http://www.amightywind.com/passover/lambvsham.htm


Easter of Pasga?


Omdat Tammuz deur ‘n vark doodgemaak is, het Ishtar verkondig dat ‘n vark geëet moes word op daardie Sondag.


Salvation page


BEHOORT ‘N NUWE TESTAMENTIESE GELOWIGE “EASTER’ OF PASGA [WARE PAASFEES] TE GEDENK?

Deur Jerry Healan

Die grootmeerderheid van hulle wat die Nuwe Testamentiese Skrifte omhels asook die Messiah van daardie Nuwe Testament gedenk die “Easter” gedurende Maart of April van elke jaar. Maar ‘n minderheid gelowiges gedenk die Pasga en die Dae van Ongesuurde Brood. Wat is korrek? Wat is werklik in ooreenstemming met die Skrif?

Gedurende die waarneming van ‘Easter’ is die Skriftuurlike gebeurtenis van die opstanding van YAHUSHUA die sentrale fokus. Maar waarom word hierdie tydperk ‘Easter’ genoem en waar kom hierdie term ‘Easter’ vandaan? Die Engelse term, volgens die “Ven. Bede” (De temporum ratione, I, v), is verbind aan Estre, ‘n Teutoniese godin van die opkoms van die daglig en Lente …" (The Catholic Encyclopedia Electronic Version) sê dat die naam Easter afkomstig is van die Anglo-Saxon Eostre, ‘n godin van lig of Lente… wie se fees gevier was in April.

Volgens “The World Book Encyclopedia, p. 2088” is die naam “Easter”, net soos die dae van die week, ‘n oorblyfsel van die ou Teutoniese mithologie. Volgens die Bede (De Temp. Rat. C. xv.)

Is dit afgelei van Eostre, or Ostâra, die Anglo-Saxon godin van Lente, aan wie die maand gelykstaande aan ons eie April, genoem “Eostur-monath”, toegewy was." (Encyclopedia Britannica 14th edition, vol. 7, p. 858)” Kyk dan na “Easter”. Wat beteken die term “Easter”? Dit is nie ‘n Christelike naam nie. Dit dra die Galdese oorsprong op die voorkop. “Easter” is niks anders nie as Astarte, een van die titels van Beltis, die hemelkoningin, wie se naam, soos uitgespreek deur die mense van Nineveh, heel duidelik identies was as die wat nou in algemene gebruik is in hierdie land. Daardie naam wat gevind was deur Layard op die Assyriese monumente, is Ishtar. Die vereering van Bel en Astarte was baie vroeg voorgelê aan Britanje, saam met die Druids, die priesters van die ruigtes 'the priests of the groves'." (The Two Babylons by Alexander Hislop, p. 103) 

Verstaan julle die impak van al hierdie bewerings? “Easter” is ‘n naam wat met ‘n heidense godin geassosieer word! Dit is ‘n naam geassosieer met Teutoniese mithologie wat terug dateer na Nineveh en Babylon! Dit is die naam van die heidense hemelkoningin. 

ISHTAR 

Die naam "Easter" kom van die Babiloniese en Assiriese godin Ishtar. Die Encyclopedia Britannica sê die volgende rakende Ishtar, "...die hoof godin van Babylonieë and Assyrië, die eweknie van die Fenesiese Astarte (q.v.) Die vroegste geskrewe vorm van die naam is “Ash-dar”, ‘n Akkadiaanse weergawe van die ouer “Sumerian Innîni”, 'Lady of Heaven.' Ishtar was die Semitiese god wat geidentifiseer was met die “Sumeriese Venus” Om hierdie rede is Asdar, Ishtar, ongetwyfeld dieselfde god as the Suid Arabiese Athtar, god van die planeet Venus. In alle opsigte word dit nou algemeen erken dat die naam Semities is in sy oorsprong. Waar die naam oorspronklik vandaan gekom het is net so onbekend maar aanduidings wys na Erech, waar ons die aanbidding vind van ‘n magtige Sumeriese moeder-godin sonder enige assosiasie met ‘n manlike god, wat floreer het tydens die oudste tydperk van Babiloniese geskiedenis. Sy verskyn onder verskeie name, onder andere Nanâ, Innanna, Ninâ en Annuit. Selfs so vroeg as die Khammurabiese tydperk vind ons hierdie verskeie name wat oorspronklik verskillende godinne verteenwoordig het, alhoewel almal die eienskap van lewegewende krag het, verenig in Ishtar. Selfs wanneer die ouer name in werking is, is die bedoeling altyd die magtige moeder-godin volgens Encyclopedia Britannica. En Ishtar is die een godin in die Pantheon wat haar onafhanklike posisie behou ten spyte van en te midde van al die veranderinge wat die Babilonies-Assiriese godsdiens ondergaan. (14th edition, vol. 12, p. 707) 

Aangesien Astarte dieselfde basiese godin is, kom ons kyk wat word van haar gesê onder hierdie naam, "’n Semitiese godin waarvan die naam in die Bybel verskyn as Ashtoreth. Sy is orals, die magtige vroulike godin ook bekend as Baal van die Kanaaniete en Fenisiërs en as Dagon van die Filistyne. Sy het tempels gehad in Sidonië en Tirus (vanwaar haar aanbidding verskuif was na Carthage), en die Filistyne het haar heel waarskynlik vereer as Askelon (1 Sam. 31:10). Salomo het vir haar 'n hoogte gebou in Jerusalem wat behoue gebly het tot in die dae van koning Josiah (I Konings 11: 5; II Konings 23: 13), en die omvang van haar sekte tussen die Israeliete word net so veel bewys deur die vele Bybelse verwysings as die gereelde opduik van afbeeldings van die godin in Palestina. Die Moabiete het 'n saamgestelde god, Astar-Chemosh, gevorm en die afwesigheid van die vroulike beëindiging kom as sulks ook voor in die Babiloniese en Assiriese vorm “Ishtar”. Maar die ou Suid Assiriese ekwivalent 'Athtar' 'n manlike god is. Nog 'n samestelling, behoorlik van gemengde geslag, verskyn in die Aramese Atergatis ('At[t]ar-'athe), vereenvoudig na Derketo, wat spesifiek geassosieer word met heilige baddens en visse. (Ascalon, Hierapolis-Mabog). 

As ‘magtige godin van die natuur’ is vrugbaarheid en voortplanting as karaktereienskappe aan haar toegeken, asook die begeleidende onsterflikheid wat oorspronklik, waarskynlik, niks meer was as primitiewe toordery nie. As ‘beskermvrou’ van die jagtog, was latere vereenselwing met Artemis, onvermydelik.
Daarvandaan die gereelde samesmelting met
Aphrodite, Artemis, Diana, Juno en Venus, en die aksies en reaksie van die een teenoor die ander in mites en legendes. Haar ster was die planeet Venus en klassieke skrywers gee aan haar die bynaam van Saelestis en Urania. Robertson Smith beweer dat Astarte oorspronklik 'n skaap-godin was, en hy verwys na die interessante gebruik van 'Astartes van die kudde' (Deut. 7: 13) om die oorsprong aan te dui. Vir nomads, was Astarte dalk wel 'n skaap godin, maar hierdie was nie haar enigste vorm nie-indien wel haar eerste vorm, soos dit duidelik is van die ‘heilige’ vis van Atargatis, die duiwe van Ashkelon (en die Finesiese heiligdom van Eryx), en die bok of boksoort van die godin van liefde (geassosieer met die Arabiese Athtar) - volgens Encyclopedia Britannica, 14th Edition, Vol. 2, pp. 570-571

AANBIDDING VAN ANDER Elohim 

Ishtar of Easter was ekwivalent aan Astaroth, Ashtoreth en Astarte. Kom ons kyk wat die Woord van YAHUVEH sê oor aanbidding van hierdie heidense gode,

11 En die kinders van Yiesraél het gedoen wat verkeerd was in die oë van Yahweh: hulle het die Baáls gedien 12 en Yahweh, die Elohim van hulle vaders, verlaat wat hulle uit Mietsrayiem uitgelei het, en hulle het agter ander magtiges aan geloop, van die magtiges van die volke wat rondom hulle was, en hulle daarvoor neergebuig en Yahweh geterg. 13 Maar toe hulle Yahweh verlaat en die Baál en die Ashterot dien...” (Rigters 2:11 - 13)


En die kinders van Yiesraél het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van Yahweh, en hulle het die Baáls en die Ashterot gedien, en die magtiges van Aram en die magtiges van Tsiedon en die magtiges van Moáv en die magtiges van die kinders van Ammon en die magtiges van die Pelieshtyne, en hulle het Yahweh verlaat en Hom nie gedien nie.” (Rigters 10:6)

Let wel!! Die aanbidding van Baal en Ashtaroth (Ishtar) het te doen met die aanbidding van al die heidense gode van die ander nasies. Is dit nie die kern van die idee wat ons kry wanneer ons die artikels, in die Ensiklopedia, ens. lees nie? Daar word gevind dat Ishtar ekwivalent is aan al die ander godinne en sekere manlike gode. 

Wanneer die gode van ander nasies gedien word, word, 
YAHUVEH verlaat en nie gedien nie. Dit is ook die pleeg van boosheid in die oë van YAHUVEH.

1 En koning Shelomoh het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moávitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Tsiedoniese, Getitiese - 2 uit die nasies waarvan Yahweh aan die kinders van Yiesraél gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle magtiges aan - Shelomoh het hulle met liefde aangehang. 3 En hy het sewe honderd vroue, vorstinne, gehad, en drie honderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het. 4 En in die tyd van Shelomoh se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander magtiges aan, sodat sy hart nie volkome met Yahweh sy Elohim was soos die hart van sy vader Dawied nie. 5 En Shelomoh het agter Ashtoret, die magtige van die Tsiedoniërs, en agter Mielkom, die verfoeisel van die Ammoniete, aan geloop. 6 So het Shelomoh dan gedoen wat verkeerd was in die oë van Yahweh en nie volgehou om Yahweh te volg soos sy vader Dawied nie. 7 Toe het Shelomoh 'n hoogte gebou op die berg wat oostelik van Yerushalayiem lê, vir Kemosh, die verfoeisel van die Moáviete, en vir Molog, die verfoeisel van die kinders van Ammon. 8 En so het hy gedoen vir al sy uitlandse vroue wat rook laat opgaan het en geoffer het aan hulle magtiges. (Waarheid en Getuienis Bybel vertaling) (1 Kon. 11:1 – 8)


Selfs die magtige koning Salomo het ten prooi geval van aanbidding tot hierdie vreemde heidense gode. Hy het nie meer sy
Elohim YAHUVEH gedien nie, maar het die gode gedien van ander nasies. Sulke aanbidding word bestempel as gruwels vir YAHUVEH. Dit laat SY woede opvlam. Keer op keer het HY Israel verkoop aan hul vyande as gevolg van hul aanbidding tot hierdie verbode gode.

DIE HEMELKONINGIN

Ishtar was ook bekend as die heidense "Vrou of Hemelkoningin." 

(Die RUACH ha KODESH ook genoem IMMAYAH of MOMMA WYSHEID is Die Ware HEMELKONINGIN. Lees Profesie
 89 en 90 vir bewyse.) 

Jer. 7:17-19 “Sien jy nie wat hulle in die stede van Yehudah en op die strate van Yerushalayiem doen nie? 18 Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander magtiges drankoffers uit te giet om My te terg. 19 Terg hulle My? Sê Yahweh. Doen hulle dit nie aan hulleself tot beskaming van hul aangesig nie?”

Alexander Hislop sê die volgende: “hot cross buns” van Goeie Vrydag, en die gekleurde eiers van Pasch of “Easter” Sondag, gekenmerkend was in die Galdese plegtighede net soos nou die geval is. Dat die koeke of 'buns' gebruik was in die aanbidding van die hemelkoningin, die godin “Easter”, vanaf die vroë dae van Cecrops, die stigter van Athene—dit is, 1500 jaar voor die Christen tydperk. 'One species of sacred bred,' sê Bryant, was aan die gode geoffer, en was van groot waarde, en was genoem 'Boun'. Diogenes Laertius, beskryf die hoof bestanddele waarvan dit gemaak was terwyl hy praat van hierdie offers wat Empedocles gebring het op die volgende wyse: Hy het een van die heilige koeke, wat ‘Boun’ genoem word, gemaak van fyn meel en heuning, geoffer. (verwysing-The Two Babylons, pp. 107-108) 

Jer. 44:15-27. “En al die manne wat geweet het dat hulle vroue vir ander magtiges rook laat opgaan, en al die vroue wat daar staan, ‘n groot skare, en die hele volk wat in Mietsrayiem, in Patros gewoon het, het YermeYahu geantwoord en gesê: 16 Aangaande die woord wat u ons in die Naam van Yahweh verkondig het – ons sal na u nie luister nie. 17 Maar ons sal stellig alles doen wat uit ons mond uitgegaan het – om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet soos ons gedoen het, ons en ons vaders, ons konings en ons heersers, in die stede van ehuehuYehudah en op die strate van Yerushalayiem; toe is ons met brood versadig en was voorspoedig, en ons het geen rampspoed gesien nie. 18 Maar vandat ons opgehou het om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet, het ons aan alles gebrek gehad en het ons deur die swaard en die hongersnood omgekom. 19 En as ons vir die hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drankoffers uitgiet – is dit dan sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld en drankoffers vir haar uitgiet? 20 Toe het YermeYahu gepraat met die hele volk, met die manne en die vroue en die hele volk wat hom antwoord gegee het, en gesê: 21 Aan die offerrook wat julle laat opgaan het in die stede van Yehudah en op die strate van Yerushalayiem, julle en julle vaders, julle konings en julle heersers en die volk van die land – het Yahweh daaraan nie gedink nie en het dit nie in sy hart opgekom nie? 22 sodat Yahweh dit nie langer kon verdra weens die boosheid van julle handelin ge, weens die gruwels wat julle bedryf het nie. So het julle land dan ‘n puinhoop geword en ‘n voorwerp van verbasing en van vervloeking, sonder inwoners, soos dit vandag is; 23 omdat julle rook laat opgaan het en teen Yahweh gesondig en nie na die stem van Yahweh geluister het nie en in sy Torah en in sy insettinge en in sy getuienisse nie gewandel het nie; daarom het hierdie rampspoed oor julle gekom soos dit vandag is. 24 Verder het YermeYahu aan die hele volk en al die vroue gesê:” Hoor die woord van Yahweh, o hele Yehudah wat in Mietsrayiem is! 25 So sê Yahweh van die leërskare, die Elohim van Yiesrael, en sê: Julle en julle vroue, julle het dan met julle mond gepraat en dit met julle hande in vervulling laat gaan, terwyl julle sê: Ons sal ons geloftes wat ons gedoen het, stellig hou om rook te laat opgaan vir die hemelkoningin en vir haar drankoffers uit te giet – bevestig dan nou maar julle geloftes, ja, hou nou maar julle geloftes! 26 Daarom, hoor die woord van Yahweh, o hele Yehudah wat in Mietsrayiem woon! Kyk, Ek sweer by my grote Naam, sê Yahweh: Nooit sal my Naam meer aangeroep word deur die mond van enige man van Yehudah in die hele Mietsrayiem nie, met die woorde: So waar as die Meester Yahweh leef! 27 Kyk, Ek is wakker oor hulle ten kwade en nie ten goede nie; en al die manne van Yehudah wat in Mietsrayiem is, sal deur die swaard en die hongersnood omkom, totdat dit met hulle gedaan is.”

Waarom het die Joodse mense so baie gely deur al die eeue heen? Waarom ly hulle steeds vandag nog so baie? Waarom is die Naam van hul
Elohim uit hul monde weggeneem? Maar hulle is nie die enigstes wat gely het oor die jare nie. Hulle was nie die enigstes van wie die Naam van hul SKEPPER, YAHUVEH, weggeneem was uit hul monde nie. Hulle is nie die enigstes wat teruggeaan het na Egipte nie. Daar is baie groepe en bewegings wat vandag bestaan, wat kan bewys dat die Anglo-Saksiese, Keltiese mense afgestam het van die tien noordelike stamme van Israel. Beide Israel en Juda was uitgedryf uit die beloofde land van Kanaan omdat hulle teruggedraai het na die gode van Egipte en ook na die Elohim van die nasies rond-om hulle.


“Easter”, die godin van die Germane, is niemand anders nie as Ishtar, die heidense hemelkoningin! Die afstammelinge van Israel is steeds hopeloos vasgevang in die aanbidding van heidense gode van die nasies wat rond-om hulle was.
YAHUVEH hulle SKEPPER en Elohim word steeds nie gedien nie. Dink julle dat SY houding van woede en wraak verander het? Belowe HY nie om SY wraak uit te giet in die eindtye, op die nasies nie?  “Omdat Tammuz deur ‘n vark doodgemaak was het Ishtar verkondig dat ‘n vark geëet moes word op daardie Sondag”

Rom. 8:18 18  “Want die toorn van Elohim word van die hemel af geopenbaar oor al die afvalligheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk” Waarom sal HY dit doen ?

Rom.1: 19-23  “omdat wat van Elohim geken kan word, in hulle openbaar is, want Elohim het dit aan hulle geopenbaar. 20  Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en almag, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; 21  omdat hulle, alhoewel hulle Elohim geken het, Hom nie as Elohim lof toegebring of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. 22  Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword 23  en die majesteit van die onverganklike Elohim verander in die gelykvormigheid van die beeld van 'n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.” As gevolg van afgode en Israel, Juda en die wêreld se onbekeerde gesindheid!


EIERS EN HASIES

(Simrock, Mythologie, 551). "(The Catholic Encyclopedia, Electronic version) sê dat Paasfees (Easter) gevier word met die tradisie van Paaseiers, Peter Rabbit ens. Waar het hierdie tradisie vandaan gekom? Die stuur van paaseiers het glo ontstaan met die Perse, die eiers was simbole van nuwe lewe. Om hulle rooi te kleur, simboliseer die bloed van verlossing; terwyl die ander kleure nie van spesiale belang is nie. ‘n Ander gebruik, die teenwoordigheid van die paashaas tydens die feeste, kan nagespoor word na die ou bygeloof dat hase eiers lê op die vooraand van paasfees. Hierdie bygeloof, soos bestempel deur sommige gesagte, is van Teutoniese oorsprong, en is die basis van vele kinderstories.(verwysing-The World Book Encyclopecia, article "Easter", p. 2088)

Omdat die gebruik van eiers verbode was gedurende die half-vas, was dit na die tafel gebring tydens paasfees [Easter Day] rooi gekleur om sodoende die Paas blydskap te simboliseer. Hierdie gebruik word nie alleenlik gevind in die Latynse kerke nie maar ook in die Oosterse kerke. Die simboliese betekenis, nl. die van ‘n nuwe skepping van die mens deur YAHUSHUA wat uit die dood opgestaan het, was heelwaarskynlik uit gedink later van tyd. Hierdie gebruik kan moontlik van heidense oorsprong wees omdat ‘n groot aantal heidense gebruike wat die terugkeer van Lente vier, oorleun na Paasfees[Easter] Die eier is die simbool van ontwakende lewe in die vroeë Lente. Dit word aan die kinders vertel dat die paaseiers van Rome af kom saam met die gelui van die klokke“ wat Donderdag na Rome gaan en op Saterdagoggend weer terugkeer.” Die borge gee aan hul gode-kinders paaseiers in sommige lande. Gekleurde eiers word tydens paasfees deur kinders gebruik in ‘n soort speletjie waar die sterkte van die dop getoets word. (Kraus, Real-Encyklop die, s. v. Ei). Beide gekleurde en ongekleurde eiers word gebruik, bekend as “egg picking” in sommige dele van die Verenigte State. ‘n Ander gebruik is “egg-rolling” deur kinders op Paas Maandag op die grasperk van die Withuis in Washington." volgens “The Catholic Encyclopedia” (Electronic version)

Die paashaas lê die eiers” en om hierdie ‘rede’ word die eiers versteek in ‘n nes of binne-in die tuin. Die haas is ‘n heidense simbool en was nog altyd ‘n embleem van vrugbaarheid. (Simrock, Mythologie, 551). " (The Catholic Encyclopedia, Electronic version) 

(Funk & Wagnells New Encyclopedia 1988 Edition, pp. 432-434) het die volgende te sê oor Easter:
"Easter, a Christian festival, embodies any pre-Christian traditions. The origin of its name is unknown. Scholars, however, accepting the derivation proposed by the 8th-century English scholar St. Bede, believe it probably comes from Eastre, the Anglo-Saxon name of a Teutonic goddess of spring and fertility, to whom was dedicated a month corresponding to April. Her festival was celebrated on the day of the vernal equinox; traditions associated with the festival survive in the Easter rabbit, a symbol of fertility, and in colored easter eggs, originally painted with bright colors to represent the sunlight “

The Two Babylons, pp. 109-110 sê dat die oorsprong van die paaseier net so duidelik is en dat die oeroue Druïde ‘n eier as heilige embleem van hul orde gehad het. In die Dionusus, of raaisels van Bacchus, soos gevier in Atene, het een gedeelte van die nagtelike seremonie bestaan uit die toewyding van ‘n eier. Die Hindu fabels vier hulle aardse eier wat goudkleurig is. Die mense van Japan maak hul gewyde eier brons. In China, tans, word gekleurde en geverfde eiers gebruik in toewyding-feeste, net soos in hierdie land (VSA). In antieke tye is eiers gebruik in die seremonies van die Egitenare en die Grieke, en was opgehang in hul tempels vir geheimsinnige redes. Van Egipte af kan hierdie gewyde eiers nagespoor word tot by die oewer van die Eufrat. Die klassieke digters is vol van die fabels van die geheimsinnige eier van die Babiloniërs; En so word die storie vertel deur Hyginus, die Egiptenaar, die geleerde opsigter van die Palatine biblioteek in Rome, gedurende die tyd van Augustus, wat geleerd was in alle wysheid in sy geboorte land: “‘n Eier van wonderbaarlike grootte, so word dit vertel, het in die Eufraat rivier geval uit die Hemel. Die visse het dit na die oewer gerol, waar die duiwe hul daarop gevestig het en dit uitgebroei het, en Venus het daaruit voortgekom, wat daarna die Siriese godin geword het.” – dit is Astarte. Daarom het die eier een van die simbole geword van Astarte of Easter; dieselfde in Siprus, een van die gekose trone van Venus of Astarte aanbidding, die “eier van wonderbaarlike grootte” was verteenwoordig op ’n groot skaal.

Die okkultiese betekenis van die geheimsinnige eier van Astarte, in een van sy aspekte (want dit het ‘n tweevoudige betekenis), het verwys na die ark tydens die Groot Vloed, waarin die hele mensdom bewaar was, soos wat die kuiken in die eier opgesluit is voor dit uitbroei. As enige iemand sou vra, hoe dit ooit moontlik kon wees vir mense om so ‘n ongewone simbool aan te wend vir so ‘n doel, is die antwoord eerstens; Die gewyde eier van heidense geloof is wel bekend as die aardse eier, of te wel; die eier waarin die hele wêreld opgesluit was. Die wêreld het nou twee duidelike betekenisse –dit beteken óf die materiële aarde of andersins die bewoners van die aarde. Laasgenoemde betekenis kan gesien word in Gen.11:1 “En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.” waar die bedoeling hier is dat dit so was met al die mense in die wêreld. As dit dan die siening is dat “die hele wêreld opgesluit is in ‘n eier”, en op die waters dryf, mag dit dalk nie te moeilik wees om te glo nie, maar die oorsprong van die idee van die eier wat dryf op die groot universiële see kan dalk Noag se familie wees wat die hele wêreld in sy boesem/binneste bevat het.

Dan volg die toepassing van die woord eier tot die ark: Die Hebreeuse woord vir eier is Baitz, of in die vroulike Baitza (dit kom voor in beide geslagvorm) Hierdie woord word “Baith” of “Baitha” in die Galdese en Fenesiese taal, is ook die gewone manier waarop die woord vir “huis” uitgespreek word. Die eier wat op die water dryf met die hele wêreld daarbinne, was dus die “huis” wat op die vloed waters gedryf het, met die elemente van die nuwe wêreld daar binne. Die eier wat “uit die Hemel kom” verwys duidelik na die voorbereiding van die ark deur die uitdruklike opdrag van God, en dieselfde ding blyk duidelik toegepas in die Egiptiese verhaal van die aardse eier, waaran gesê was, dat dit uit die mond van ‘n magtige god gekom het. Die duiwe wat op die eier gesit het, het geen verduideliking nodig nie. Hierdie is dan die betekenis van die geheimsinnige eier in een aspek. Maar aangesien alle goeie dinge wat voordelig is vir die mens aangebied word in die Galdese geheimenisse, terwyl dit op een of ander manier gekoppel word aan die Babiloniese godin, is die grootste seën aan die mensdom, wat die ark in sy boesem/binneste bevat het, voorgehou as Astarte, wat die magtige pedagoog en weldoener van die wêreld was. Alhoewel hierdie vergoddelikte koningin, verteenwoordig deur Astarte, nie enige ware bestaan gehad het tot en met etlike eeue na die vloed nie, tog deur middel van die lering van “metempsychosis” wat stewig gegrond was in Babilon, was dit maklik om haar aanbidders te laat glo dat sy, in ‘n vorige inkarnasie, geleef in die wêreld voor die vloed, en veilig deur die vloedwaters beweeg het. Die Roomse Kerk het hierdie geheinsinige eier van Astarte aangeneem en dit toegewy as ‘n simbool van Christus se opstanding.’n Soort gebed was selfs ingestel om gebruik te word in verband daarmee, pope Paul V het sy bygelowige aanhangers geleer om so te bid tydens Easter: “‘Bless, O Lord, we beseech thee, this thy creature of eggs, that it may become a wholesome sustenance unto thy servants, eating it in remembrance of our Lord Jesus Christ.” Verwysing- The Two Babylons, pp. 109-110

Daar het julle dit! Die belydenis van die Roomse Kerk asook sekulêre studente is dat die hase en eiers wat geassosieer word met Easter direk afkomstig is van heidense gebruike. Dit is verbasend dat die twee mees belangrike feesvierings van Christendom (Kersfees en paasfees) nie alleenlik geassosieer word met afgode nie maar ook onderhou word met behulp van leuens! Die feit van die saak is dat YAHUSHUA nie gebore was op 25 Desember nie. Dit is ook ‘n feit dat daar nie so iets is as Kersvader nie. Die feit is dat Paasfees [Easter] geassosieer word met heidense gebruike en afgode! Die feit is dat YAHUSHUA NIE opgewek was op Sondag”Paas-oggend” nie, (lees asb YAHUSHUA Rose from the dead on the True Sabbath Saturday') Die ander blatante leuen is dat hase eiers lê.

Skandelik dat ouers voortgaan met tradisionele leuens aan hul kinders. Wanneer ouers hul kinders grootmaak en genot daaruit put om vir hulle leuens te vertel, selfs al lyk dit net soos pret en ‘die regte ding om te doen’ (is leuens steeds verkeerd) en die gevolg is dat kinders wat groot word in ‘n wêreld van leuens, voel altyd dat daar van hulle verwag word om te lieg en hulle regverdig hulself sodoende.

ISHTAR EN TAMMUZ 

YAHUVEH het vir Ezekiel in ‘n visioen na Jerusalem geneem om vir hom gruwels te wys wat daar gebeur. (Ezegiël 8:1-12) Esegiël skryf, “En Hy sê vir my: Jy sal nog ander groot gruwels sien wat hulle doen. 14  Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van Yahweh, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammuz beween.” Eseg. 8:13-14. 13


Die legende lui dat: Ishtar en Tammuz baie nou verwant was in die heidendom: Encyclopedia Britannica onthul, Aphrodite - bekend as die Griekse godin van liefde en skoonheid, die eweknie van die Romeinse Venus. Alhoewel haar miete en sekte hoofsaaklik Semeties was, was sy spoedig Grieks en was sy opgeneem in ‘n plek onder die gode van Olympus…Tussen die Semetiese mense (met die merkbare uitsondering van die Hebreërs) was sy ‘n verhewe vroulike godheid aanbid onder vele name – die Assiriese
Ishtar, die Fenesiese Ashteroth (Asterte), die Siriese Artagatis (Derketo) die Babiloniese Belit *Mylitta), die Arabiese Ilat(Aliat)… Sy is verbind met die onderwêreld; en was beskou as een van die gode daar. Dus daal Ishtar af na die koningkryk van Ilat die koningin van die dode, om uit te vind hoe om haar gunsteling Tammuz (Adon, Adonis) terug te bring uit die dood.Tydens haar verblyf, het alle dierlike-en-gewasvoortplanting opgehou, om weer voort te gaan met haar terugkoms na die aarde. Hierdie legende , wat nouliks ooreenstem met die van Persephone, wys heelwaarskynlik heen na die verdorring van plante tydens die winter en die ontwaking van die natuur in die Lente - volgens Encyclopedia Britannica (14th edition, vol. 2, pp. 97-98) 

Die Encyclopedia Britannica het die volgende te sê oor Tammuz: "...Sumeriese, Babiloniese en Assiriese god, wat jaarliks gesterf en weer verrys het saam met die sterwende en ontwakende plantegroei, oorspronklik Dumuzi, ‘die son wat opkom’ en voortkom uit die onderwêreld, maar oor die algemeen beskou word as die ‘getroue son’ Taalkundig is beide interpretasies korrek, en geen Akkadiese kommentaar bestaan om te verduidelik watter betekenis deur hulle aanvaar was nie. Die interpretasie van: die son wat opkom’, ‘die opgewekte kind’ wat in hierdie artikel aanvaar word, is nuut en verskil van alle sienings in die standaard bedrywighede van die sekte. Maar dit is duidelik dat die vernaamste van hierdie sekte die opwekking is van die sterwende god en die werkwoord “zi” staan vir die kern van “zig” om op te kom, nie “zit” wat getrou beteken nie. (s. Langdon, Sumerian Liturgies and Psalms, p. 287, 17, ušubba-za uziga-za, 'In thy fall and in thy resurrection.')

Daar is baie titels van hierdie jeugdige god, wat deur sy suster bemin word, die godin van hemel en aarde, Innini (Ishtar), wat jaarliks afdaal na Aralu (die onderwêreld) ten tye van sy dood om hom terug te bring in haar boesem…Die seremoniële weeklaag vir Tammuz tydens sy verblyf in Aralu is talryk en beskryf elke aspek van die teologiese leringe oor hom. Hulle is altyd gekomponeer in Sumeries, selde met interliniêre Akkadiese vertaling…Hy word beskryf as die herder wat sy kudde verlaat omdat die herders in die weiveld sit en weeklaag vir Tammuz…Daar is ‘n vreemde teenstrydigheid in hierdie gesange en weeklaag in verband met die verwantskap van die moeder godin tot haar minaar, Tammuz. In die vroë Sumeriese skrifte is sy sy suster, maar spoedig oorheers die siening dat sy sy moeder is. Hierdie twee teorië verskyn teenstrydig regdeur die hele geskiedenis van die sekte. Hy is egter altyd die eggenoot en minnaar van die andersins konsekwent beskrywende maagdelike godin van liefde, Innini, Gestianna, Bêlit-sêri(koningin van die veld van die onderwêreld) en die kult is spesifiek geassosieer met die groot stad Erech, tuiste van die sekte van Anu, die hemelgod, en Innini…Geen groot tempel was vir hom gebou nie en die min verwysings na ‘n tempel van Tammuz by Umma, Ur, Lagash, Agade, verwys duidelik na altare in die tempels van die plaaslike gode voorbehou vir die weeklaag en geheimsinnige seremonies van die sekte. Aanbidding van Tammuz strek ver verby die lande as dit waartoe Sumeriese geloof hoofsaaklik beperk was. Esegiël beskryf dit as stewig gevestig in Jerusalem in die tyd, dit word genoem in die Christen tydperk in Mandean en Siriese literatuur, het oorleef tussen die Sabeans en Harran tot so laat soos die middel eeue. By Byblus in Sirië, was hy geassosieer met die Wes Simetiese god Adonis…hy was voorgehou as ‘n god van genesing skenker van gesondheid en een wat soos alle ander gode mag gehad het oor die demone.

Dit is duidelik dat ‘n sekte gebasseer op die dood en opstanding van ‘n versoenende god, en op die liefde van ‘n goddelike moeder wat treur vir haar seun, direkte veband hou met die feite en teologiese sienings gebaseer hierop, wat geboorte gegee het aan Christenskap. Maar die vorm van die sekte wat waarskynlik die oorsprong van Christenskap mees direk geaffekteer het is dat Marduk van Babilonië geassosieer was met Tammuz. Tydens die “Nissan” of nuwe jaars fees in Babilon, was vertel dat Bêl (Marduk) gevange gehou was in die onderwêreld, en ‘n priester(es) treur by sy graf. ‘n Kwaaddoener was om die lewe gebring saam met Bêl en saam het hulle afgedaal na die land van duisternis. Beltis, sy vrou, daal na die hel om hom te soek, en Bel se klere word gegee aan Ishtar (die moeder van Tammuz) Bel was neergelê in ‘n graf waarvandaan hy spoedig te voorskyn kom.” (verwysing-14th edition, vol. 21, pp. 776-777)

Let op na die treurmare wat plaasgevind het vir ‘n tydperk van 40 dae (elders aan die lig gebring) dit was toegepas op die Christen geloof as die 40 dae van ‘n half-vas. Dit was die treursange wat plaasgevind het in Jerusalem toe Esegiël daarheen geneem was in ‘n visie.

Ishtar (uitgespeek as Easter) en Tammuz hou naby verband met mekaar! Sy was sy suster, vrou, moeder, ens. Die hedendaagse Christen Paasfees met paaseiers, paashaas ens. is direk geneem uit heidense gelowe.

DIENSTE MET SONOP: 

Ezekiel gaan voort, 8:15-16. “En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, seun van Adam? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien. 16 Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van Yahweh; en kyk, by die ingang van die tempel van Yahweh, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hulle rug na die tempel van Yahweh en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste.”

Dis niks anders nie as Easter (Ishtar) sonop-dienste nie! Hierdie heidense plegtighede is die plegtighede van aarde-en-plantegroei aanbidding. Ishtar was die godin van Lente. Lente is wanneer die aarde ontwaak tot lewe na die dood van die Winter. Ishtar, soos Persephone, was ‘n godin wat in die onderwêreld was vir 6 maande en in die bo-wêreld vir ses maande.

Die verdorring van plantegroei tydens Herfs was ‘n vorm van die dood van Tammuz. Hy het na die onderwêreld gegaan vir 6 maande (herfs of winter) Ishtar het na die onderwêreld afgedaal om hom terug te bring na die bo-wêreld op ‘n bepaalde dag in die lente (gewoonlik in April) die godin sou dan terugkeer met Tammuz by haar. Dit was verteenwoordig deur die sonopkoms van daardie spesifieke dag! Daar was vele blydskap en feesviering onder die mense terwyl hulle die terugkeer van Lente asook die terugkeer van hul heidense godin Ishtar en heidense god Tammuz, gevier het.

Hedendaagse Christenskap is mislei om die heidense gebruike te volg in plaas van die Woord van YAHUVEH. (Hierdie feit is erken deur “the Encyclopedia Britannica's article on Tammuz.”)

Die vraag is; Is dit geoorloof om die (Easter) Paasdiens tydens sonop te herdenk vir die Ware Messias, die opgestane YAHUSHUA? Is dit moontlik vir heidense gebruike en die aanbidding van die Ware Skepper om hand aan hand te gaan? Die antwoord word gevind in die Boek van Handelinge (natuurlik word dit gevind reg deur die Skrif)


YAHUVEH het vir Esegiël gevra, Eseg.. 8:17-18.” En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, seun van Adam? Is dit dan vir die huis van Yehudah te gering om die gruwels te doen wat hulle hier bedryf, dat hulle die land met geweld gevul en My nog meer getart het? En kyk hoe hulle die druiwetak by hulle neus hou! 18 Daarom sal Ek ook in gramskap handel; my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; en al roep hulle hardop voor my ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister nie.”

Dit het met die Joodse mense gebeur! Dit het eintlik twee maal gebeur en sal ‘n derde maal gebeur volgens die Skrifte. Maar dit gaan ook met die nie-Joodse wêreld gebeur! Paulus skryf dat YAHUVEH eerstens SY woede uitstort op die Jood en dan op die heidene.(Rom.2:9) YAHUVEH se woede gaan neerkom op ‘n wêreld wat so betrokke is in afgode soos Israel en Juda was en steeds tans is! 

DIANA/ ARTEMIS

Die naam Diana was te siene in een van die uittreksels en verwys slegs na nog ‘n naam vir Ishtar. Ons het ‘n insident van ‘n konfrontasie tussen die aanbidders van Diana(Artemis) en die Nuwe Testamentiese vergadering in die boek van Handelinge 19.23-27.  “En omtrent hierdie tyd het daar geen klein opskudding met betrekking tot die Weg ontstaan nie. 24 Want iemand met die naam van Demetrius, 'n silwersmid, maker van silwertempeltjies van Artemis, het 'n aansienlike verdienste aan die ambagsmanne verskaf. 25 En toe hy hulle en die werkers in daardie soort bedryf bymekaargeroep het, sê hy: Manne, julle weet dat ons welvaart uit hierdie verdienste is, 26 en julle sien en hoor dat nie alleen in Efese nie, maar byna in die hele Asië hierdie Shaúl 'n aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen magtiges is wat met hande gemaak word nie. 27 Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot magtige, Artemis as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië ja, die wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan.”


Wie is dit wat verheug is in die voorgehoue waarneming van heidense feeste? Dit is die handelaars natuurlik! Die handelaars van die wêreld word grootliks verryk deur die waarneming van heidense feeste. As mense die waarheid sou volg, sou die waarneming van heidense feeste heeltemal omvergewerp wees en vernietig word. Die handelaars sou hulle deure moes sluit as gevolg van ‘n gebrek aan verkope.Wanneer magtige Babilon val sal die handelaars treur en weeklaag oor haar omdat niemand meer hul ware koop nie. (Openb. 18:11).

Die Boek van Openbaring staaf dat nie alleenlik die handelaars sal treur nie maar ook die konings (leiers) van die aarde. (Openb. 18:9).Dit is die handelaars en leiers van hierdie wêreld wat voortdurend heidense Babilon propageer. Waarom? Want hulle kan gerieflik leef deur die magtige krag en rykdom wat deur die sisteem gegenereer word.

Wanneer die Nuwe Testamentiese Gemeente besig was met hul werk om die Waarheid en die Koningkryk van YAHUVEH te publiseer, was die posisie van die wêreldleiers en handelaars bedreig. So ook die posisie van die heidense priesterskappe. Hulle tempels en vals Elohim was omvergegooi en vernietig. Hier is Nuwe Testamentiese bewys dat heidense gebruike en die Weg van YAHUVEH nie gekombineer mag word nie, hulle mag nie vermeng nie! Die volle Waarheid sal mense wegdraai van die heidense gebruike van hierdie wêreld ten gunste van die onderhouding van die Skrifte.

Die handelaars, leiers en heidense priesters van hierdie wêreld verheug hulle in die viering van 1 Januarie (Nuwejaarsdag) Valentynsdag, Paasfees, Halloween, Thanksgiving, Kersfees en Sondagaanbidding. Hierdie is almal onskriftuurlike onderhoudings! Maar die onderhouding van hierdie dae bewerk vir hulle mag en rykdom. Daarom is hul net soos Dimitrius die silwersmid en die vakmanne en handelaars van daardie dag.

DIE BEELD WAT NEERGEDAAL HET


Handelinge 19:35 sê: “ Maar die stadsklerk het die skare tot bedaring gebring en gesê: Efesiërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Efesiërs die tempelbewaarder is van die groot magtige, Artemis en van die beeld wat uit die hemel geval het nie?”

Die interessantse van hierdie stelling “die beeld wat neergeval het van Jupiter (KJV)...” is dat dit vertaal is vanaf die Griekse woord diopetes (Diopetou/j). Strong's Exhaustive Concordance onthul dat hierdie Griekse woord diopetes vertaal is uit twee ander Griekse woorde. Die eerste woord is: #2203- Zeuj Zeus dzyooce; agtervoegsel is onseker; indirek word daar eerder gebruik gemaak van die naam (en waarskynlike oorsprong) Dij, Dis, deece; Zeus of Dis (onder die Latyne bekend as, Jupiter of Liefde), die vernaamste god van die Grieke.

Die tweede woord is: #4098 piptw pipto, pip'-to, wat verduidelik kan word as: verwant aan 4072 die idee van afkom of landing; om te val (letterlik of figuurlik). 

Die “Encyclopedia Britannica”, 14de uitgawe het hierdie te sê omtrent Zeus die Griekse eweknie is van die Romeinse god Jupiter...en om die Homeriese Zeus te waardeer moet ons die laer mistieke mitologiese aspek van homon onderskei, waarin hy voorkom as ‘n verliefde en wispelturige god, dikwels met ‘n gebrek aan waardigheid en ware mag asook die hoër godsdienstige aspek waarvolgens hy waargeneem word as die algehele-vader. Om die waarheid te sê het latere Griekse godsdiens nie bo die hoë Homeriese watermerk gestyg nie, alhoewel die digters en filosowe wel sekere eerbare kenmerke opgediep het. Maar ons weet teen die tyd dat Homer ‘n relatiewe nuwe getuie in dié verband is. Tog het spore van oer-gode en animistiese tydperke hier en daar oorleef b.v. In
Arkadië vind ons dat donderweer Zeus genoem word (Zeuj Keraunos) Volgens‘n Mantineaanse inskrywing, en die rots naby Gythium in Lakonië, “waarop Orestes gesit het toe hy genees was van sy kranksinnigheid, heel duidelik ‘n donder-klip genaamd Zeuj kappwtaj, wat verstaan word as “Zeus that fell from heaven" (Pausan iii. Ww. I.); kan ons hier waarneem dat die god nie persoonlik afkomstig is van die goddelike ding of goddelike verskynsel nie...Hy is die gees van die wêreld, die wet van die heelal, die universiele redenasie, en alle ander gode is slegs gedeeltelike manifestasies van hom” (cf. Diog. Laert. vii. 147). Soos ons ook kan sien uit die gesang van of Cleanthes (frase 48), en van die aanhaling daarvan deur van St. Paul's (Acts xvii., 28—Arat., phaen. 5),was hy deur die Stoics waargeneem as die vader van die mensdom...who 'alone of mortal things that live and move upon the earth' were created in his image." (vol. 23, pp. 948-949)

Is dit nie interessant nie dat Diana, Artemis, Ishtar, ens. geassosieer kan word met ‘n god wat uit die hemel geval het!

Volgens “International Standard Bible Dictionary” is die Griekse woord diopetes: “Heilige Steen”. Griekse diopetes (letterlik – uit die lug geval; sien Bauer, rev., p. 199) en word deur die RSV voorgehou as die heilige rots wat uit die lug geval het. (cf. AV 'image which fell down from Jupiter'; NEB 'symbol...which fell from heaven'). En dat dit heelwwaarskynlik ‘n meteoriet is wat aanbid was as ‘n afbeelding van Artimis. Vir ander voorbeelde van meteoriete wat vereer word as beelde van gode of godinne, sien F. F. Bruce, Acts of the Apostles” (2nd. ed. 1952, repr. 1970), p. 367. 

Om my punt te staaf, wie was dit wat “uit die hemel geval het”
YAHUSHUA het gesê: “Ek het satan sien val uit die Hemel soos weerlig” Luk. 10:18. 

DIE GEVALLE EEN

Wanneer het hierdie gebeurtenis plaasgevind? Dit moes voor die vloed gebeur het! Ons weet dat die slang, satan, in die tuin van Eden was. Die profeet Esegiël was geïnspireer om die volgende te skryf: “

Eseg. 28:12-19. “Seun van Adam, hef 'n klaaglied aan oor die koning van Tsor, en sê vir hom: So sê die Meester Yahweh: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid. 13 Jy was in Eden, die tuin van Elohim; allerlei edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, grisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei. 14 Jy was 'n gerub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op 'n afgesonderde berg; 'n Elohim was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. 15 Jy was volkome in jou weë; van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. 16 Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onafgesonderde van die berg vir magtiges weggedryf, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gerub wat beskut! 17Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien. 18 Weens die oorvloed van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou afgesonderde plekke ontwy; daarom het Ek 'n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het. 19 Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het 'n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.”

Let wel dat hierdie wese ‘n gerub is. ‘n Gerubs is engelwesens met vlerke. Hierdie wese was in die tuin van Eden. Die enigste individue, waarvan gepraat word, in die tuin was Adam, Eva,
YAHUVEH en die slang. YAHUVEH inspireer Esegiël om te skryf teen die gerub so dit kan onmoontlik nie HYSELF wees nie. Adam en Eva was beide oorlede teen die tyd dat Esegiël geleef het, so waarom sou die profesie oor hulle wees? Daar is net een ander wese genoem en dit is die slang.

Die slang is steeds hier teen die tyd van die einde soos onthul in die Boek van Openbaring: “

Openb.12:9. “En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en die Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy boodskappers is saam met hom neergewerp.”

Let daarop dat hierdie wese perfek was op die dag toe hy geskep was, maar verderwing het ingetree as gevolg van sy skooneid. YAHUVEH praat van sy heiligdomme. Die woord kom van die Hebreeuse woord "vdqm / miqdash" wat vertaal kan word as Heilige plek(ke) of selfs Heilighede.

Dit is duidelik dat satan ten minste een maal van tevore uit die Hemel gewerp was en miskien selfs meer as een maal. Dit blyk dat hy, nadat hy uitgewerp was, weer deur sy sluheid daarin slaag om te herreis en homself weereens te verhoog tot die Hemel. Hoe kry hy dit reg? Deur die mens en engele ens. te mislei om hom te dien en te aanbid. Hoe kan hy die mens so maklik verlei? Het hy nie vir Eva vinnig verlei in die tuin van Eden nie? Is die mens nie mislei deur die verskillende heidense godsdienste van die wêreld nie? En ja, wat van Diana, Artemis, Aphrodite, die Hemelkoningin, Ishtar en Easter? Wat van Zeus, Jupiter, Baal, Bel, ens.? hy is in staat om die mens te verlei want die mens draai sy oë weg van die waarheid en fokus op mites, fabels, leuens en valsheid. Wat van jou? Het jy geval vir hierdie subtiele misleiding?


DIE PASGA

Die The Encyclopedia Britannica erken dat daar, in die Nuwe Testament, geen waarneming van die fees van “Easter”is nie, ook nie in die skrywe van die apostoliese vaders nie. Die heiligheid van spesiale geleenthede was ‘n idee wat afwesig was in die gedagtes van die eerste Christene wat voortgegaan het om die Joodse feeste te herdenk alhoewel in ‘n nuwe gees, as herinnering van gebeure wat hierdie feeste weerspieël het. (sien The Encyclopedia Britannica 14th edition, vol. 7, p. 859)

Dit is absoluut korrek! Die Apostels was beveel om die Pasga te gedenk. Paulus het geskryf: “
1 Kor. 5:7-8. “Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees - soos julle inderdaad ongesuurd is -
want ook ons Pesaglam is vir ons geslag, naamlik die Messias. 8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die Ongesuurde Brode van reinheid en waarheid.”

YAHUVEH het Israel oorspronklik verlos uit Egipte deur die offer van die paaslam. Die bloed van die lam moes op die deurposte (sykante en bokant) van die huis wees anders sou die doods-engel inkom en alle eersgeborenes vernietig. (Ex. 12:6-13) “En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Yiesraël moet dit slag tussen die aande. 7 En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet. 8 En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle dit met bitter kruie eet. 9 Julle moet daarvan nie eet as dit rou is en as dit in water gaar gekook is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en pootjies saam met die binnegoed. 10 Julle mag daar ook niks van laat oorbly tot die môre toe nie; maar wat daarvan tot die môre oorbly, moet julle met vuur verbrand. 11 En so moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. 'n Pesag van Yahweh is dit. 12 Want Ek sal in hierdie nag deur Mietsrayiem trek en al die eersgeborenes in Mietsrayiem tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal veroordelings uitdeel aan al die magtiges van Mietsrayiem, Ek, Yahweh. 13 Maar die bloed sal vir julle 'n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Mietsrayiem tref nie.”

Op die vooraand van die dood van YAHUSHUA het HY die gebruik van die lam-offer, wat nog altyd SY dood voorgestel het, vervang met ‘n ander gebruik. Hierdie nuwe gebruik sou wees ter herinnering van SY dood wat plaasgevind het op die vasgestelde tyd. HY het die voorbeeld gestel vir SY dissipels en alle Gelowiges om te volg ter nagedagtenis van HOM wat die Ware Pasga-Lam van YAHUVEH is. In die nag waarin HY veraai is het HY brood geneem, dit geseën en dit gebreek en aan SY dissipels gegee en gesê: “Neem eet, dit is MY liggaam” (Mat.26:26) Daarna het HY die beker geneem en gedank en dit aan hulle gegee en gesê: “Drink almal daaruit want dit is MY bloed, die Bloed van die verbond, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.”(v. 27).

Die Apostel Paulus skryf: “1 Cor. 11:23-26. “ Want ek het van die Meester ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Meester Yahshua in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; 24 en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek is; doen dit as herinnering aan my. 25 Net so ook die beker na die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe verbond in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, as herinnering aan My. 26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Meester totdat Hy kom.”

Let wel dat ons sorgsaam SY dood herdenk totdat HY kom. Natuurlik is ons verheug in SY opstanding, maar ons word beveel om die Pasga te herdenk net soos HY dit gedoen het.

Ons hoef nie meer ‘n lam te slag nie. YAHUSHUA is die Pasga-Lam van die nuwe Verbond. Ons moet voortgaan om van die ongesuurde brood te eet en te drink van die beker wat tekens is van SY gebreekte liggaam en SY bloed wat vergiet was.

Ons moet uitkom uit hierdie bose wêreld deur ons Pasga-Lam, YAHUSHUA, net soos Israel verlos was van die bose wêreld gedurende hul tyd deur die pasga-lam offer.

DIE NAGEDAGTE

Pasga viering moes ‘n herinnering wees vir die kinders van Israel: 

Ex. 12:14.” En hierdie dag moet vir julle 'n herinneringsdag wees, en julle moet dit as 'n fees tot eer van Yahweh vier. Julle moet dit in julle geslagte as 'n ewige insetting vier.”

Die Hebreeuse woord vir herinnering is "zikrown" (!ArK'zI). Zikrown word soos volg verduidelik; vanaf 2142; “a memento” (or memorable thing, day or writing) in Strong's Exhaustive Concordance. Die stam woord is #2142 "zakar" en word soos volg verduidelik; ‘n primitiewe stam; duidelik te merk (om sodoende herken te word), o.a. om in herinnering te roep;

(by implication, to mention; also (as denominative from 2145) to be male (Ibid).

n Herdenking is dieselfde as ‘n nagedagte. Volgens Lukas (Luk. 22:19) en Paulus (1 Kor. 11:24-25), toe YAHUSHUA die Pasga bedien het aan SY dissipels, het HY gesê dat hulle dit moes doen ter nagedagtenis van Hom. YAHUSHUA sou Hebreeus gepraat het en sou die presiese Hebreeuse woord gebruik het wat gebruik word in Exodus 12.

Die oorspronklike Pasga-Lam was ‘n soort heenwysing van die ware Pasga wat die wêreld sou binne-kom. Die Apostel Paulus het geskryf:1 Kor. 13:8-10. “Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë - hulle sal tot niet gaan; of tale - hulle sal ophou; of kennis - dit sal tot niet gaan. 9 Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. 10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.”

Die woord "volmaak" is vanuit die Griekse woord "telos" - #5046 in Strong's Exhaustive Concordance. Die definisie daarvan is: vanaf 5056; kompleet (in verskeie gevalle van werk, groei, verstandelike en sedelike karakter, ens.); neuter (as werkwoord, saam met 3588) voltooid. 

Die stam woord (#5056) is "telos" en word as volg verduidelik; vanaf ‘n primêre tello (om te werk na ‘n definitiewe mikpunt of doel); (by implikasie) die volbringing van ‘n aksie of toestand [voleindiging (letterlik, figuurlik of onbepaald), resultaat (direkte, Finale of profetiese), doel); vernaamlik, ‘n belasting of heffing beskou as vereffen]

Hierdie definisies is uiters belangrik om te verstaan want op ‘n ander plek skryf Paulus: Rom. 10:4. “Want die Messias is die einde van die Torah tot geregtigheid vir elkeen wat glo.”

Die woord “einde” word vertaal vanaf dieselfde woord as wat “volmaak” vertaal word in 1 Kor.13:10 YAHUSHUA het nie gekom om die Wet en Profete te vernietig nie maar om dit te vervul. (Mat. 5:17-18). 

As ons kyk na die stam woord het “telos” te make met ‘n belasting of heffing (vereffen) Wat was die belasting of heffing? Was dit nie die dood nie? (Rom. 5:12-14 & 6:23, eerste deel)

Israel was die slawe van die Egiptenaars. Die Pasga wat hulle gevier het, het hulle verlos van daardie slawerny. Maar hulle sowel en die ganse mensdom was slawe van ‘n veel groter meester, sonde en die dood. YAHUSHUA, die ware Pasga-Lam was die eindpunt, die mikpunt. Hy is die voleindiging van die wet van sonde en die dood vir elkeen wat glo en HOM volg. Hoeveel groter is die offer van YAHUSHUA ! Die oorspronklike Pasga was net gedeeltelik gegee totdat die ware Pasga ingestel kon word. Dit het Israel verlos van slawerny uit Egipte, maar dit het nie hul harte verander nie. Kyk na die 40 jaar van omswerwinge in die woestyn. Kyk na hul vele pogings om terug te keer na Egipte, en selfs nadat hulle vry was in die beloofde land het hulle hul steeds gewend tot afgode van die volke rondom hulle en moes hulle later omvergegooi word en verwoes word.

Die Apostel Paulus waarsku: 1 Kor. 10:14” Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.” ‘n Weerklinkende JA!!!!! Laat ons wegvlug van die afgodery van “Easter” en van al die heidense afgode wat daardeur uitgebeeld word. Kom ons onthou, en kom ons herdenk die ware Pasga van YAHUSHUA die MESSIAS. Kom ons verwyder ook dit wat net heenwys en kyk en onthou dit wat volmaak en voltooi is, om te getuig, YAHUSHUA die MESSIAS, ons Pasga en Verlosser. HalleluYAH!!!!!