http://www.amightywind.com/dreams/041230passover.htm

n Verwoestende Aardbewing kom op ‘n Passover (Pasga)

(droom 12.24.2004)

Profesie uittreksel van die Aardbewing wat binnekort gaan kom:

Ek het in ‘n kamer gestaan. Skielik het die aarde verskriklik hard begin skud. En ek het gesê: “Daar’s geen manier hoe die aarde dit kan hanteer nie!” Dit het gevoel asof dit uitmekaar val.

Toe gil ek : “YAHUSHUA HELP!” Daar was ‘n groot TV op ‘n voetstuk wat begin het om af te gly tot op die vloer. Ek het uitgestrek om de TV te gryp voordat dit afgly van die voetstuk af. Toe stop die skudding.

Toe ek gedink het dat die aardbewing verby was het ek ‘n stem hoor sê:

EINDE VAN RONDTE EEN…NOU VIR RONDTE TWEE!”

Toe het die skudding weer begin en dit was net so hewig soos voorheen.

My familie en ek was nie beseer nie terwyl daar enorme verwoesting was oral rondom ons. 

Ek het na buite gegaan en iemand van my familie het gesê dat hy na die winkel moes gaan vir noodvoorraad.

Ek het gesê: “Nee asseblief moenie. Bly by my”


Toe het ek in die lug opgekyk en gesê: “Kyk! Kyk!”

My familie en ander mense wat daar rondgestaan het, het opgekyk na waarheen ek gewys het.

Hulle het geantwoord, “Kyk waarna?”

Ek het gesê, “Kan julle dit nie sien nie?”

Hulle het gesê, “Sien wat?”

En ek het begin beskryf wat ek gesien het. Dit was soos ‘n kleurvolle olie skildery van die Laaste Avondmaal wat lewendig geword het. Ek het YAHUSHUA (Christus) gesien, omring deur SY dissippels, besig om nagmaal te hou. Dit was so pragtig! Dit was lewensgroot.

-- Einde van droom -- 

Toe ek wakker word het ek YAHUSHUA gevra waarom ek van die Here se Laaste Avondmaal gedroom het, en HY het vir my gesê…

OMDAT DIE SKUDDING SAL KOM OP PASSOVER (PASGA)” 

Ek weet nie in watter jaar, op Pasga, hierdie gaan gebeur nie.