http://amightywind.com/passover/lastsupper.html


WAS DIE ‘LAASTE AVONDMAAL’ ‘N Pasga SEDER?


Verskeie teenstrydige opinies bestaan t.o.v die ete wat plaasgevind het op die laaste nag van YAHUSHUA se lewe. Baie mense glo dat YAHUSHUA ‘n Pasga (Pasga) ete geëet het saam met SY dissipels, soos dit blyk uit die Samevatting van Evangelies (Synoptic Gospels) van Mattheus, Markus , Lukas en Johannes. Ander verskil hiervan deur te verwys na die Evangelie van Johannes, wat duidelik uitwys dat hierdie “Laaste Avondmaal” plaasgevind het voor die Pasga. Is daar ‘n manier om die twee verskillende verduidelikings ooreen te bring ? Kan altwee verduidelikings korrek wees?

Om hierdie onderwerp ten volle te verstaan, kom ons ondersoek die Evangelie verslae van YAHUSHUA se laaste ete. Eerstens sal ons kyk na Johannes se verduideliking van die “Laaste Avondmaal.” Baie geleerdes glo dat Johannes sy Evangelie geskryf het in die latere jare van die eerste eeu, lank nadat die Samevatting van Evangelies geskryf was. Teen die tyd dat Johannes geskryf het, het Heidene moontlik reeds ‘n aansienlike gedeelte van die Kerk uit gemaak.

Heelwaarskynlik verskil Johannes se Samevatting van Evangelie van die ander, as gevolg van die groot aantal bekeerde Heidene en die anti-Joodse neigings wat begin het om pos te vat. Johannes het groot moeite gedoen om die erfdeel van YAHUSHUA te beklemtoon. Hy het benadruk dat YAHUSHUA ‘n Jood was WIE die Joodse gebruike uit gewoonte nagekom het, insluitende die waarneming van YAHUVEH se verpligte feesdae (Lev.23). Johannes verwys na ten minste drie Pasga feeste gedurende die bediening van YAHUSHUA (John 2:13, 6:4, 19:14), insluitend SY laaste een. Hy noem ook die Fees van Tabernakels, by die Jode bekend as Sukkot (John 7:2), Die laaste dag van die Fees van Tabernakels, wat die Jode Hoshanah Rabbah genoem het (John7:37), en die Fees van Toewyding, algemeen bekend as Chanukah (John.10:22). Kom ons kyk na die begin van Johannes se weergawe van die “Laaste Avondmaal” wat gevind word in hoofstuk 13 van sy Evangelie:

JOHANNES 13:1 ”En voor die Fees van die Pesag het Yahushua, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe. 2 En gedurende die maaltyd - die duiwel het dit al in die hart van Yehudah van Keriyot, die seun van Shiemón, ingegee om Hom te verraai - 3 het Yahushua, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van Elohiem uitgegaan het en na Elohiem heengaan, 4 van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek en 'n doek geneem en dit om Hom vasgemaak. 5 Daarna het Hy water in 'n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het.” (Waarheid en Getuienis Bybel-WeG)

Johannes wys dat die “Laaste Avondmaal” plaasgevind het op dieselfde nag wat Judas Iskariot YAHUSHUA verraai het (John.13:21-30) Die eerste vers sê eenvoudig dat dit “voor die fees van Pesag” was wat sewe dae lank aanhou (vanaf 15 Nissan tot 21 Nissan). Johannes verwys vanselfsprekend na die dieselfde nag soos beskryf deur die ander drie Evangelie skrywers. (Mat. 26; Mark. 14; Luk. 22). Johannes gaan voort deur verskeie kere te herhaal waar hierdie gebeurtenisse plaasgevind het voor Pesag. Die Pasga Maaltyd wat tradisioneel geëet word op die aand (begin van) die 15de Nissan (Woensdag na sononder) was heel duidelik nog nie in gebruik nie.

JOHANNES 13:21 “Toe Yahushua dit gesê het, het Hy in sy gees ontsteld geword en getuig en gesê: Amein, amein Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai... 26 Yahushua antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Yehudah van Keriyot, die seun van Shiemón. 27 En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Yahushua sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig. 28 Maar waarom Hy dit vir hom gesê het, het niemand van die wat aan tafel was, verstaan nie. 29 Want sommige het gedink, terwyl Yehudah die beurs gehad het, dat Yahushua vir hom sê: Koop wat ons nodig het vir die Fees; of dat hy iets aan die armes moes gee. 30 Toe hy dan die stukkie geneem het, het hy dadelik uitgegaan. En dit was nag.” (Waarheid en Getuienis Bybel WeG)

JOHANNES 18:28 “Toe neem hulle Yahushua van Kayafa na die goewerneur se paleis. En dit was vroeg in die môre; en hulle het self nie in die paleis ingegaan nie, dat hulle hul nie sou verontreinig nie, maar dat hulle die Pesag kon eet.” (WeG Bybel)

JOHANNES 19:14 “En dit was die voorbereiding vir die Pesag en omtrent die sesde uur. Toe sê hy vir die Yehudiem: Daar is julle Koning!”

JOHANNES 19:31 “En dat die liggame nie op die Shabbat aan die folterpaal sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was - want die dag van daardie Shabbat was groot - het die Yehudiem Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes word.” (Die Groot Shabbat is die eerste dag van ongesuude brode op Donderdag die 15de Nissan - wat ‘n aanvang neem teen sononder op Woensdag die 14 de Nissan)

JOHANNES 19:42 “Daar het hulle Yahushua toe neergelê weens die voorbereiding van die Yehudiem, omdat die graf naby was.”

Die Jode het die dae gereken vanaf sononder tot sononder. Soos julle kan sien, wys Johannes duidelik uit dat die “Laaste Avondmaal” , die verraad deur Judas, en YAHUSHUA se verhoor en kruisiging, alles gebeur het voor die Pasga, op die Dag van Voorbereiding. Maar wanneer presies was die Dag van Voorbereiding?

Die “The New Unger's Bible Dictionary p 411” sê dat die Voorbereidingsdag vir die Pasga, was vanaf die einde (sononder) van die 13 de Nissan tot die aand (sononder) van die 14 de Nissan.

Woensdag, die 14 de Nissan (wat begin teen sononder van Dinsdag) was ‘die dag van voorbereiding’ waarop die kruisiging plaasgevind het” (verwysing:bl 180) Soos gesien in Johannes 19:31 hierbo, was die dag wat gevolg het op ‘die voorbereidingsdag’, ‘n jaarlikse Groot Shabbat, die Eerste Dag van Ongesuurde Brode, wat jaarliks geval het op die 15 de Nissan (wat begin teen sononder van Woensdag). YAHUVEH het die Israeliete beveel om hierdie Groot Shabbat elke jaar te hou. (Verwysing-E.W. Bullinger, in Appendix 156 to The Companion Bible)

EKSODUS 12:16 “En op die eerste dag moet daar 'n afgesonderde byeenkoms wees; ook op die sewende dag moet daar vir julle 'n afgesonderde byeenkoms wees. Daar mag geen werk op hierdie dae gedoen word nie; net wat deur elkeen geëet moet word, dit alleen mag deur julle berei word. 17 Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Mietsrayiem uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte as 'n ewige insetting hou.” (WeG Bybel)

LEVITIKUS 23:6 “en op die vyftiende dag van hierdie maand is die Fees van die Ongesuurde Brode van Yahweh; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet. 7 Op die eerste dag moet daar vir julle 'n afgesonderde byeenkoms wees; geen beroepswerk mag julle doen nie.”(WeG Bybel)

Kom ons bestudeer nou die verduidelikings van hierdie gebeurtenis in die Saamgevatte Evangelies van Mattheus, Markus, en Lukas en vergelyk dit met die weergawe van Johannes.

MATTHEUS 26:17 “En op die eerste dag van die Ongesuurde Brode kom die dissipels na Yahushua en sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons vir U klaarmaak om die Pesag te eet? 18 En Hy antwoord: Gaan na die stad na 'n sekere iemand en sê vir hom: Die Meester laat weet: My tyd is naby. By jou sal Ek die Pesag hou met my dissipels. 19 Daarna het die dissipels gedoen soos Yahushua hulle beveel het, en hulle het die Pesag berei. 20 En toe dit aand geword het, was Hy met die twaalf aan tafel. 21 En terwyl hulle eet, sê Hy: Amein Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.”(WeG Bybel)

MARKUS 14: 12 “En op die eerste dag van die Ongesuurde Brode, wanneer hulle gewoonlik die Pesag geslag het, sê sy dissipels vir Hom: Waar wil U hê moet ons gaan klaarmaak, dat U die Pesag kan eet? 13 En Hy stuur twee van sy dissipels en sê vir hulle: Gaan na die stad toe; en 'n man wat 'n kruik water dra, sal julle tegemoetkom. Volg hom, 14 en waar hy ook mag ingaan, moet julle vir die eienaar van die huis sê: Die Meester laat weet: Waar is die kamer waar Ek met my dissipels die Pesag kan eet? 15 En hy sal julle 'n groot bovertrek wys, in gereedheid gebring. Daar moet julle vir ons klaarmaak. 16 En sy dissipels het gegaan en in die stad gekom en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het; en hulle het die Pesag voorberei. 17 En toe dit aand geword het, kom Hy met die twaalf. 18 En terwyl hulle aan tafel was en eet, sê Yahushua: Amein Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai, een wat saam met My eet.” (WeG Bybel)

LUKAS 22: 7 “En die dag van die Ongesuurde Brode het gekom waarop die Pesag geslag moes word. 8 Toe stuur Hy Kefa en Yahuganan en sê: Gaan berei die Pesag vir ons, dat ons dit kan eet. 9 En hulle sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons dit berei? 10 En Hy antwoord hulle: Kyk, as julle in die stad ingaan, sal 'n man julle ontmoet wat 'n kruik water dra; volg hom na die huis waar hy ingaan. 11 En julle moet vir die eienaar van die huis sê: Die Meester vra u - waar is die kamer waar Ek die Pesag met my dissipels kan eet? 12 En hy sal julle 'n groot bovertrek wys wat reggemaak is; daar moet julle dit berei. 13 En hulle het gegaan en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het, en die Pesag berei. 14 En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom. 15 En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie Pesag met julle te eet voordat Ek ly. 16 Want Ek sê vir julle: Ek sal beslis nie meer daarvan eet voordat dit in die koninkryk van Elohiem vervul is nie.”

Kom ons kyk eerstens na die tydsberekening van hierdie gebeure. Mattheus sê “dit was die eerste van Ongesuurde Brood.” Oppervlakkig lyk dit of hy die weergawe van Johannes weerspreek wat eenvoudig sê dat die “laaste Avondmaal” plaasgevind het voor die Fees van Pasga. Maar Markus en Lukas voeg fynere besonderhede by wat help om die tyd te verduidelik. Markus sê dit was “die eerste dag van Ongesuurde Brode, wanneer hulle gewoonlik die Pesag geslag het “; Lukas sê dit was “die dag van die Ongesuurde Brode het gekom waarop die Pesag geslag moes word.”

Die Bybel vertel ons in Eksodus 12:6 Dat die Pasga lammers geslag moes word “tussen die aande” op die 14de Nissan. Die Jode het tradisioneel geinterpreteer dat met “tussen die aande” daar bedoel word, “in die laatmiddag”. Vir ‘n dieper bespreking van hierdie frase, verwys na “What Does ‘Between the Evenings’ Mean?” Engelse skakel (http://www.amightywind.com/passover/betweenevenings.html )

Die Jode het, in die tyd van YAHUSHUA, die Pasga lammers geslag teen die laatmiddag van die 14 de Nissan. In “The Wars Of The Jews (bk.6 ch 9, sec 3)” sê Josephus dat tydens die eerste eeu, die Pasga lammers geslag was “vanaf die negende uur tot die elfde uur”, wat ooreenstem met ons 15h00 tot 17h00.

Vanselfsprekend is die dag wat deur Mattheus en Markus die “eerste dag van Ongesuurde Brode” genoem word, dieselfde dag is wat Johannes die “Dag van Voorbereiding vir die Pasga “noem. Die " The New Unger's Bible Dictionary p.411” sê dat die 14 de Nissan die voorbereiding genoem was vir Pasga tot en met die aand. Soos hieronder aangedui bevestig al drie Samevatting van Evangelies dat YAHUSHUA gekruisig was op die “Dag van Voorbereiding” op 14 Nissan (Woensdag 15h00).

MATTHEUS 27:62 “Die volgende dag - dit is die dag na die voorbereiding - kom die owerpriesters en die Perushiem by Pilatus saam” (WeG Bybel)

MARKUS 15: 42 “En toe dit aand geword het, omdat dit die voorbereiding was, dit is die dag voor die Shabbat, 43.... en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Yahushua te vra.” (WeG)

LUKAS 23:54 “En dit was die dag van voorbereiding, en die Shabbat wou aanbreek.”

Om terug te keer na die beskrywing van die maaltyd, in die Samevatting van Evangelies, beskryf Mattheus en Markus dat die dissipels na YAHUSHUA toe gekom het toe die Dag van Voorbereiding pas begin het (14 de Nissan ) wat dan teen sononder van 13de Nissan moes wees. Hulle het HOM gevra waar HY wou hê dat hulle moes voorberei om die Pasga maaltyd, wat die volgende aand sou wees, te eet. (sien Johannes 18:28 hier-bo). Lukas het opgeteken dat in antwoord op hulle vraag, het YAHUSHUA instruksies gegee aan Petrus en Johannes, oor hoe hulle die plek moes vind waar hulle moes voorberei om die Pasga te eet op die aand van die 14 de Nissan. HY het vir hulle gesê dat die eienaar van die huis vir hulle ‘n groot toegeruste bo-kamer sou wys. Markus en Lukas het albei gesê dat dit daar was, in daardie kamer, waar hulle vir die Pasga moes voorberei. (Mark. 14:15; Luk. 22:12)

Soos julle kan sien uit al drie beskrywings (Matt. 26:17; Mark. 14:12; Luk. 22:7-9) het die dissipels gewag tot die begin van die 14 de Nissan om vir YAHUSHUA te vra waar hulle die Pasga moes voorberei. Indien die tyd tussen sononder en donker die gegewe tyd was wanneer die Pasga lammers geslag moes word, soos sommige mense verkeerdelik leer, waarom sou hulle dan tot so baie laat gewag het om YAHUSHUA te vra oor die voorbereiding van die maaltyd? Of as die Pasga maaltyd ten minste nie sou plaasvind binne die volgende 24 uur nie, waarom sou hulle dit voorberei vir daardie aand?

In Jacob Neusner se vertaling van “the Jewish Mishnah” kan ons sien waarom die dissipels besorg was met die voorbereiding van die Pasga daardie aand, selfs al sou dit nie geëet word voor die volgende aand nie.

In “PESAHIM” 1:3 A. sê R. Judah dat hulle suurdeeg soek [1] op die aand van die 14 de [2] in die oggend op die 14 de en [3] teen die tyd van die verwydering. B. En wyses sê, (as) een nie (suurdeeg) uitgesoek het nie op die aand van die 14 de nie, mag hy dit uitsoek [1] op die 14 de. C. As hy dit nie uitgesoek het op die 14 de, laat hom dit uitsoek (2) op die vasgestelde tyd [11 a.m to 12 na-middag op die 14de]. D. As hy dit nie op die vasgestelde tyd uitgesoek het , laat hom dit uitsoek (3) ná die vasgestelde tyd [tot die aand toe]” (verwysing: p. 230, The Mishnah: A New Translation)

Die “New Unger's Bible Dictionary” bevestig hoe die Jode voorberei het vir die viering van die Pasga:

Op die aand van die 13 de Nissan [terwyl die dag eindig en die Nissan 14 begin], tot die einde van die 14 de, was dit genome “voorbereiding vir Pasga” (Joh.19:14), elke hoof van ‘n gesin het al die suurdeeg gesoek en bymekaar gemaak by die lig van ‘n kers. Voordat hy die soektog begin, het hy die volgende seën uitgespreek: “Geseënd is U, O ELOHIEM, Koning van die heelal, wat ons geheilig het met U gebooie, en ons beveel het om die suurdeeg te verwyder.” Na die soektog het hy gesê: “Enige suurdeeg wat nog oorgebly het in my besit, wat ek nie kan sien nie, kyk, dit is nietig en word gereken as die stof van die aarde” (verwysing: p. 411, "Festivals,")

Die sinsnede; “berei die Pasga voor” wat gevind word in Mattheus 26:19; Markus 14:16; en Lukas 22:13 kom van die Griekse sinsnede “hetoimasan to pascha.” Volgens “Strong's Concordance” is die kern , die Griekse werkwoord “hetoimazomeans "(1 om gereed te maak, voor te berei 1a) om die nodige voorbereidings te tref, kry alles gereed...” geneem uit die oosterse gebruik om uit te gaan voor konings op hul reise en mense te stuur om die paaie gelyk te maak en dit begaanbaar te maak. “ Duidelik is die rede waarom die dissipels vir YAHUSHUA gevra het waar hulle die Pasga maaltyd sou eet, dat, omdat die Joodse gebruik dit vereis het, die plek voorberei moes word deur die verwydering van suurdeeg daaruit op die aand van die 14 de Nissan.

Soos voorheen genoem het die Jode die Pasga maaltyd geëet op die aand van die 15 de Nissan, wat die begin was van die Fees van Ongesuurde Brode. Eksodus 12:15 beveel die Israeliete om alle suurdeeg te verwyder uit hul wonings en skryf ook die straf voor, indien suurdeeg geëet sou word tydens hierdie fees.

EKSODUS 12:15 “Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag [die dag van voorbereiding] moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af [15 de Nissan] tot die sewende [21 ste Nissan] toe, daardie siel moet uit Yiesraél uitgeroei word.” (Stone Edition Tanach)


Toe die dissipels vir YAHUSHUA gevra het waar hulle die Pasga maaltyd die volgende aand sou eet, het hulle nog nie ten volle besef dat HY dán dood sou wees nie! YAHUSHUA sou nie die Pasga kon eet nie omdat HY bestem was om ge-offer te word as ons Pasga. (1 Kor. 5:7). Maar in plaas daarvan om toe aan hulle te verduidelik dat HY in die graf sou wees wanneer die tyd gekom het om die Pasga lam te eet, het HY hulle vertel waar om voor te berei om die Pasga maaltyd te eet. Nadat Petrus en Johannes die kamer gis-vry gemaak het en gereed gekry het vir die naderende fees, het YAHUSHUA hulle laaste maaltyd saam, op die nag van 14 de , gebruik om SY dissipels nog een laaste keer te onderrig voor SY dood.

LUKAS 22:15 was gebruik gewees om die bewering te ondersteun dat YAHUSHUA en SY dissipels die Pasga maaltyd geëet het. In hierdie Skrifgedeelte sê YAHUSHUA:” Luk. 22:15...Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie Pesag met julle te eet voordat Ek ly.” Die vertaling van die Griekse sinsnede “ baie sterk daarna verlang” is “epithumia epethumesa” Dit beteken letterlik “met begeerte het EK begeer.”

Die eerse woord van hierdie sinsnede “epithumia” is ‘n selfstandige naamwoord. Volgens die “Exegetical Dictionary of the New Testament (p27, vol 2)” het hierdie woord gewoonlik ‘ die onseker gevoel, begeerte, poging, verlange om iets te besit/te doen/te wees’. Dit kan ook “gebruik word vir (verbode) begeerte” YAHUSHUA gebruik epithumia in dié sin in Lukas 22:15.

In die artikel “The Lord’s Supper” sê die “New Bible Dictionary p.707” dat Lukas 22:15 gelees kan word as ‘n onvervulde wens. YAHUSHUA het waarlik verlang om daardie komende Pasga saam met SY dissipels te eet, maar SY verlange kon nie realiseer nie ! Dit was verbode want dit sou die plan van YAHUVEH vernietig, aangesien YAHUSHUA bestem was om ge-offer te word as ons Pasga Lam op die middag voor die Pasga maaltyd.

In die Bybel vertaling van “Ferrar Fenton” beskryf hy die betekenis van YAHUSHUA se woorde akkuraat in die volgende verse:

LUKE 22:15 "And He said to them: 'I have longingly desired [epithumia epethumesa] to eat this Passover with you before My suffering; 16 however, I tell you that I shall not eat of it, until it can be administered in the Kingdom of YAH.'" (The Holy Bible in Modern English)

Die maaltyd wat YAHUSHUA en SY dissipels geëet het was vanselfsprekend ‘n voorbereidings maaltyd, nie die Pasga maaltyd self nie. Die Joodse geleerde David Stern het t.o.v hierdie maaltyd, geskryf:

Dat die laaste Avondmaal deur meeste geleerdes beskou word as die Pasga maaltyd of Seder. Verskeie Pasga temas word verdiep, versterk en kry nuwe vlakke van betekenis deur gebeurtenisse in die lewe van YAHUSHUA die Messias en deur SY woorde van hierdie nag. Maar Joseph Shulam het aangedui dat dit dalk nie ‘n Seder was nie maar ‘n “se’udat-mitzvah”, ‘n feesmaaltyd wat die uitvoering van ‘n bevel vergesel, soos bv. ‘n huweliksbevestiging of ‘n b’rit-milah. Hier is die agtergrond vir sy redenasie; Nadat ‘n rabbi en sy studente klaar is met die studie van ‘n traktaat van die Talmud, vier hulle dit met ‘n “se’udat-mitzvah” (ook genoem ‘n se’udat-siyum, feesmaal van voltooïng, o.a. gradeplegtigheid). Die Vas-van-die-Eersgeborenes, wat dankbaarheid bewys vir die verlossing van die Israeliete se eersgeborene seuns, van uit die tiende plaag, was voorgeskryf vir die dag voor Pasga, die 14 de Nissan, ten minste vanaf die Mishnaïse -tye. Wanneer dit nodig is dat ‘n se’udat-mitzvah geëet moet word, geniet dit voorkeur oor ‘n vas. Met ‘n bietjie oorleg kan ‘n rabbie beplan om ‘n traktaat af te handel op 14 Nissan en sodoende kan hy ‘n vas vermy; om dit so te doen word nie beskou as kullery nie, en om die waarheid te sê het dit die norm geword. Die tradisie van die Vas-van-die-Eersgeborenes dateer minstens vanaf die Mishnaïse-tye. Maar, Shulam redeneer dat ; indien dit nog ‘n klompie eeue terug sou dateer, tot in die tyd van YAHUSHUA, en indien die si’udat-siyum gebruik in die eerste eeu toegepas was vir die afhandeling van ‘n studie, kon YAHUSHUA dalk beplan het dat HY en Sy talmidim die bestudering van ‘n boek uit die Tanakh afhandel op 14 Nissan. Of, aangesien YAHUSHUA geweet het dat HY sou sterf, kon HY dit dalk gesien het as ‘n gepaste tyd om SY dissipels se aardse “studiekurses” te voleindig met ‘n feesmaaltyd. Hierdie oplossing sou die opmerklike teenstrydigheid tussen Yochanan(Johannes) en die Samestelling van Evangelies t.o.v die tydsberekening van die Laaste Avondmaal ontbind. (verwysing: p. 77, Jewish New Testament Commentary)

In die “Companion Bible (p.1500)” se kommentaar oor Lukas 22:15, sê Bullinger dat die Laaste Avondmaal wat YAHUSHUA en SY dissipels geëet het nie die lamsvleis ete was nie, maar wel die Chagigah of fees wat dit vooraf gegaan het... Hy gaan voort deur te verduidelik ; aangesien die Here op “die dag van voorbereiding” gekruisig was, kon HY gevolglik nie van die Pasga lam, wat eers teen die aand [laatmiddag]van 14 Nissan geslag was, geëet het nie... Dus is dit duidelik dat...geen ‘Pasga lam’ geëet kon word die vorige aand tydens die ‘Laaste Avondmaal’ nie. (verwysing:p.180Appendix 156)

Geen een van die vier Evangelies noem dat ‘n lam geëet was tydens die ‘Laaste Avondmaal’ nie. Die tyd om die Pasga te slag het nog nie aangebreek nie toe YAHUSHUA en SY dissipels hulle laaste maaltyd saam geëet het.

Ter aanvulling, wys Deuteronomium 16:2, 5-6, dat die dissipels ook ‘n probleem sou hê t.o.v waar hulle ‘n Pasga lam sou slag ingeval hulle een wou doodmaak.

DEUTERONOMIUM 16: 2 “En jy moet vir Yahweh jou Elohiem as Pesag kleinvee en beeste slag, op die plek wat Yahweh sal uitkies om sy Naam daar te laat woon... 5 Jy mag die Pesag nie slag in een van jou poorte wat Yahweh jou Elohiem aan jou gee nie. 6 Maar op die plek wat Yahweh jou Elohiem sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, moet jy die Pesag slag, in die aand teen sononder, op die tyd van jou uittog [Aviv/Nissan, sien Deut.16:1] uit Mietsrayiem.” (WeG. Bybel)

YAHUVEH gee in hierdie Skrifgedeelte, deur Moses, instruksies t.o.v die geskikte plek om die Pasga te offer. Soos hier-bo aangedui, het YAHUVEH nie toegelaat dat die Israeliete die Pasga op enige plek van hul keuse kon slag nie, maar alleenlik by die plek wat HY gekies het vir SY naam. Gedurende YAHUSHUA se lewe, was die Tempel in Jerusalem die plek wat YAHUVEH gekies het vir SY Naam, en dit is waar die Jode die Pasga lammers geslag het volgens hierdie bevel.

Wanneer moes die Ware Pasga gehou word? YAHUSHUA se dissipels “sou verseker nie, in die begin van die 14 de Aviv/Nissan, in die Tempel kon ingaan met hul Pasgalam en die priesters en Leviete vra om hulle te help om hul Pasga lam te offer nie. Waarom nie? Omdat die Jode (wat gedurende daardie tyd die Tempel plegtighede beheer het) dit eenvoudig nie sou toelaat dat enige iemand, ongeveer 21 uur voordat húlle dit sou toelaat, hul Pasga lamers mag slag nie, of toesighou, oor die slagting van die Pasga lammers in die voorhof van die Tempel nie! (verwysing: p. 11,Global Church News, March-April 1996,)

YAHUSHUA en SY dissipels kon daardie aand vanselfsprekend nie ‘n Pasga lam saam met hul maaltyd geëet het nie. Die Skrif stel dit duidelik dat YAHUSHUA ons Pasga Lam was (1 Kor.5:7). Mattheus , Markus en Lukas het almal aangeteken dat YAHUSHUA tydens die negende uur gesterf het (15h00). Dit is dieselfde tyd, opgeteken deur Josephus, waartydens die slagting van die Pasga lammers plaasgevind het. YAHUSHA het die simboliek van die Pasga lammers noukeurig vervul, op die 14 de Nissan, deur SY lewe te gee op dieselfde oomblik toe daar begin was om die vlekkelose Pasga lammers te slag!

GEVOLGTREKKING

Ons kan sien dat die Samevatting van Evangelies (Mattheus, Markus en Lukas) nie die verslag van Johannes se weergawe van die “Laaste Avondmaal” weerspreek nie, wanneer dit korrek verstaan word. ‘n Noukeurige studie van al vier die Evangelies wys dat YAHUSHUA en SY dissipels nie die Pasga maaltyd geëet het nie. Daar was geen manier hoe hulle dit kon doen nie aangesien die tyd , om die Pasga lammers te slag, nog nie aangebreek het nie. Hulle het net die plek waar hulle beplan het om die Fees te hou, voorberei , deur die gis daaruit te verwyder. Daarna het hulle ‘n soort viering of voorbereidings maaltyd geëet op die aand van die 14 de Nissan. Tydens hierdie aand ete het YAHUSHUA die Nuwe Verbond simbole van brood en wyn ingestel. Na die ete het Judas Iskariot opgestaan en weggegaan om YAHUSHUA te verraai. Wanneer dit benader word met ‘n oop gemoed en met die wete dat die Skrif nie gebreek kan word nie (Johannes 10:35) kan ons al hierdie gebeure met mekaar versoen.


WAT BETEKEN “TUSSEN DIE AANDE”


(http://www.amightywind.com/passover/betweenevenings.html)

Baie onenigheid bestaan t.o.v. die gepaste tyd wanneer Pasga gevier moet word. Baie, indien nie die meeste nie, glo dat die Pasga lammers geslag was op die 14 de van die eerste Bybelse maand(wat Abib of Nissan genoem was, onthou hierdie is die einde van 13 Nissan teen sononder) direk na sononder, en dat die Pasga maaltyd later die aand van die 14 de Nissan geëet was. Hulle grond hierdie oortuiging op Eksodus 12:6:

EKSODUS 12:6 ”En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand. “[beyn ha'arbayim]. (Afrikaanse Bybel 1933 Vertaling)

Die Hebreeuse sinsnede ; beyn ha'arbayim(?????????) word hier-bo vertaal as ; “teen die aand.” Maar die letterlike vertaling van hierdie uitdrukking is; “Tussen die aande” soos die vertaling “A Literal Translation of the Bible (LTB)”, van Jay Green se Engelse weergawe van die Ou Testament lui:

EXODUS 12:6 And it shall be for you to keep until the fourteenth day of this month. And all the assembly of the congregation of Israel shall kill it between the evenings [beyn ha'arbayim]. (LTB)

(sien ook Waarheid en Getuienis Bybel: Eksodus 12:6 “En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende van hierdie maand; en die hele gemeente van die vergadering van Yiesraél moet dit slag tussen die aande”)

Meeste moderne weergawes van die Bybel vertaal beyn ha'arbayim as; “at twilight” of “at dusk” (teen die aand). Hierdie sinsnede kom 11 keer voor in die Ou Testament (Eks. 12:6; 16:12; 29:39; 29:41; 30:8; Lev. 23:5; Num. 9:3, 5, 11; 28:4, 8). Die eerste plek waar dit aangetref word, Eksodus 12:6, is ‘n verwysing na die tyd wat YAHUVEH beveel het vir die Pasga lammers om geslag te word.

Diegene wat glo dat die Pasga lammers geslag was op 14 Abib tussen sononder en totale donkerte, reken dat die eerste aand as sononder, en die tweede aand, as nag bestempel word. Maar is hierdie uitleg korrek? Verwys beyn ha'arbayim na hierdie kortstondige tydperk? Is daar enige manier om “tussen die aande” te verduidelik vanuit die Skrif?

In realiteit kom die debat oor die tydsberekening van die oorspronklike Pasga offer en maaltyd, in werklikheid neer op een vraag: Wat word bedoel deur die Hebreeuse sinsnede: beyn ha'arbayim? Watter tydperk word gedek ”tussen die aande”?

In die ou dae het die Samaritane geglo dat die tyd “tussen die aande” die tyd was tussen sononder en donker. As gevolg van hierdie oortuiging het hulle die Pasga net na sononder geoffer, met die aanvang van 14 Abib. Hulle het dan die Pasga maaltyd later op die aand van die 14 de geëet. Die Saduseers het glo dieselfde oortuigings oor Pasga gehad as die Samaritane.

Aan die ander kant het die Jode altyd “tussen die aande“ beskou as die namiddag, letterlik die tyd tussen die afname van die son na die middag (die eerste aand) tot sononder, om die dag af te sluit (die tweede aand). Dus het die groter meerderheid van die feesvierende Jode, tot en met die vernietiging van die Tweede Tempel, die Pasga geslag op die laatmiddag van 14 Abib, en die maaltyd later die aand geëet teen die begin van 15 Abib.

Daar is werklik geen rede om hierdie kwessie te debatteer nie, want die Bybel vertel vir ons duidelik wanneer “tussen die aande” is. In Eksodus 29:38-41, gee YAHUVEH vir Israel instruksies oor die daaglikse offer:

EKSODUS 29:38 “En dit is wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud lammers gereeld elke dag. 39 Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam “[hasheni]” moet jy tussen die aande “[beyn ha’arbayim]” berei, 40 met 'n tiende van 'n efah fynmeel, gemeng met 'n kwart hien uitgestampte olie, en as drankoffer 'n kwart hien wyn vir die een lam. 41 En die ander“[hasheni]” lam moet jy tussen die aande “[beyn ha’arbayim]” berei. Jy moet dit klaarmaak ooreenkomstig die môrespysoffer en ooreenkomstig die drankoffer wat daarby behoort, tot 'n lieflike geur. Dit is 'n vuuroffer aan Yahweh.” [WeG Bybel]

Alhoewel menige Afrikaanse vertalers “hasheni” vertaal as “die ander” in verse 39 en 41, sal enige goeie Hebreeuse konkordansie sê dat dit letterlik “die” (ha) “tweede” (sheni) beteken. Meeste aanvaar dat die Ewige dae reken vanaf sononder tot sononder (Lev. 23:27, 32). Die Goddelike opdrag hierbo maak dit duidelik dat die priesters elke dag twee lammers moes offer. YAHUVEH het aan Moses gesê dat die eerste lam in die oggend geoffer moes word , en die tweede lam moes geoffer word “tussen die aande” Die tweede lam, wat geslag moes word ‘tussen die aande”, moes voor sononder geslag gewees het om sodoende die tweede offer te wees vir die dag!

Indien “tussen die aande” afspeel enige tyd na sononder, sou hierdie bevel nie behoorlik deur die Israeliete uitgevoer kon word nie. Met sononder het die ou dag geëindig en die nuwe dag het begin. So onder die Samaritaanse definisie van “tussen die aande” sou die aand offer eerte gewees het en die oggend offer tweede!

Maar die Jode het korrek verstaan wat YAHUVEH bedoel het met “beyn ha'arbayim”. Volgens die welbekende Joodse historikus , Alfred Edersheim, was dit (die aand offer) gewoonlik geslag om 14:30, en geoffer omtrent 15:30 (verwysing: p. 174, updated, The Temple: Its Ministry and Services)

Die voorafgaande Skrif, alleen, behoort vir ons “tussen die aande” te verduidelik. Tog het YAHUVEH ook geïnspireer dat ‘n ander gebeurtenis opgeteken word in die agtiende hoofstuk van 1Konings, om SY eind-tyd generasie te help om te verstaan wanneer “tussen die aande” plaasvind.

Ter oorsig, het die profeet Elia gesorg dat Koning Agab, van Israel, die volk versamel het op die Berg Karmel. Hy het die volk uitgedaag deur te sê: “As YAHUVEH Elohiem is, volg HOM na” (1Kon. 18:21). Elia het daarna voorgestel dat ‘n proef gedoen word om die ware God te identifiseer. Die profete van Baäl moes ‘n bul offer as brandoffer terfwyl hulle hul god aanroep om die die offer met vuur te verteer. Kom ons lees die verhaal in 1Kon.18:26:

1 KONINGS 18:26 “En hulle het die bul wat hy hulle gegee het, geneem en dit gereedgemaak en die naam van Baäl van die môre tot die middag aangeroep en gesê: o Baäl, gee ons antwoord! Maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En hulle het rondgespring by die altaar wat hulle gemaak het. 27 En toe dit middag was, het EliYah met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos 'n Elohiem! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word. 28 En hulle het hard geroep en hulleself ooreenkomstig hul gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerf tot die bloed op hulle uitgespuit het. 29 En toe die middag verby was, het hulle begin raas tot op die tyd dat die “(evening)” voedseloffer gebring word; maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en geen reaksie nie.” (WeG)

Neem notisie van die tydsfaktor wat uitdruklik in die Skrif hierbo uiteengesit is. Die profete van Baäl het van die oggend tot die tyd van die aand voedsel offer gespandeer om ‘n antwoord te probeer kry uit hulle god. In Eksodus 29:38-41, asook Numerie 28:1-8, weet ons dat die aand voedseloffer “tussen die aande” geoffer moes word. Dus wys hierdie gedeelte dat “tussen die aande” minstens iewers na-middag moes gewees het. Nadat die profete van Baäl genoeg tyd gegun was het Elia sy beurt waargeneem op die tyd van die aand voedsel offer. Hy het YAHUVEH se altaar herstel, die bul opgesny en dit bo-op die altaar neergelê. Daarna het hy gesorg dat die mense water in ‘n sloot rondom die altaar giet en die offer drie maal deurdrenk. Kom ons hervat die verhaal in vers 36:

1 KONINGS 18:36 “En op die tyd dat hulle die “(evening)” voedseloffer bring, het die profeet EliYah nader gekom en gesê: Yahweh, Elohiem van Avraham, Yietsgak en Yiesraél, laat dit vandag bekend word dat U Elohiem in Yiesraél is, en ek u kneg, en dat ek al hierdie dinge op u woord gedoen het. 37 Antwoord my, Yahweh, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, Yahweh, Elohiem is, en dat U hulle hart tot U laat terugkeer. 38 Daarna het die vuur van Yahweh neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek. 39 En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Yahweh, Hy is Elohiem, Yahweh, Hy is Elohiem! 40 Maar EliYah sê; vir hulle: Gryp die profete van Baäl! Laat niemand van hulle vrykom nie! En hulle het hul gegryp; en EliYah het hulle afgebring na die spruit Kieshon en hulle daar geslag.” (WeG)

Die Bybel spesifiseer dat hierdie magtige wonderwerk gebeur het “op die tyd van die offer van die aand voedseloffer” (dit is, tussen die aande). Kom ons ondersoek nou die res van die storie om te sien of ons kan vassstel waneer hierdie tyd was:

1 KONINGS 18:41 “Toe sê EliYah vir Agav: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën! 42 En Agav het opgetrek om te eet en te drink; maar EliYah het op die top van die Karmel geklim en hom op die grond neergebuig en sy aangesig tussen sy knieë gesteek. 43 Daarna sê hy vir sy dienaar: Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Toe sê hy: Gaan weer – sewe maal. 44 En die sewende maal roep hy: Daar gaan ‘n wolkie soos ‘n man se hand op uit die see. Toe sê hy: Gaan op, sê vir Agav: Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie. 45 En in ‘n oogwink was die hemel swart van wolke en wind, en ‘n groot reën het gekom; en Agav het op die wa geklim en weggetrek na Yiezreél; 46 maar die hand van Yahweh was oor EliYah, sodat hy sy heupe omgord en voor Agav uit gehardloop het in die rigting na Yiezreél.”

Oor die algemeen is daar ongeveer 45-60 minute vandat die son ondergaan tot totale donkerte. Indien die Samaritaanse definisie van “beyn ha'arbayim” korrek is moes elkeen van die volgende gebeure, in fyn besonderhede beskryf in 1 Konings 18, plaasgevind het “tussen die aande” gedurende die tyd van die aand voedsel offer, ‘n periode waartydens sigbaarheid afneem:

Die herstel van YAHUVEH se altaar deur Elia (1Konings 18:30-32)

Die uitgrawing van ‘n sloot rondom die altaar wat ongeveer 5 en ‘n half galon (twee mate “seahs”) water kon hou (1Konings 18:32)

Die opstapeling van die hout op die altaar (1 Konings 18:33)

Die opsny van die offer bul en die plasing daarvan op die altaar (1Konings18:33)

Die uitgieting van vier kruike vol water bo-oor die offer en hout op drie verskillende tye (1Konings 18:33-35)

Elia se gebed aan YAHUVEH , wat tot gevolg gehad het dat vuur uit die Hemel die brandoffer verteer, asook die hout, die altaar, en die water in die sloot rondom die altaar (1 Konings 18:36-38)

Die vang van die profete van Baäl deur die volk van Israel (1Konings18:40)

Die teregstelling van die 450 profete van Baäl by die Kieshon spruit (1 Konings 18:40)

Elia se boodskap aan Koning Agab om te eet en te drink omdat reën oppad was (1 Konings 18:41)

Elia se opklim na die top van die Berg Karmel 1.600+ voet (1 Konings 18:42)

Elia wat sy dienskneg sewe verskillende kere stuur om in die rigting van die see te kyk (1Konings 18:43)

Op die sewende keer die bespeuring deur sy dienskneg van “ ‘n wolkie soos ‘n man se hand uit die see” (1 Konings 18:44)

Die hemel wat swart word as gevolg van die wolke (nie die nag nie) terwyl hewige reën begin neerstort. (1Konings 18:45)

Selfs al neem ons konserwatiewelik aan dat Elia al die voorbereidings vir die offer gedoen het (1Konings 18:30-35) voor die tyd van die aand voedsel offer, behoort logika jou te oortuig dat daar geen manier is dat die oorblywende gebeure (1 Konings 18:36-45) tussen sononder en totale donkerte kon geskied nie. Die feite van bogenoemde verhaal ondersteun eenvoudig nie die Samaritaanse interpretasie van “tussen die aande nie.”

GEVOLGTREKKING

Die Samaritaanse definisie van “beyn ha'arbayim” weerspreek baie duidelik die Bybel en moet dus verwerp word. YAHUSHUA het aan die Samaritaanse vrou by die put gesê dat die Samaritane nie weet wat hulle aanbid nie (Johannes 4:22). Maar, in dieselfde vers sê HY dat die Jode wel die GOD ken vir wie hulle aanbid. Behoort ons die Samaritane te volg in hierdie kwessie, of behoort ons die voorbeeld van die Jode te volg, aan wie die wonders van YAHUVEH toevertrou was (Romeine 3:2)?

Die antwoord behoort duidelik te wees, aan hulle wat nederig genoeg is, om hul vooropgesette oortuigings opsy te skuif en YAHUVEH op SY Woord te neem.