Oktober nie, dan beteken dit dat ons meer tyd gegee was.

Daar was 'n waarskuwing omtrent Planeet X vir 'n lang ruk. Kliek hier om dit te lees.


Ek sê nie dat dit Planeet X gaan wees nie. Ek weet nie regtig op hierdie tyd nie. Bid net teen enige iets boos wat die regerings, of satan homself wil stuur in die tyd van die 1ste Augustus tot middel Oktober.

Ons praat nie net van gevare van oorlog nie. Ons praat van die gevaar van hulle wat nie eens menslike dna het nie.

Ons praat van dit wat in die lug geplaas word, wat sal veroorsaak dat multi miljoene regoor die wêreld sal sterf.

As ek alles sê wat ons in gebed gesien het, dan kan ek beskuldig word dat ek iets gesê het wat ek nie het nie. Neem dit asb net baie ernstig op en bid dat dit uitgestel sal word, sodat ons meer tyd sal hê.

Die volgende is Profesie uittreksels van jare gelede wat ons al baie lank waarsku teen verwoesting wat gaan kom.


Neem, Vertrou, Elijah, Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
Take, Trust, Elijah, Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)


Dit is die Woorde wat engele op 'n kragboks in Suid Afrika gespuitverf het, en die Heilige Gees het my na daardie kragboks gelei, en so het ek AmightyWind ontdek. En ook Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu ontmoet. Kliek die skakel hierbo en lees meer.




Ons bid dat ons 'n Getuienis soos Henog sal hê!
Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat YAHUVEH hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy YAHUVEH behaag het. Hebreërs 11:5

Besoek gerus ons nuwe Franse webwerf!
Prys YAHUSHUA!! Dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het. Die AmightyWind Webwerf en Profesieë word ook nou in Frans vertaal! Wooo Hoooo!!!!
Secrets of the Holy Spirit
(Geheime van die Heilige Gees, boek)

Die 2016, 2de uitgawe van die Engelse boek word nou uitgestuur vir mense, en die nuwe uitgawe van 2017, van die Engelse boek, sal binnekort vrygestel word.

Die Afrikaanse waargawe is tans besig om vertaal te word.

Leer die Heilige Name van YAHUVEH, YAHUSHUA en die kosbare RUACH HA KODESH, en hoe die antichris die Naam "Jesus" sal gebruik in die Groot Verdrukking. Leer meer van GOD, YAHUVEH se waarskuwings, omtrent die Merk van die Dier, in die komende Groot Verdrukking. YAHUVEH het ons vertel om die Profesieë in boek formaat te kry, en in die mense se hande, omdat daar 'n tyd sal kom wanneer die vryheid van die internet weggeneem sal word. Hierdie boeke is daar vir mense wat in die Groot Verdrukking sal wees.

ONS WAARSKU JULLE NOU!
Moenie na die Sondag Kerke in die Groot Verdrukking
gaan om die MERK van die DIER te ontvang nie!


KLIEK HIER EN LEES WAT GAAN GEBEUR MET
SONDAG KERKE IN DIE GROOT VERDRUKKING


Romeine 8:5-14
Die wat volgens die vlees lewe, rig hulle gedagtes op die dinge van die vlees, maar die wie volgens die Gees lewe, rig hulle gedagtes op die dinge van die Gees.
Die gedagtes van die vlees is die dood, maar die gedagtes van die Gees is lewe en vrede.
Die gedagtes van die vlees is vyandskap teen YAHUVEH, omdat dit nie homself onderwerp aan die wette van YAHUVEH nie, en dit is ook nie daartoe instaat nie.
En hulle wie in die vlees is, is nie daartoe instaat om vir YAHUVEH bly te maak nie.
Maar julle is nie in die vlees nie, maar in die Gees, en as dit so is, dan bly die Gees van YAHUVEH binne in jou. En as enige een nie die Gees van die Messias in hom het nie, dan is daardie een nie SYNE nie.
En as die Messias in jou is, dan is die liggaam dood vir sonde, maar die Gees is lewe vanweë die geregtigheid.
En as die Gees van HOM wie YAHUSHUA uit die dood uit opgewek het, binne in jou is, dan sal HY wie die Messias uit die dood opgewek het, ook lewe gee aan julle sterflike liggame, deur SY Gees wat binne in julle is.
So dan broers, ons is nie skuldenaars aan die vlees nie, om volgens die vlees te lewe nie.
Omdat as jy volgens die vlees lewe, jy dan sal doodgaan, maar as jy volgens die Gees lewe maak julle die werke van die liggaam dood, en jy sal lewe.
Die wie hulleself laat lei deur die Gees van YAHUVEH, hulle is kinders van YAHUVEH.