Die 27ste Junie 2012 is die 6 Jaar Herdenking van die dag wat
die Aartsengel Migael aan Elisabeth en Niko in Suid Afrika verskyn het.


DIE AARTSENGEL MIGAEL VERSKYN AAN
ELISABETH EN NIKO IN SUID AFRIKA




27 Junie 2006

LOOF EN PRYS YAHUSHUA!
EK IS GESEËN EN EK WORD GEËER VANUIT DIE HEMEL


(Hierdie boodskap bevat uittreksels van die volledige boodskap in engels
wat op hierdie skakel gelees kan word.)
http://www.amightywind.com/bridegroom/i8485.htm


Suster Joainne het vanaf Europa gekom om by ons te kom bly en saam met ons die woord te verkondig. (Sy word ook in die laaste profesieŽ genoem). Sy is 'n groot seŽn vir ons en help ons baie.

Op die eerste aand wat sy in Suid Afrika aangekom het (27 Junie 2006), het ek en Niko en ons 18 jarige seun, haar saamgevat na ons gunsteling restaurant op die strand. Terwyl ons so gesit het, het ek skielik opgekyk en toe sien ek 'n baie aantreklike man, met donker hare, met 'n donker gebrande vel, en hy het stip na my gekyk met groot erkenning en liefde. Sy groot glimlag was totaal en al net op my gefokus. Omdat dit so vreemd was, gaan ek probeer om die uitdrukking op sy gesig te verduidelik. Nog net my man Niko het al so na my gekyk. SÍ byvoorbeeld, ek gaan solank in die restaurant in, terwyl ek wag vir Niko om die kar te parkeer, en Niko kom dan later in en hy soek vir my. Wanneer hy my dan raaksien, helder sy gesig dan sommer op en hy glimlag. Wel die vreemde man het op dieselfde wyse na my gekyk.

Eers het ek nie geglimlag nie, omdat ek te geskok was. Hy het na my gekyk, so asof daar 'n geestelike konneksie was, en asof hy my wel geken het. Hy was ook baie aantreklik gewees. Nie net dit nie, maar my man het hier reg langs my gesit. Ek het vinnig my kop laat sak en gedink, 'Ek weet nie wie hierdie man is nie, en hoekom sal hy dan so na my kyk?' Ek sÍ toe vir myself, 'Ek verbeel nou nou al dinge.' Dit is toe dat ek weer opkyk.

Die man het steeds na my gestaar met hierdie groot glimlag op sy gesig wat totaal en al net op my gefokus was, so asof daar niemand anders in die restaurant was nie. Ek het nie geweet wat om anders te doen nie, so ek het ook geglimlag en "Hi" gesÍ. Die restaurant was so besig en jy kon skaars iemand hoor praat. Hy het by die ingang, voor die tafels, in die binnekant van die restaurant gestaan. Ek het nie geweet dat Niko na my gekyk het nie. Toe sÍ hy in 'n liefdevolle stem, "Moenie dink dat ek nie gesien het hoe daardie man vir jou glimlag en hoe jy toe vir hom terug geglimlag het, en 'Hi' sÍ nie".

Ek was nog nooit so verleŽ nie. Niko weet dat ek net oŽ vir hom het en ek sal nooit na 'n ander man kyk nie. So ek sÍ toe vinnig, "Hy moet seker een van ons wees, en hy sien seker die Heilige Gees of die salwing in my raak?" Joainne en ons geliefde seun het na die anderkant toe gekyk, so hulle het nie geweet wat aan die gang was nie, voordat Niko begin praat het nie. Ons het almal lekker saam gelag.

Niko het gesÍ dat die man basies net verskyn het en na niemand anders as na my gekyk nie. Niemand anders behalwe ek en Niko het opgemerk dat die man daar was. Nie een van ons kon regtig eers onthou watter klere hy aangehad het of watter kleur dit was nie. (Ons weet dat dit nie 'n kleed was nie. Dit sou ons wel kon onthou.) Al wat ek en Niko onthou, was sy gesig. Niko sÍ dit was asof die man net eenvoudig verdwyn het, nadat hy seker gemaak het ek sien hom. Dit was sy enigste rede en motief. Niko gee my toe 'n drukkie en hy terg my toe en ons almal het toe lekker saam gelag.

Later daardie aand, tydens gebed, is daar aan my bekend gemaak wie die man was. YAHUSHUA het vir my gesÍ, "Jy vermaak engele ontwetend." YAHUSHUA het toe my herinner hoekom die man so bekend gelyk vir my. Ek het al sy gesig voorheen gesien. Nie net op die aarde nie, maar ook in die Hemel.
Baie jare gelede, tydens 'n erge krisis in my lewe, was ek besig om langs 'n sypaadjie af te stap in Hammond, Indiana. (Op daardie stadium het ek nog nie my lewe vir YAHUSHUA gegee nie, omdat niemand HOM aan my bekend gestel het nie.)

Terwyl ek so op die sypaadjie gestap het, in my eie wÍreld van pyn, het ek oogkontak met 'n man gemaak. Hy het gaan staan en na my gestaar. Ek het ook stilgestaan en na hom gestaar. Ons albei het geglimlag, terwyl ons in mekaar se oŽ gekyk het en nie een enkele woord gesÍ nie. Dit was asof ek hom herken het, maar ek het hom nog nooit op die aarde ontmoet nie. Ek kon nie oor die feit kom oor hoe absoluut aantreklik hy was nie. Ek het ook nie verstaan waarom hy so na my wou kyk nie. Dit het gelyk of hy my ken.

Nou weet ek dat dit dieselfde man was wat ek in die restaurant in Suid Afrika gesien het. Ek het dieselfde gedagtes nou weer onlangs in Suid Afrika gehad. Na die tyd het ons paaie geskei. Ek het maar net aanhou loop en tot vandag toe nog glo ek dat ek my engel gesien het. Destyds het ek nie een naam van 'n engel geken nie.

Tydens gebed is daar aan my gesÍ dat die man in Hammond, Indiana dieselfde man was wat in Suid Afrika was. Dit was die Aartsengel, Migael in die Hemel! Niko sÍ hy weet dat dit wat in die restaurant gebeur het, meer gehandel het oor die geestelike konneksie tussen daardie man en my. Hy sÍ hy het gebid en gevra, mag ek ook asseblief die volgende keer wanneer 'n engel weer sy verskyning aan Elisabeth maak, hom ook sien? Wel, nou het hy hom ook gesien. Ek wonder nou net...het enige iemand anders hom ook gesien? Die plek was so besig en ons het die laaste tafel gekry. Waarheen het hy gegaan?

Niko sÍ dit was asof hy net verdwyn het. Hy was een sekonde nog daar, en die volgende was hy net weg. Tog het hy nooit by die deur uitgeloop nie.

Die volgende dag (28 Junie 2006), het broer Conrad van Suid Afrika, ons gekontak.
(Julle kan meer van hom lees in die boodskap, "Hello vanuit Afrika". Die boodskap is net verder ondertoe. Indien julle dit nog nie gelees het nie, kan julle gerus. Hy is die man vir wie YAHUVEH op 'n baie ongewone wyse na hierdie Ministerie gelei het. Die naam "Elijah" was op 'n kragboks, honderde myle ver van ons, geskryf. Ek twyfel glad nie dat Engele daardie 3 woorde op die boks geskryf het nie. Binnekort sal ons die fotos wat hy vir my gestuur het ook hier aanheg, as 'n bewys dat dit wat hy sÍ, wel die waarheid is).

Broer Conrad is 'n gebeds bemiddelaar. Hy het my gekontak en wou hoor hoe dit gaan en of alles nog reg is. Dit was die eerste telefoon oproep wat ek vanaf hom ontvang het. Ek het hom vertel dat 'n engel ons besoek het. Toe verras hy my en my man en sÍ dat sy engel, in die vorm van 'n mens, 'n week terug aan hom verskyn het. Hy het die man ook al omtrent 20 keer gesien!

LOOF en PRYS YAHUSHUA!

Ek glo werklik dat die Bruid van YAHUSHUA een of ander tyd hulle eie persoonlike beskermings engele voor hulle sal sien verskyn.

Ek weet dat van my engele die name Migael, GabriŽl en Rafael insluit. Migael word altyd gestuur wanneer ek in 'n gevaarlike situasie is. Ek is seker dat ek hom deesdae besig hou om die vyand hier te beveg. Ek weet dat Migael vir 'n baie goeie rede aan my verskyn het. Hy wil hÍ dat ek moet weet dat hierdie Ministerie en almal wat saam met ons is, ekstra beskerming en bedekking sal hÍ. Onthou, Migael is die Heersende Engel oor al de ander engele. Hy gaan persoonlik vir satan in die bodemlose pit gooi en hom opsluit. Net een engel sal dit doen--nie 'n hele weermag van engele nie. Dit is hoe sterk hy is.

Migael is ook die hoof engel wat vir Israel beskerm. Ek voel geŽerd om te weet dat dit een van sy take is om my te beskerm. YAHUSHUA het vir hom gesÍ om aan my te verskyn. Ek glo ook dat hy gekom het om 'n belangrike boodskap oor te dra. Het dit enige iets te doen met YAHUSHUA se koms vir SY Bruid? Het hy gekom om vir my 'n boodskap van Rosh Ha Shanah 2006 te gee? Net die tyd sal ons leer.

Omtrent 'n jaar gelede (24 Mei 2005) het heilige engele na ons kamer toe gekom en by ons bed kom staan. Ek het na Niko geroep en gesÍ, "Skat, kyk! Die engele is hier". Maar hy het aangehou slaap. Ek het aan die vlerke van die engel wat die naaste was, geraak. Ek kon sien hoe die vlerke glinster met edelgesteentes wat ingesink is. Deur aan die engel se vlerk te raak, was ek genees van iets lewens gevaarlik. (Ek moet steeds nog meer van hierdie wonderwerk vertel, maar dit was ook reeds op die webwerf genoem toe die "YAHSUSHUA's Demon Stompers" gebore was. In die boek wat binnekort vrygestel gaan word, bespreek ek dit meer in detail.)

Ek was so gefokus op die vlerk dat ek nooit na hulle gesigte gekyk het nie. Maar ek weet dat Migael een van die twee engele was wat my besoek het.

Hou jou oŽ oop vir jou Heilige Engel. Ek twyfel glad nie dat jy hom sal sien nie. (Laat my weet indien jy dink jy het.) Jou engel kan dalk in die vorm van 'n man of vrou voorkom.

Sien "Elisabeth se getuienis" vir meer inligting oor watter lewe sy al moes deurmaak.

* * * * * * *

19 Junie 2006

HELLO VANUIT AFRIKA!
Niko en Elisabeth bedien nou in Afrika!

Die volgende is briewe wat aan Elisabeth gestuur was. Maar eerstens is dit belangrik dat ons gebeds bemiddelaars in die hande moet kry. Ek het hierdie e-pos waarskuwings direk na mekaar ontvang, en die profete wat dit gestuur het, ken nie mekaar nie:

E-POS WAARSKUWINGS...

Van Joseph in Hong Kong:

Satan en die anti-Messias het 'n hele paar strikke vir jou gestel. Dit kan iets wees met 'n heelwat ingewikkelde uitleg, so wees versigtig. Net soos ons ons werke en oorlogvoering versterk, so doen die vyand dit ook nou. Die anti-Messias is iemand met 'n baie hoŽ bekwaamdheid. Ek het hom eendag in 'n droom gesien. Hy het ons definitief in die geestelike ryk opgemerk. Ek dink dit is 'n tyd waar dit nodig is om YAHUVEH te raadpleeg met elke tree wat ons neem.

van Lorraine in Suid Afrika:

Geagte Elisabeth,

Ek het vanoggend hierdie boodskap na jou toe gestuur, maar dit het op die een of ander manier weer teruggekom na my toe, so ek weet nie hoe dit gebeur het nie...

Ek groet jou in die Magtige Naam van YAHUSHUA. Ek bid dat jy 'n geseŽnde tyd in Suid Afrika het, en ek hoop jy kry tyd om hierdie boodskap te lees.

Ek het 'n sterk gevoel in my gees (voel nie 100% seker nie, maar ek voel dit) om vir jou te vertel dat die Bloed bedekking van YAHUSHUA moet versterk word rondom jou en ELKE kind van YAHUVEH wat op hierdie reis saam met jou gekom het. Die gebede van die gebeds bemiddelaars moet ook versterk word. Ek voel dat die vyand se agente nou gaan opstaan teen die boodskap wat jy hier moet kom aflewer. Roep nou gebeds bemiddelaars na vore, sodat hulle sal begin INTREE SONDER OPHOU. Ek sal ook begin intree. Mag YAHUVEH, wie ons liefhet en dien, vir jou en die ander om jou beskerm.

BRIEF VAN ELISABETH...

HELLO AFRIKA! ONS BENODIG HEILIGE GEBEDS BEMIDDELAARS SOOS NOG NOOIT TEVORE NIE!

Vrede, my geliefde familie in YAHUSHUA ha MESSIAS. Hello vanuit Afrika!
Ek het nooit gedink dat ek daardie woorde sou sÍ nie!

Elisabeth Elijah Nikomia
19 Junie 2006

YAHUSHUA vertel my dat ek diegene wat waarlik Heilig is, wie HY SY "YAHUSHUA'S Demon Stompers" noem, na vore moet laat kom. Ons het julle waarlik op 'n manier nodig soos nog nooit tevore nie. Ons het nodig dat julle vir ons sal intree, NIE SOMMER NET GEWOONWEG NIE, maar vir ure aaneen. Ons het julle gebede nodig vir goddelike beskerming, leiding, liefdevolle bystand. Ons het nie gevra om na Afrika te kom nie. Inteendeel, ek het gehuil en vir dae lank vir YAHUSHUA gesmeek om ons nie hierheen te stuur nie. HY sÍ toe vir my, "Elisabeth moenie soos 'n Jona wees nie". En ons was natuurlik gehoorsaam.

Ons is nou hier en ons kry so baie uitnodigings. Selfs 'n pastoor van NigeriŽ het gister vir my geskryf en my uitgenooi om deel te wees van 'n 3 dae lange saamtrek in Lagos, NigeriŽ. Daar sal omtrent 300000 mense wees. Het het selfs gesÍ dat hy my foto voor die einde van Julie nodig het, omdat hy dit wil gebruik om die saamtrek te adverteer. Maar ons weet ook dat ons vyande weet dat ons hier is en ons het regtig die Heiliges nodig om ons in gebed, liefde en bemoediging en finansiŽle bystand te bedek, soos nog nooit tevore nie.

Ek het 'n profesie vir Afrika ontvang. Dit sal die dienaars van satan baie kwaad maak. Prys YAHUSHUA vir die salwing wat vermeerder het, en vir die waarskuwings van die profete wat weet dat ons hierheen gestuur is. Daar gebeur so baie en so baie uitnodigings kom van baie dele van Afrika: Uganda, Rwanda, Zimbabwe. Ek kan nie al die plekke eers opnoem nie, daar is net te veel. Ons is gestuur om 'n seŽn vir Afrika te wees, asook om 'n seŽn vir die Heiliges te wees. Die bose mense sal die woede van YAHUVEH voel, veral as hulle probeer om ons op enige manier seer te maak.

Die eerste oggend toe ons wakker word in ons nuwe Meenthuis in Afrika, wat goed toegerus is met sekuriteit, word ek herinner aan 'n droom wat ek op 6/6/6 gehad het. Ek het hierdie droom nog net met my man gedeel. Nou deel ek dit met die wÍreld.

Ek haat die feit dat selfs ons vyande dit nou gaan lees. Moenie dink dat ek nie weet dat ons vyande, dienaars van satan, ook ons boodskappe lees nie. Hulle wil leer hoe om ons onder te kry. YAHUSHUA het selfs vir ons gesÍ watter mense op die e-pos lys ons vyande is. Hierdie lys word regoor die internet uitgestuur. Ek weet wie julle is, die wat so stil is, en die wat nooit bemoediging aanbied nie, en ook nie laat weet dat julle daar is vir ons nie.

Ons haal julle nie van die e-pos lys af nie, omdat YAHUVEH vir ons gesÍ het dat HY 'n banket tafel vir ons voorberei, in die teenwoordigheid van ons vyande. Psalm 23. Ons weet, en dit is al baie keer, meer as wat ek kan tel, bewys: Diegene wat ons aanval, of vir satan bid om ons seer te maak, sal deur YAHUVEH betaal word vir die boosheid wat julle doen. Julle sal nie net op die aarde betaal nie, maar ook vir 'n ewigheid. YAHUVEH sÍ, "EK neem die Wraak".

DROOM

Ek droom dat ek gestuur was om moeders en kinders by die "dogter van lucifer se huis" te gaan red. Ek het hulle gewaarsku teen hierdie bose sekte en teen die satan, en ek het hulle gehelp om van die huis af weg te ontsnap. Die vaders van die kinders wou my nie glo nie en hulle het geweier om daar weg te gaan.

EINDE VAN DIE DROOM

Indien julle nog ander Heilige mense ken, wat in hierdie ministerie se waarhede glo, veral as hulle profete is, sal julle ASSEBLIEF vir hulle vra om vir my te skryf en vir ons te bid? BID asseblief dat ons in die gestorte bloed van YAHUSHUA weggesteek sal word en dat 'n Heilige muur van vuur ons omring, sodat ons vyande nie naby ons sal kan kom nie of aan ons sal kan raak nie, anders sal hulle verdelg word met die vuur van YAHUVEH se parskuip van SY woede, in die Naam van YAHUSHUA.

Weet julle, net nadat ons hier aangekom het het YAHUSHUA vir my die eienaardigste woord gegee, HY het gesÍ dat HY nie daarmee sal fout vind, as ons van hierdie land af sal weghardloop, en nie klaarmaak met dit waarvoor HY ons gestuur het nie. Tot dusver verkies ons dit om maar te bly. Wanneer julle die profesie vir Afrika hoor, sal julle beter verstaan hoekom satan en die dienaars van satan vir my wil stilmaak. Dit sal waarlik 'n seŽn wees vir die Heilige mense in Afrika, wat vir hierdie seŽn wag! Dit sal veroorsaak dat die dienaars van satan my nog meer sal haat. Heilige mense van Afrika, julle wat YAHUVEH en YAHUSHUA lief het en HULLE aanbid en aan HULLE gehoorsaam is, kontak my asseblief NOU, laat weet my dat ons nie verniet na Afrika toe gekom het nie, dit julle sal opstaan vir hierdie Ministerie se waarhede en dit ook met liefde sal bystaan.

Afrikaners, dit is julle land hierdie. Ons word net hierheen gestuur om 'n seŽn vir julle te wees. Sodat julle land nie langer die donker kontinent genoem word nie, maar die gesalfde kontinent van lig! Is dit hoekom julle gebid het dat ek hierheen moet kom? Hoeveel van julle het deur die jare heen vir my geskryf en vir my vertel het, dat terwyl julle gevas het, julle die naam "Almightywind" ontvang het? Daar is so baie van julle wat my genooi het om hierheen te kom. So baie dat ek naderhand heeltemal trek verloor het. Ons is hier. Hierdie ministerie is hier. Sal julle ons asseblief kontak? Bruid van YAHUSHUA in Afrika, kom nou vore! In die Naam van YAHUSHUA HA MESSIAS!

Nog een laaste ding, YAHUVEH het vir ons 'n tydelike huis gegee met 'n uitsig, vanuit ons tuin agter die huis, wat uitkyk oor 'n Ortodokse Joodse Sinagoge. Dit wil vir my voorkom of ons binne in 'n Ortodokse Joodse uitbreiding bly. Dit is 'n baie groot een. Selfs die winkel het 'n "Kosher" kos en vleis afdeling. Ek word so bedroef wanneer Ortodokse Jode weier om YAHUSHUA as hulle MESSIAS aan te neem. Ek word bedroef wanneer enige siel die gestorte bloed by Golgota, die enigste vorm vir vergifnis van sondes, weier.

Die geskenk wat YAHUSHUA gegee het, was SY lewe en bloed en HY het op die 3de dag weer opgestaan. Die bedroefheid word net groter wanneer ek daaraan dink dat Ortodokse Jode vir YAHUVEH aanvaar, maar hulle verwerp die enigste weg na die Hemel, YAHUSHUA. BID en TREE ASSEBLIEF vir ons TUSSENBEIDE. My gebed is dat ons darem 'n paar Ortodokse Jode sal bereik, en dat hulle vir YAHUSHUA as hulle MESSIAS sal aanneem, voordat ons tyd op is.

Ek het ook gedink dat julle nogal geinteresseerd sal wees om te hoor op watter mooi manier YAHUSHUA 'n ander Broer in YAHUSHUA na hierdie Ministerie gelei het. Dit is die mees ongewone manier nog, wat YAHUSHUA iemand na hierdie Ministerie gelei het.

'n Broer van Afrika het vir my gskryf en aan my die reg gegee om hierdie nou met julle te deel, om aan YAHUSHUA al die Lof, Eer en Glorie te gee! Omdat ons probleme het met die "search engines" op die internet (daar word daaraan gewerk), maak ons staat op die RUACH HA KODESH om mense na ons toe te lei.

YAHUSHUA het SY eie manier hoe HY vir Heilige mense laat weet dat ons in Afrika is en om dat jy hierdie Ministerie maar kan vertrou. Dit is so asemrowend dat ons hierdie storie in die boek wat nou geskryf word, gaan insluit. Die boek sal ook handel oor ons ondervindings in Afrika, en wat dit geverg het om hier te kom. Bid asseblief vir seŽninge vir hierdie broer en sy familie. Hier is sy eie woorde wat in die boek, wat ons skryf, ingelsuit sal word. Vir die GLORIE VAN YAHUSHUA HA MESSIAS!

Sy vrou het 'n droom gehad van meteoriete wat soos nog nooit tevore gaan val nie. Swart, brandende rotse wat gaan val! Lees ook waar dit jare gelede deur my geprofeteer was.

Die brief van die Broer van Afrika...
Geagte Elisabeth Elijah Nikomia,

Ek skryf nou hierdie brief aan jou, vanuit Suid Afrika. Ek het 'n baie sterk gevoel van dringendheid om hierdie brief nou te skryf. Ek het jou webwerf op die internet ontdek. Die afgelope paar weke het ek en my vrou wonderlike dinge beleef. Ek wil graag my storie met jou deel, van hoe ek op 'n wonderbaarlike wyse jou webwerf ontdek het.

Een oggend, terwyl ek oppad was om my vrou by die werk te gaan aflaai, het ek toe tot stilstand gekom by 'n robot. Net toe ek wegtrek, voel ek hierdie gevoel binne in my wat sÍ dat ek na my regterkant toe moet kyk. Ek sien toe 'n kragboks langs die pad staan met woorde wat daarop gespuitverf was.

Ek besef toe dat ek die woorde moet lees. Ek lees toe die woorde "take" en "trust", wat in wit gespuitverf was. Die ander woord wat ek toe lees, was iets soos "Elia" of "Elisha". Maar ek kon nie die woord mooi lees nie, omdat die verf oor die woord geloop het. Dit was in oranje gespuitverf. Die woorde wat ek toe lees, het nie regtig sin gemaak nie. En ek vergeet toe daarvan.

'n Dag later ry ek toe weer verby die kragboks. Die twee woorde in wit "take" en "trust" was nog steeds daar. Maar toe sien ek iets besonders. Die ander woord in oranje, was toe oorgeverf in 'n pers kleur. Die keer het dit mooi die woord "Elijah" gespel. Daar was ook geen teken van die oranje verf van die vorige dag nie.

Net daar onthou ek toe dat ek so drie dae gelede op 'n webwerf skakel op die internet afgekom het, en ek hierdie profesie gelees het. Profesie 67

Dit was laat in die aand, so ek het nie alles gelees nie. Maar nadat ek die naam "Elijah" op die kragboks gelees het, moes ek net na die webwerf (http://www.amightywind.com) teruggaan.

So dit is hoe ek op jou webwerf afgekom het. Ek wil ook graag iets anders met jou deel.

So paar weke gelede het my vrou 'n droom gehad.
In haar droom het sy en haar familie in 'n ou wit geverfde huis langs die kus van Suid Afrika gestaan.
Daar was niemand in die huis nie. In die middel van die huis was daar 'n vertrek met gange wat uitloop na verskeie ander gange en vertrekke.
Daar was mense rondom die huis en dit was 'n baie kalm atmosfeer.

Ewe skielik het die lug donker rooi en swart geword. Donker wolke het begin vorm.
Die wolke het in die rondte begin maal met swart en rooi kleure. Alhoewel dit helder oordag was, het die lug baie donker begin word.

Die volgende oomblik het daar groot stukke swart klippe uit die lug begin val. Elke rots was omhul met vuur en met 'n kolom van rook, soos dit deur die lug val.
Dit was meteoriete wat die aarde begin tref het. Hier in Suid Afrika.

Sommige van die mense buitekant die huis het na binne gehardloop. Sy en haar familie het na die middelste vertrek in die huis gegaan. Die ander mense het na die ander kamers in die huis gegaan. Die meteoriete het al die kamers in die huis raakgeslaan, behalwe die middelste vertrek. Gelukkig het niemand seergekry nie.

Daarna het alles weer tot bedaring gekom en die meteoriete het opgehou om te val. Sy het uit die huis gegaan. Die lug het oopgetrek en die son het weer geskyn.

Oomblikke later het die lug weer in 'n rooi en swart kleur verander.
Hierdie keer het sy almal gewaarsku dat hulle saam met haar moes gaan na 'n heuwel wat naby was.
Net 'n paar mense het ag geslaan op haar waarskuwings. Ander het gestaan en lag en gedink sy praat nonsens.
Daar was twee paaie wat teen die heuwel opgeloop het.
'n Grondpad en 'n teerpad. Die teerpad was breed en het makliker gelyk om te volg.
Sy en haar familie het die grondpad teen die heuwel op gevolg.

Die meteoriete het die hoŽ woonstel geboue langs die kus begin raakslaan.
Alles daaronder was verwoes gewees.
Sy en haar familie het skuiling gesoek onder groen bome wat op die heuwel gestaan het.
Die droom was so werklik en intens dat sy die hitte van die meteoriete se vlamme teen haar gesig kon voel. Dit het gevoel asof sy self daar langs die kus gestaan het.

Die hitte het baie erg begin raak en sy het toe skielik net geskreeu, "Asseblief Here Help Ons!!"
Daarna het sy wakker geskrik.

NUWE POS ADRES

Gebruik asseblief van ou af die volgende pos adres, vir enige briewe of geskenke wat julle wil stuur:

Elisabeth Sherrie Elijah
4209 Lakeland Drive, #375
Flowood, Mississippi 39232

Julle kan ook soos gewoonlik vir Elisabeth per e-pos kontak by:

revholyfire@yahoo.co.uk

* * * * * * *

WOORD VANAF YAHUVEH...

O, hoe baie van julle sal huiwer en bedroef wees om mooi huise en families en 'n werk agter te los, wanneer hulle vertel word OM DIT AGTER TE LOS. En wanneer hulle dit doen, sal hulleself AGTER GELAAT WORD! Omdat hulle nie vir MY, YAHUVEH en MY Geliefde Seun, YAHUSHUA absoluut HEEL EERSTE IN HULLE LEWENS GEPLAAS HET NIE!!! DAAR KAN NIE 'N ANDER MANIER WEES NIE! SLAAN AG OP HIERDIE WAARKUWING!

YAHUSHUA HA MESSIAS KOM BAIE VINNIG SY BRUID HAAL!

Doen wat julle vir MY moet doen, vinnig. Omdat die tyd nou vinnig uit hardloop!

* * * * * * *

All seŽn vir julle. Dankie vir julle gebede en finansiŽle bystand. En bo alles, dankie vir julle GEHOORSAAMHEID!

Niko en Elisabeth