Gelukkige Verjaarsdag en 6 jaar Herdenking,

Apostel Nikomia!


Wat Gebeur Wanneer Twee Sielsgenote

Saamgebind word as Een!

Boodskap Van Elisabeth Aan Nikomia....


My Dierbaarste Liefste Man,

Met jou eerste verjaarsdag wat ek saam met jou gevier het, het ek vir jou 'n enkele roos en 'n opgestopte beerjie gegee wat gesê het drukkies en liefde. Nou gee ek 5 jaar later vir jou nog 'n roos en ek is die enigste een wat jy nodig het om vir jou drukkies te gee. Dink asseblief aan die woorde in hierdie gedig, want YAHUVEH het gesê ek moet dit vir jou stuur. Ek is so dankbaar vir die dag toe jy YAHUVEH gehoorsaam het en vanaf Minnesota na Arkansas gekom het. As jy nie daardie dag gehoorsaam was nie, sou ons ons vandag ons huwelik, liefde en jou verjaarsdag gevier het? Ek sal jou altyd liefhê, nou en tot in ewigheid. Jou geliefde 'skooldogter' vir altyd en ewig. Jou Vrou en sielsgenoot en beste vriend op aarde ..... Elisabeth.




Van jou Geliefde Vrou Elisabeth 2/11/2008

11 FEBRUARIE 2008 IS 'N SPESIALE DAG WAT ONS MET ONS VENNOTE IN HIERDIE BEDIENING WIL HERDENK en enig iemand anders wie omgee om te weet.

Dit is my geliefde man Apostel Nikomia se 48ste verjaarsdag sowel as die 6 jaar herdenking wat hy oorgeneem het as manlike leier van hierdie Bediening, voordat ons selfs ons eerste soen gehad het of mekaar selfs erken het as meer as 'n Suster of Broer in YAHUSHUA. As jy dink dit was vir my maklik om dit te doen, is jy verkeerd, maar ek ken die stem van YAHUVEH en ek vertrou YAHUVEH want Hy maak nie foute nie. Ek het gou die seën uitgevind wat YAHUVEH my gegee het toe hy Nikomia georden het as die hoof van hierdie bediening en ek vind dit 'n vreugde nie net 'n verligting nie, om 'n manlike hoof nie net oor hierdie bediening nie maar in hierdie huishouding te hê en ja, dit sluit 'n eggenoot in wie die bedekking en manlike hoof oor my is.

Vrouens, daar is so baie voordele in om ons mans te gehoorsaam en onderdanig te wees aan hulle. Ek praat met die Vrouens wie GODVRESENDE Mans vol van die salwing van die HEILIGE GEES het, GODVRESENDE mans wie YAHUVEH en YAHUSHUA liefhet en eerste in hul lewens stel, wees lief vir die manne wie YAHUVEH en YAHUSHUA dien en wie 'n Heilige lewe voor hulle vrouens lei. Ek sê dit nie vir die vrouens wie heidense mans het en dit waarin hul vrouens glo, bespot nie. Om aan 'n heidense man onderdanig te wees is geen vreugde nie en daar is geen voordele nie, want as hy kon sou hy jou na die put van die hel lei, vir julle vrouens, bid ons dat YAHUSHUA julle sal verlos want Hy is geen aannemer van 'n persoon nie en wat Hy vir my gedoen het, glo ek YAHUVEH ook vir julle sal doen as julle sal vashou en aanhou glo dat julle hierdie beloning, 'n Heilige liefdevolle man, in die naam van YAHUSHUA tot Eer van YAHUVEH sal ontvang!

Daar is ookal baie maal aan my gevra hoe ek en my man die eerste keer ontmoet het en hoe ons geweet het dat ons mekaar se GOD YAHUVEH geordende sielsgenote is, en hoekom ons geweet het dat ons moet trou en hoe ek geweet het dat hy was die een wat 14 jaar gelede aan my geprofeteer was en deur 'n droom waarin YAHUVEH met my gepraat het.

Hieronder is 'n ware liefdesverhaal want ons huwelik is waarlik uit die Hemel bevestig. Nie enigeen kan 'n sielsgenoot genoem word nie en as jy wonder hoe jy sal weet of die man of vrou wat jy ken jou sielsgenoot is, die ander helfte van jou siel net so seker as wat Eva die ander helfte van Adam se ribbebeen was, lees dan wat ons ontdek het deur die wysheid van YAHUVEH en YAHUSHUA. My gebed vir elkeen wat hierdie lees, is dat jy jou sielsgenoot sal vind en die geluk, vrolikheid, liefde en salwing wat ons deel in YAHUSHUA se Naam tot YAHUVEH se Heerlikheid! Wanneer jy doen, sal jy Hemel op Aarde ken. Vir julle wat nog nie my getuienis onder my foto op die webwerf www.almightywind.com gelees het nie, op 26 November 2002 het my sielsgenoot en nou my man deur YAHUVEH georden, letterlik op my drumpel in Arkansas verskyn. Niko was iemand wat ek vir 3 jaar as 'n vennoot geken het wie periodiek 'n tiende of offergawe gegee het. My geliefde Niko het op die internet rondgesnuffel opsoek na inligting oor Y2K en het afgekom op 'n vrou wat probeer het om mense te waarsku, haar naam is Linda C, 'n goeie vriendin vir baie jare, en wie verskeie profesieë op die Bedieningswerf gepos het. Linda is die rede hoekom ons ontmoet het, want die URL van ons Bedieningswebwerf op die internet was aan haar gegee en Niko het op die bedieningswebwerf ingegaan en YAHUVEH se stem in die profesieë herken. Hy het 'n brief aan my geskryf en begin om die waarhede in hierdie bediening te volg en finansieël by te dra deur tiendes as 'n Vennoot in hierdie Bediening. Dit was hoe YAHUVEH ons bymekaar gebring het.

Ek het verskeie kere per telefoon met hom gepraat toe hy my gekontak het, maar het hom slegs effentjies geken. Toe Niko hoor dat ek Kanada (Nova Scotia) gaan verlaat waar ek bedien het en deur die HEILIGE GEES gesalf was om in Arkansas te bedien, het hy gesê dat YAHUVEH aan hom gesê het dat hy ook na Arkansas moet verhuis. Niko het 'n buitelug droom geleef. Niko het 'n lewe van visvang (Walleye) en jag in Minnesota geleef. Niko het alleen in afsondering in 'n blokhuis in die natuur saam met sy Skepper YAHUVEH en sy VERLOSSER YAHUSHUA gewoon. Sy bediening het daaruit bestaan om ander te onderrig oor wat hy by hierdie bediening geleer het, en siele na YAHUSHUA te bring en te onderrig oor die waarhede van die profesieë. Nadat ek hom ontmoet het het ek uitgevind dat hy al die profesieë wat aan my gegee is, verskeie kere gelees en in sy gedagtes daartoe verbind het. Niko het ook die werk van 'n evangelis gedoen. Niko se ander beroep was om bed-en-ontbyt herberge te bou en 'n gids vir die vissermanne te wees. Niko was enkellopend en het 'n lewe van Heiligheid en seksuele onthouding geleef (4 jaar) wagtend op YAHUVEH om vir hom sy vrou en sielsgenoot te bring, as dit YAHUVEH en YAHUSHUA se wil was.

Niko was verbaas toe YAHUVEH tot sy hart gespreek het en vir hom gesê het om alles te los wat hy besit en te verhuis na waar ek gebly het en sy hulp aan hierdie bediening te bied waar ons ookal hulp nodig het. Niko het die gees wat praat getoets wat tot sy hart gespreek het, want hy het hierdie bediening vir ongeveer 3 jaar gevolg en hy sê toe hy my foto sien, het hy verlief geraak op my en dit was asof hy my alreeds geken het. Niko het gesê ek lyk soos 'n engel en hy het gevoel asof hy my altyd geken het. Tog het my Geliefde my op 'n afstand liefgehad en nooit vir my gesê of 'n aanduiding gegee dat hy my geliefde was nie, hy het gesê hy het nie gedink dat hy gesalf genoeg was om my man te wees wat deur GOD georden was nie.

Niko het gebid dat my sielsgenoot en die man wat YAHUVEH vir my uitgekies het voordat ek gebore was, na my toe moes kom. Niko het gehuil oor die gedig Bone of My Bone want hy kon my pyn en eensaamheid aanvoel en hy het geglo en onderskei dat die bedig van hom gepraat het, nogtans het hy nie gedink hy was gesalf genoeg om die man te wees wat byna 13 jaar gelede aan my belowe was nie. Niko het vir my gesê dat hy een aand 7 maal agtermekaar na my geluister het terwyl ek daardie gedig gelees het! Hy het gehuil en vir my gebid en gesê sy begeerte was om my te beskerm en hy het 'n deel van my gesien wat ek so goed weggesteek het en dit was die deel van die klein dogtertjie wat so kwesbaar is.

Ander mans wat oor die jare gekom en gegaan het en wat YAHUVEH die Nikomia 'wannabees' genoem het, het slegs die salwing van die Apostel of Profeet gesien en nie die kwesbare kinderlike deel van my nie. Ek het moeg geword om te wag vir my GOD geordineerde eggenoot en sielsgenoot om te kom, die een wie georden is om die Aardse Leier van hierdie Wêreldwye Bediening te wees en daarom het ek etlike foute begaan en verlief geraak op die idee om verlief te wees. Ek het geweet dat niemand gesalf genoeg was om die leiding van hierdie bediening oor te neem en om die sterk gesalfde eggenoot te wees wat YAHUVEH aan my belowe het nie. Een man, genaamd David, wou slegs hierdie bediening gebruik om die Sewedaagse Adventiste Kerk te promoveer, terwyl hy al die tyd probeer het om vir my te vertel dat hy die valse doktrines van die SDA (Sewedaagse Adventiste) Kerk gesien het toe ek besef het hy het vir my gelieg en hy gesê het óf ek moet volgens die SDA manier glo óf ek was 'n vals profeet, dit is toe ek die waarheid in die gesig moes kyk wat my hart gebreek het omdat ek ongeduldig geraak het dat die ware sielsgenoot moes kom en het besef dat ek nie lief was nie, maar verlief óp die idee om geromantiseer en geliefd te word. 'n Ander Nikomia 'wannabee' het gekom en hierdie keer was die hartseer erger en ek het weereens myself blameer. YAHUVEH het dit altyd stopgesit voordat ek hierdie mans in die leierskaprol van my lewe en bediening en vader vir my seuns geplaas het.

Hierdie mans was geroep om getoets te word en nie een was gekies om my man en leier van hierdie bediening en vader vir my seuns uit 'n vorige huwelik in die oë van die wêreld te wees nie. Nie een van hierdie mans was my sielsgenoot nie en slegs EEN kon daardie spesiale man wees omdat, toe sy siel gevorm was, was die ander helfte weg, net soos Adam se rib. YAHUVEH het my hierdie waarheid gewys dat elke man en vrou was bestem om 'n sielsgenoot te hê en dat daar 'n leemte in elke siel geplaas is wat niks kan vul nie. Eerstens die liefde vir YAHUVEH en YAHUSHUA en dan is daar 'n ander leemte vir liefde wat slegs jou sielsgenoot kan vul. Meeste in die wêreld trou en vind nooit hulle ware sielsgenoot nie want hulle het volgens die vlees getrou en nie die HEILIGE GEES nie.

Niko sê hy respekteer en erken die Apostel en profeet en vroulike deel van my, maar die deel van my wat hy die liefste het en nogsteeds het is die kwesbare, klein dogtertjie wat min ooit opgemerk het. Niko sê die begeerte om my te beskerm en te koester teen skade was groot en sedert ons ontmoet het en getroud is het daardie begeerte slegs sterker gegroei. My geliefde sielsgenoot en nou my eggenoot, het verby die salwing gesien en so min mense het selfs probeer om dit te doen. Ek het eens op 'n tyd gedink dat almal van my verwag om 24 uur per dag 'n Apostel/Profeet te wees en net onder die salwing te bly. Ek het 'n goeie vriendin genaamd Olga wie ek deur hierdie bediening ontmoet het, sy is jare lank 'n vennoot in die bediening en bly in Kanada. Sy het iets aan my genoem wat tot vandag my hart geraak het. Olga het gesê dat al was ek nie 'n Apostel of Profeet nie, sy my nogtans as 'n vriendin sou liefhê. Sy het altyd verby die salwing gekyk en sy het my toegelaat om myself te wees net soos my man doen.

Somtyds word dit so uitputtend om vir 24 uur per dag onder die salwing te beweeg en nie toegelaat te word net 'n vrou te wees nie. Baie sal nie daardie verklaring begryp nie, dit het niks met sonde te doen nie, maar het te doen met om net 'n normale vrou te wees. Daar is sommige wie hier lees wat verstaan dat selfs YAHUSHUA 'n boot moes neem om aan die ander kant van die meer te vaar om 'n blaaskans te neem van net bedien. Voordat ek met my geliefde getroud was, het ek selde gerus tensy ek siek was en het probeer om vir baie dae nie te veel te slaap nie. Ek het my emosionele pyn geïgnoreer deur te konsentreer en te bid en ander in pyn onder die salwing te bedien. Hoe min mense het besef dat ek agtervolg en aangerand was, gedreig was met die dood, en moes veg om voogskap oor my kinders te behou teen 'n eksman in die oë van die wêreld. Dit is in my getuienis op die Bedieningswebwerf.

Niko was aan die begin 'n kennis, 'n broer in YAHUSHUA en 'n vennoot in hierdie bediening, soos so baie ander mans was. Ek het nooit verwag om hom selfs te ontmoet nie. Ek het nie geweet dat hy in die agtergrond aangesê was om alles wat hy besit het op te offer, selfs sy materiële besittings en werk om na my toe te kom nie. Ek was besig om in Arkansas te bedien, enkele dae voordat ek na 'n ander deel van Arkansas moes verhuis, toe ek 'n telefoonoproep van Niko ontvang het. Hy het nie eers 'n foon besit waar hy gewoon het nie, as gevolg van die afsondering in die woude in Minnesota, so, telefoonoproepe van hierdie vennoot in die bediening was skaars en so ook briewe. Hy kon meestal slegs 'n posorder vir sy tiende stuur. Ek het die foon geantwoord en ek het hom gesê dat ek verhuis en hom die nuwe telefoonnommer gegee. Hy het gesê hy was deur YAHUVEH aangesê om na Arkansas te verhuis en dat hy my moet help trek. Hy het om verskoning gevra omdat hy nie dadelik kon kom toe YAHUVEH hom gesê het om te kom nie, maar hy was besig om sy SUV en ander besittings te verkoop. Hy het gesê hy wou my ontmoet en my nuwe adres gevra. Ek het dit vir hom gegee en nooit gedink hy sou regtig kom nie. Baie het aangebied om hierdie bediening te help maar so min het werklik enigiets gedoen daarom het ek aangeneem dat hy net gepraat het en dit nie sou deurvoer nie en dat ek hom nie persoonlik sou ontmoet nie.

My lewe het 1 dag voor Dankseggingsdag in 2002 verander. Ek was besig om van een kant van Arkansas (Conway) na Harrison, Arkansas te verhuis. Ons Hemelse Vader YAHUVEH het toe net vir my 'n geskenk, 'n lieflike tweevlak huurhuis gegee, hoog afgesonderd op 'n berg met 'n hele leë woonstel op die onderste verdieping en 'n volledige groot huis op die boonste verdieping teen 'n redelike prys, waar ek saam met my tienerseun kon woon. Ek was besig om die woonstel in Conway vir die laaste keer te verlaat en het binne 'n halfuur uitgetrek. Niemand sou in staat om my te kontak op die telefoonnommer wat hulle gehad het nie. Die foon sou vir die laaste maal diskonnekteer word.

Ek was laat besig om die rekenaar in te pak, laat om te vertrek, want ek wou deur die gevaarlike bergpaaie kom voor donker en die donkerte was 3 of 4 ure weg. Iets het my teruggehou terwyl een e-pos na die ander inkom. Ek het geweet YAHUVEH en YAHUSHUA was besig om my te vertraag en ek het gewag om te sien wat die rede daarvoor was.

Toe, terwyl ek besig was om af te teken en die rekenaar in te pak, het die telefoon gelui. Opgewonde het ek dit opgetel en gesê 'Hallo' wetende dat dit die rede was hoekom ek vertraag was! Niko was aan die ander kant wie ek toe geken het as ********, hy is nou bekend onder sy Bynaam. Ek het gesê "so jy is die oorsaak dat ek vertraag is want die telefoon sou enige oomblik diskonnekteer word, tesame met die rekenaar'. Niko het gesê hy was besig om te bid en skielik het hy gehoor YAHUVEH sê, 'Skakel NOU vir Elisabeth!' Hy het nie 'n foon in die houthuis gehad nie so hy het my vanaf die bed-en-ontbytherberg geskakel wat hy pas klaar gebou het. Ek het vir Niko gesê dat ek besig was om te verhuis en het nog nie 'n telefoonnnommer gehad om vir hom te gee nie.

Niko het gesê hy moes vir my vertel dat hy ook na Arkansas verhuis en my adres gevra. Ek het hom die nuwe adres gegee en hy het gesê hy sou my kom ontmoet. Ek het gedink, ja ek het dit al baie keer gehoor, en die gedagte laat vaar as nog 'n man wat iets sê wat hy nie sou deurvoer nie. Nogtans het ek vrede en vreugde ervaar om my broer in YAHUSHUA se stem te hoor. Toe kon ek vertrek want al die vertraging was verby toe ek die telefoon neersit.

Ek het op Dankseggingsdag 2002 in die nuwe huis ingetrek saam met my 12 jarige seun. (YAHUVEH noem hom Profeetseeun Elijah). (Kyk na sy prophetic dreams.)

Ons het net begin om te ontspan en uit te pak toe daar 4 dae later 'n klop aan die deur was en dit was Niko! My Suster in YAHUSHUA (Sharon) was by my en ek was net klaar om te sê "Ek bid dat as daardie man kom, hy nie te gou sal kom nie want ek is moeg en hierdie plek is 'n deurmekaarspul in nood vir uitpak", terwyl ek by die groot sitkamer instap. Ek het in die Sitkamer met my lang rooi japon wat tot op my enkels hang, gestaan met my ongeborselde hare want ek het pas wakker geword uit 'n rustelose nag, so seker dat hierdie man nie sou kom nie, want YAHUVEH sou my gewaarsku het as hy regtig sou kom.

Toe hoor ek 'n stem en dit was 'n man wat aan die deur van die woonstel op die onderste verdieping geklop het en ek het 'n vlugtige blik van hom gekry terwyl hy met Sharon gepraat het. Ek het na my slaapkamer gehardloop want ek het daar in my lang rooi japon gestaan en omdat ek het pas wakker geword het, was my lang hare 'n gekoekte deurmekaarspul! Geen grimering aan nie! Nie eers my gunsteling handelsmerk my swart oogomlyner nie! Aarde, ek haat verrassingsbesoeke soos hierdie! En terwyl ek na die ander kant van die huis hardloop het ek harop gepraat en vir YAHUSHUA gevra hoekom dit gebeur en wie was daardie man regtig! Kon hy my ware sielsgenoot wees vir wie ek so lank gewag het? Ek meen, hoekom het my hart so vinnig geklop en hoekom het ek so lighoofdig en swak gevoel? Mans het nie veroorsaak dat ek op so 'n manier reageer nie, wat was fout met my? Ek het gehoor YAHUSHUA sê, "Laat my 'n paar verassings toe Elisabeth", YAHUSHUA se stemming was lig en vol lag. Ek het vir myself gesê, "Ag, ag kan dit regtig waar wees, terwyl ek oor die hele wêreld besig was om uit te kyk vir my geliefde sielsgenoot , bring YAHUSHUA hom reg voor my deur?"

Ek was die hele tyd besig om te bid, wie is hierdie man wat hiernatoe gekom het en hoekom is hy op hierdie tyd gestuur? Ek het net besluit dat ek nie langer 'n man nodig het nie en nie sou uitkyk vir die man waarvan YAHUVEH op 10 Desember 1988 met my in 'n droom gepraat het nie: "Luister Elisabeth, ek het inderdaad 'n man vir jou georden en sy naam is Nikomia, hy is 'n lewende profeet van GOD maar moenie vir my die datum vra nie." Ek het visioene van my sielsgenoot gesien en sy stem het my wakker gemaak en selfs my seuns het hom in 'n openlike visioen en drome gesien. Hoekom het ek so senuweeagtig en bang gevoel? Pappa YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA, antwoord my asseblief. Kan dit my geliefde NIKOMIA wees vir wie ek byna 13 jaar gewag het? 2 weke kort van 13 jaar van die man wat aan my geprofeteer was in 'n hoorbare stem van YAHUVEH!

Toe ek YAHUVEH of YAHUSHUA (somtyds is ek nie seker wie van hulle my antwoord nie) in daardie stil sagte stem hoor sê wat met lag gemeng was, "Laat my 'n paar verrassings toe, Elisabeth" het ek geweet dit was GEEN GEWONE man nie! Ek het geweet my Pappa YAHUVEH beplan iets en dit verskaf Hom groot vreugde om my so te verras.

Ek het die ergste stryd met die gees van vrees gehad daardie dag! Sharon het hom besig gehou terwyl ek vir ten minste 4 ure in die slaapkamer weggekruip het! In tussentyd het ek gebid vir krag om uit die slaapkamer te kom. Ek het gebid en al wat ek kon voel was my geliefde Verlosser YAHUSHUA en VADER GOD YAHUVEH wat met groot vreugde vir my lag. Ek wou in die gelag deel maar ek was te bang. Het jy al ooit so hard vir iets gebid en dan as dit werklik gebeur is jy so bang dat woorde nie kan begin om die gevoelens te beskryf nie? Ek was in skok, dit kon nie besig wees om te gebeur nie! Wat is fout met my?

Ek het gebid dat ek my broekiekouse kan opspoor wat nogsteeds ingepak was. Ek het gebid om my kontaklense te vind! Ek het gebid watter klere ek moes aantrek want wat AS dit my sielsgenoot was, my eggennot wat deur my GOD YAHUVEH georden was? Ek het gebid dat YAHUSHUA my bewerige hande tot bedaring moes bring terwyl ek probeer het om die maskara aan te sit en myself telkens in die oog steek! EINA! Mans, probeer bietjie om alkohol in jul oë te smeer en julle sal weet hoe pynlik dit kan wees om met 'n bewerige hand te probeer om maskara aan oogwimpers te smeer om dit langer en donkerder te maak, en dit dan per ongeluk in jou oog te kry! Vrouens as julle dit lees sal julle weet watter pyn dit is, nie waar nie? Ag wat ons nie alles moet deurmaak net om meer aantreklik te lyk nie. Ten spyte van al die gebede wat ek gebid het, kon ek steeds nie die bewing in my hande stop en die gat op my maag en die naarheid wat besig was om in my keel op te stoot as gevolg van die senuweeagtigheid en angstigheid nie!

Ek het so hard gebid dat ek mooi moes lyk en het toe uit eindelik uit die slaapkamer gekom want YAHUSHUA het my laat verstaan dat dit ongeskik sou wees as ek nie ophou om weg te kruip vir hierdie man wat duisende myle gery het om my te ontmoet nie. Ek het die slaapkamer verlaat nadat ek in tale gebid het en het probeer om 'n dapper glimlag op te sit. Ek vra weereens aan die leser, het jy al ooit iets so begeer dat as YAHUVEH dit uiteindelik vir jou gee, die skok dat dit waarvoor jy gebid het, uiteindelik gebeur, groot vrees en senuweeagtig veroorsaak. Toe YAHUVEH gelag het toe ek vir Hom gevra AS dit Nikomia was oor wie geprofeteer was en Hy gesê het "Laat my 'n paar verrassings toe, Elisabeth" het ek baie goed geweet dat my Pappa gesê het, "JA". Veral omdat geen man my nog ooit so senuweeagtig gemaak het nie. En as ek so senuweeagtig en bang is is dit moeilik vir my om in die salwing te beweeg! Verbrands naby onmoontlik! Derhalwe het ek gevoel dat ek waarlik daardie dag in die vlees gewandel het.

Daar het die man in my kombuis gestaan, besig om met Sharon te gesels. Ek het na hom toe gegaan en myself met uitgestrekte arms aan hom voorgestel om hom te groet en 'n vlugtige broederlike druk te gee. Ek het gedink het dat ek dit so koel en kalm hanteer en nou laat my geliefde my verstaan dat hy nie die dapper apostel gesien het nie, hy het die bang klein dogtertjie-kant van my gesien!

Sy oë het myne ontmoet en dit was asof ons oë vir 'n lang tyd vasgevang was en Sharon het dit opgemerk. Hy het vir dae aaneen bestuur en skaars geslaap en dan slegs in die trok, terwyl hy van Minnesota op die Kanadese lyn na Mid Arkansas gereis is. My geliefde het vertel hoe hy selfs probleme met die remme op die berg ondervind het omdat hulle oorverhit het en YAHUVEH hom aangesê het om die trok te stop en uit te klim en hande op die voertuig te lê en te bid en hy toe gewag het en die engele gevra om dit reg te maak in die Naam van YAHUSHUA en toe YAHUVEH hom aangesê het om die trok aan te skakel, die remme herstel was. Later het ons uitgevind dat hulle tydelik deur YAHUVEH herstel was want hy moes 'n week later nuwe remme kry en insit. Wat 'n wonderwerk toe hy die toestand van daardie remme sien! Alle Lof, Eer en Glorie gaan aan YAHUVEH en YAHUSHUA wat hom veilig tot in Arkansas gebring het.

'n Ander vertraging wat die duiwel oor hom wou bring was 'n storm wat met swaar reën gepaard gegaan het en sy windskermveër gebreek het. Daar was geen werktuigkundiges of diensstasies op die bergpaaie waar dit alles plaasgevind het nie. Niko kon skaars sien om te bestuur so hy het weer van die pad afgetrek en vir YAHUSHUA gevra wat hy moes doen. YAHUSHUA het hom aangesê om sy skoenrieme uit sy skoene wat hy aangehad het, te haal en dit aan die gebreekte ruitveër vas te maak en vanuit sy venster te trek! Lag maar as julle wil, maar dit het gewerk! Dit is baie gevaarlike paaie om met remprobleme te bestuur en geen windskermveër aan die bestuurskant nie.

'n Ander wonderwerk was, hy het my adres verloor wat ek oor die telefoon vir hom gegee het en hy het natuurlik nie ons telefoonnommer gehad nie. Hy het egter sommige van die aanwysings onthou en as julle kon sien waar die huis geleë was, sou julle geweet het watter wonderwerk dit was toe die engele van YAHUVEH en YAHUSHUA hom die pad na die huis gewys het! Selfs mense wat die adres gehad het, het dit moeilik gevind om die uiters afgesonderde pad en huis te vind wat bo-op die bergtop versteek is.

Een laaste vertraging was teen die tyd wat hy by die naaste dorp naby my gekom het was dit Sondagaand en YAHUVEH het aan hom gesê, "Moenie sonder 'n roos by haar aankom nie". Dit het beteken dat die bloemiste en winkels gesluit was en hy moet in sy trok slaap tot Maandagoggend totdat die bloemiste opgemaak het. Hy het gehoorsaam en nou het hy daar gestaan met die mooiste groot welriekende roos en dit het trane in my oë gebring want slegs ek het die diepe betekenis van daardie roos geken.

Die laaste roos was deur 'n Nikomia 'wannabee' (David M) aan my gegee, 'n man met wie ek amper in 2001 getrou het, byna 'n jaar tot op datum wat my Ware Nikomia, my sielsgenoot gekom het. David was iemand wat my slegs wou gebruik om beheer oor hierdie bediening te kry en het my 'n keuse gestel om met hom te trou en hierdie bediening as 'n Sewedaagse Adventiste bediening te gebruik en ook te erken dat ek 'n vals leerstelling verkondig, of "totsiens" te sê. Ek het TOTSIENS gesê!

YAHSHUA het Niko se enkele roos gebruik om die herinnering aan 'n groot pynlike hartseer weg te vee en te genees. Vir hulle wie hierdie bediening vir 3 jaar of langer gevolg het, julle het David se foto en die bladsy gesien wat gepos was toe ek hom voorgestel het. Elke keer wat ek 'n roos sou sien, het ek die pyn van daardie gebroke verhouding onthou, totdat YAHUSHUA my ware Nikomia gebring het wat in Grieks "Oorwinning behoort aan my", beteken. Nou is elke oomblik van my geliefde eggenoot en my lewe 'n OORWINNING wat aan beide van ons behoort en hierdie Bediening. Ons het die getuienis want waarlik, naas ons verlossing, liefde vir ons Messias YAHUSHUA (Jesus Christus) en die unieke salwing, is daar geen groter oorwinning as om getroud te wees en lief te wees vir mekaar nie. Ons wil 'n gesalfde boek skryf oor wat ons van ons Hemelse Vader YAHUVEH en ons Messias YAHUSHUA geleer het oor hoe om gelukkig getroud te bly en mekaar elke dag meer lief te hê en die passie vir mekaar groei slegs meer elke dag. Daar is geheime wat ons Hemelse Vader vir ons geleer het wat ons van geen man of vrou geleer het nie.

Niemand hoef weer te bid vir my geliefde YAHUVEH geordende eggenoot en sielsgenoot en ander helfte van hierdie gesalfde en manlike bedekking van hierdie bediening en vrou om in my te kom nie. Ons is nou getroud en uiteindelik weet ons wat die betekenis van 'n sielsgenoot, beste vriend, en 'n HEILIGE gesalfde huwelik is. My geliefde en ek het nou die unieke salwing om te bid en sielsgenote bymekaar te bring in die 'Been van my Gebeente en Vlees van my Vleesbediening.' (Luister asseblief na die gedig wat aan my gegee is deur YAHUVEH terwyl ek geslaap het. Dit het die salwing om jou sielsgenoot na jou toe te bring as dit nie alreeds gebeur het nie.)

My liefling is werklik die beste in 'n man waar ek die slegste in mans geken het. Beide van ons weet nou dat 'n huwelik 'n seën en nie 'n vloek is nie. Beide van ons was voorheen getroud in die wêreld se oë, maar nooit in YAHUVEH se oë nie want ons is die eerstes om te erken dat YAHUVEH nie die ander wêreldse huwelike bymekaar gebring het nie, dit was van die begin af verdoem en uit die hel georden om ons te ontmoedig en ons te weerhou het om mekaar te vind.

Ons het geleer dat om liefde in die huwelik te maak, mooi is en dit moet altyd 'n voordurende romanse wees wat nooit ophou nie! Daar is 'n verskil. Ons het saam geleer wat WARE LIEFDE werklik is. Ons het geleer dat die tweede trappie aan die begin van 'n verhouding is, om mekaar se BESTE VRIEND te wees, die eerste trappie is om gelyk saamgebind te wees in 'n Bediening, julle liefde en begeerte om YAHUVEH en YAHUSHUA eerste te stel in julle lewens.

Wanneer jy jou gesalfde sielsgenoot vind, die een wie jou GOD YAHUVEH geordende eggenote sal wees, is daar 3 tekens wat na vore sal kom. YAHUVEH het dit aan ons gewys. Moenie te vrede wees met 'n namaaksel nie.

1.  Die salwing sal in die oë openbaar word. Die eerste keer toe ons persoonlik ontmoet het, het ons 'Spaghetti' geëet en ons kon ons oë nie van mekaar afneem nie. Ek het YAHUVEH se salwing in sy oë gesien sowel as 'n refleksie van myself. Hy het die salwing in my oë gesien hy het geweet dat hy my altyd geken het. Ek het dieselfde gevoel. Julle begin as beste vriende nie geliefdes nie, nie eers kêrel en nooi nie.

2.  Vriendskap is een van die mees belangrikste dinge wat julle in 'n huwelik nodig het, as enigiemand anders jou beste vriend is, ander dan jou eggenote, is jy heelwaarskynlik nie met jou sielsgenoot getroud nie. Ons is op hierdie aarde mekaar se beste vriend en ons vertrou mekaar volkome. Ons weet dat ander ons mag faal, maar ons sal altyd mekaar verdedig. Ons het hoë respek vir mekaar en bemoedig mekaar om meer te doen vir YAHUVEH en YAHUSHUA om ons GOD te behaag en 'n glimlag op ons Skepper en Verlosser se gesig te bring. 'n Sielsgenoot ken die belangrikheid van 'n liefdevolle verhouding met YAHUVEH en YAHUSHUA en die HEILIGE GEES salwing wat die roeping op elkeen se lewens insluit en probeer nooit om tussenbeide te kom nie. Julle sal soveel beter oor die weg kom as met enigiemand wat julle ooit geken het, baie gemaklik met mekaar. Julle sal mekaar liefhê vir wie julle is en sal mekaar nie wil verander nie.

3.  Die volgende teken is die salwing in die hande. Hierdie teken het eerstens die gek met my geskeer, want om mee te begin, ons het nie hande vasgehou nie, want hy was my seuns se onderwyser met tuisonderrig en my lyfwag om my teen my eksman te beskerm sowel as ander demoniesbesete mense in hierdie wêreld. Die eerste keer wat hy my hande in gebed vasgehou het, was sy hand sweterig want hy was senuweeagtig want ek was in pyn. Die tweede keer was ons in 'n Messiaanse Kerk in Eureka Arkansas en mense was besig om lofgesange te sing en YAHUVEH het my aangesê om sy hand te vat en te bid dat die salwing wat in my was ook aan hom verleen word, ons het langs mekaar gestaan en ek het dit gedoen. My liefste man vertel nou vir my hy het die kragtige salwing in daardie gebed gevoel, maar kon nie verstaan wat gebeur het nie. Ek het na hom gekyk en gewonder hoekom hy steeds staande kon bly want die salwing was so sterk op my en baie keer wanneer ek vir ander gebid het, het die salwing so sterk op hulle gekom dat hulle onder die krag van die HEILIGE GEES geval het, nogtans het hy op sy voete gestaan en geglimlag, ons het die kerk bygewoon 5 dae nadat hy gearriveer het.

Ek het steeds nognie die teken ontvang dat hy my geliefde sielsgenoot was nie want ek het nie die salwing in sy hande waargeneem nie en het dit aan 'n ander profeet genoem. Kathy het vir my gesê dat 'n voël in die hand twee in 'n bos werd is en sy het aan my 'n profetiese woord gegee dat hy my sielsgenoot was en die salwing sal in die aanraking van sy hand geopenbaar word.

So die volgende Shabbat het ons 'n onverwagte besoek van 'n venoot van Wisconsin gehad en terwyl my geliefde op die vooraand van Shabbat uit die Torah gelees het, het ons mekaar se hande vasgehou om te bid terwyl ons langs mekaar op die rusbank gesit het en dit was toe dat die salwing BEIDE van ons so sterk tref, dit was asof elektrisiteit deur ons are gevloei het en ons kon nie mekaar se hande los nie. Wendy het daar gesit en nie regtig die grootheid van dit verstaan nie. Ek dink nie my geliefde het die grootheid verstaan nie, maar ek het 'n vlies uitgegooi dat as dit die Nikomia was vir wie ek gewag het, dan moes die salwing in ons hande wees. Wanneer ek van my Nikomia gedroom het, was die salwing altyd in ons hande wanneer ons hande aan mekaar geraak het. Nou kan ons nie ophou op mekaar se hande vas te hou nie want die salwing vermeerder net elke keer. Baie kere raak een of albei ons hande heeltemal gevoelloos terwyl ons liggies mekaar se hande vashou en YAHUVEH sê dit is omdat die salwing te veel is vir die vlees om te hanteer.

Die salwing in my is waarlik in my geliefde eggenoot oorgedra en hy het die mees gesalfde man geword wat ek ooit ontmoet het. Dit was vir my nodig om 'n man te hê wat meer gesalfd is as ek om hom te respekteer vir die salwing ook op hom. Ek kan dit nie verduidelik nie, maar 'n vrou wil altyd hê dat 'n man meer moet weet as sy, en om sterker as sy te wees, en ja, ek wou hê hy moes meer gesalfd as ek wees. YAHUSHUA en YAHUVEH praat met my geliefde en hy het 'n unieke salwing waarmee ek sukkel en dit is om net vir die volgende tree te bid, hy wil nie hê YAHUVEH moet 20 treë voor die tyd profeteer nie, en ek doen, want dit is hoe YAHUVEH my altyd gesalf het en ek raak ongemaklik wanneer ek nie dinge vooruit weet nie. Sy geloof het slegs die volgende tree nodig, so, in sommige gevalle glo ek dat my Nikomia meer geloof het as ek. Hoeveel keer sê my geliefde eggenoot vir my, "Moenie bekommerd wees nie, alles sal reg wees" selfs wanneer dit nie so lyk nie, sien hy alreeds dat dit uitwerk en dit is presies wat gebeur. Sy salwing is waarlik vir OORWINNIG net soos wat sy naam sê.

Ek wil byvoeg, moenie toelaat dat ras, ouderdom, voorkoms, loopbaan, of gebrek aan enige van dit, jou verhoed om jou sielsgenoot te aanvaar nie. Die hoofsaak wat julle in gemeen sal hê is julle intense liefde vir YAHUVEH en YAHUSHUA en die begeerte om hulle te dien. Nogtans sal nie enige Christen gelowige julle sielsgenoot wees nie, want elkeen het 'n verskillende persoonlikheid en daar is vir elkeen van ons iemand spesiaal gemaak. Daardie sielsgenoot sal jou volmaakte balans wees, waar jy swak is sal hy of sy sterk wees en omgekeerd. Byvoorbeeld, my liefling is die rustige een en ek is die een wat maklik paniekerig raak. My liefling is fisies sterk en ek is swak. Ek is meer geneig om humeurig te wees en hy is die geduldige een. My liefste eggenoot is nie bang om sy emosies te wys nie en ek probeer hard om dit te blok. Ek het in my lewe gedink dat trane sal wys dat ek swak is en wou nie hê die duiwel moes weet dat hy daarin geslaag het om my seer te maak nie, daarom het ek die pyn en trane geweier. My geliefde eggenoot het my geleer dat trane helend is en dat ek nie meer die pyn moet opkrop nie, want dit kom altyd uit op maniere soos aanslae op my gesondheid. Ek het niemand op aarde vertrou om in hul arms te huil nie, want ek het altyd gedink, selfs as 'n jong kind, dat ek sterk moet wees, ek leer nou dat ek iemand kan vertrou want hy is nie net my beste vriend op aarde nie, my sielsgenoot nie, maar my man en nou leier van hierdie bediening.

4.  Die laaste teken dat dit jou sielsgenoot is sal YAHUVEH met 'n soen verseël. Niko en ek het op Dankseggingsdag van 2002 ontmoet en al het hy op die onderste verdieping gewoon en ons mekaar daagliks gesien het, het ons nooit enigiets meer gedoen as net 'n susterlike drukkie gegee hoofsaaklik totsiens of goeie nag, en ek het hom eenkeer op die wang gesoen met sy verjaarsdag 11 Februarie. Ons het 'n Jerigomars buite rondom die huis gedoen vir 7 dae vanaf 14 Februarie 2002 en byna alles waarvoor ons gemars het, is nou beantwoord. Een gebed was as hy waarlik my geliefde sielsgenoot en GOD geordende eggenoot was, dan moes al die berge verwyder word en ek sou 'n teken hê wat ek nie kon weier nie, want al die tyd wat mense gesê het dat Niko jou geliefde sielsgenoot was, het ek verskonings gemaak dat ons nog nie eers kêrel en nooi was nie. Miskien het GOD hom so Heilig gemaak dat as hy my sielsgenoot was, iets oorgesien was? Daar was vrae wat ek aan YAHUVEH gevra het want in my drome was my geliefde baie romanties en hier was dit Februarie en hy het nooit eers na my gekyk op 'n manier anders as 'n goeie vriend en as 'n suster nie en het natuurlik die salwing gerespekteer.

Niko was nooit op enige manier dominerend nie. YAHUVEH het my een oggend verras en my wakker gemaak en gesê ek moet Nikomia in beheer van my finansies en die finansies van die bediening stel. O, dit het gladnie goed in my vasgesit nie want ek het 'n eksman gehad wat my op daardie manier beheer het en ek het gesê nooit weer sal 'n man dit aan my doen nie! Nou het YAHUVEH my getoets om te sien of ek sou gehoorsaam, en ek het. Onthou dat ek nog nooit deur hierdie man gesoen was nie. Nog geen versekering dat ons selfs sou trou nie en nou was ek aangesê om die tjekboek en finansies aan 'n man te oorhandig wat ek slegs 'n paar maande tevore ontmoet het.

Ek het onthou dat Niko iets sou voorgestel het dat ek nie ander mans Skat (Hon), of Kindjie (Babe) moes noem nie en ek het gesê dat ek niks slegs bedoel nie, dit is deel van my liefdevolle susterlike persoonlikheid, en hy het gesê dat ek daardie woorde moes reserveer vir my spoedig komende eggenoot. Ek wou nie sy woorde van wysheid aanvaar nie en wou letterlik eenkeer vir byna 4 dae in my slaapkamer wegkruip totdat YAHUVEH hoorbaar met my gepraat het om my wakker maak en vir my gesê het NIKO is reg en ek moet hom om verskoning vra en erken dat YAHUVEH hom geregverdig het, hy was reg en ek was verkeerd.

EK HET OP 11 FEBRUARIE 2002 DIE NUWE LEIERSKAP VAN DIE BEDIENING AANGEKONDIG WAT 'N GROOT STAP VAN GELOOF WAS EN DIE VERJAARSDAG VAN APOSTEL NIKOMIA.

Dit is vandag 11 Februarie 2008, en dit is vandag my geliefde eggenoot se 48ste verjaarsdag sowel as die dag waarop ek aangesê is deur YAHUVEH om voor die wêreld aan te kondig dat Nikomia nou die aardse leier van hierdie bediening is en dat ek tweede in bevel is. Ek was deur YAHUVEH aangesê om op 11 Feb 2002 aan die wêreld te verkondig dat Nikomia nou die nuwe leier van hierdie bediening is. Ek wil hê dat almal moet weet dat hy verras was deur dit wat ek gedoen het , net so verbaas soos ek was dat YAHUVEH en YAHUSHUA my aangesê het om dit te doen.

Ek het dit gedoen voordat ek my eerste soen gehad het! Ek het dit gedoen omdat YAHUVEH my aangesê het om Hom te gehoorsaam en te vertrou. Ek het nooit tevore 'n man vertrou nie en nou was ek aangesê om die bediening te oorhandig en 'n nuwe aardse leier aan te kondig, 'n man wat wat ek geen bewys gehad het wat my aanbetref, dat hy my geliefde sielsgenoot was nie. Wat as ek verkeerd was, die duiwel het my met hierdie woorde gemartel terwyl satan my daaraan herinner het dat ek met bloed, sweet en trane gearbei het en deur baie jare van alle soorte mishandeling en bespotting op alle maniere, geveg het en groot skuld aangegaan het en elke sent (dime) wat ek gehad het vir hierdie bediening gegee het, en nooit vir 'n sent gevra het vir lugkoste of kos of verblyf terwyl ek bedien het nie, selfs nie eers in Kanada nie. Ek het my lewe gewaag, dit het 'n tol geëis van fisiese en emosionele gesondheid terwyl ek die kers aan beide kante gebrand het en gedink het ek kan nooit genoeg vir die mense en aan YAHUVEH en YAHUSHUA gee nie, en deur hofsake gegaan om voogskap oor my kinders behou en terselfdertyd gevlug en weggekruip het vir 'n moordadige maniak, alles omdat ek begeer het om in staat te wees om ander te help en hulle na YAHUSHUA toe te lei.

Waar was hierdie man toe ek deur al hierdie arbeid gegaan het ? En nou word ek deur YAHUVEH aangesê om die leisels aan 'n man te oorhandig? Ek het YAHUVEH bevraagteken en gewonder of ek kranksinnig geraak het of iets verkeerd gedoen het? Ek het altyd geweet as my sielsgenoot, Nikomia kom, dit soos 'n atoombom sou tref wanneer die twee salwings bymekaar sou kom en het daarna uitgesien dat hy moes kom en die leierskaprol van hierdie vroulike skouers afneem. Die vreemde deel was toe YAHUVEH my aangesê het om dit te doen, het ek gesukkel om te gehoorsaam, maar ek dit gedoen alhoewel ek ondergeskik gevoel het en asof ek eenkant toe gegooi was na 'n moeder geboorte geskenk het en toegekyk het hoe 'n kind opgroei slegs om iemand anders toe te laat om die leierskaprol oor te neem.

Ek het gebid en vir YAHUVEH 'n teken gevra. Ek het YAHUVEH gehoorsaam en nou vra ek 'n bewys dat hierdie man waarlik my GOD geordineerde eggenoot en sielsgenoot was. Ek het nie nodig gehad om lank te wag nie. Dinge het rerig warm begin raak, alhoewel Niko nie na my gekyk het asof ek enigiets meer as 'n suster was nie, ek kan dit nie beskryf nie, maar ons het nader gegroei en sy opdragte en kyke was anders. Op die laaste dag van die Jerigomars, 21 Feb 2002, ons het altyd om middernag buite om die huis geloop saam met my seun en hande vasgehou, Toe ons op die stoeptrappe kom en hy gereed was om die deur oop te maak, het hy gestop en my in die oë gekyk. Ek het vir myself gesê hy gaan my soen. Ek kon die intense liefde in sy oë aanvoel en ek kon die stilte in die geestelike realm aanvoel asof iets groots gaan gebeur. Stel julle self my verbasing voor toe hy die oogkontak verbreek en die deur oopmaak en my binnelaat. Ons het vinnig nag gesê en hy het na die onderste verdieping van sy woonstel gegaan sonder eers 'n susterlike goeienag drukkie.

Niemand weet watter loesing satan my daardie nag toegedien het terwyl ek in die donker Sitkamer op die bank gesit het nie. Ek het stilweg in die donkerte gehuil. Hewige snikke het uit my keel gestroom want dit was sekerlik nie my sielsgenoot en GOD geordineerde eggenoot wat 13 jaar gelede aan my belowe was nie? Hy is sekerlik 'n gawe man en 'n liefdevolle broer in YAHUVEH en YAHUSHUA, maar ek moet 'n vals profeet wees en satan moet 'n grap met my maak want nou het ek innig verlief geraak en het die bediening en finansies oorhandig aan 'n man wie nie eers die begeerte gehad het om my te soen of na my te kyk anders as 'n Suster, vriendin en Pastoor nie.

Ek kon hoor hoe satan en sy demone vir my in die geestesrealm lag en wanneer ek tot YAHUVEH gebid het vir antwoorde, het ek niks gekry nie. Ek kon onderskei dat die engele treurig was deur my snikke. Ek kan dit nie verduidelik nie, maar ek het net geweet. Toe het die lig in die kombuis aangegaan en die skerp lig wat my verblind het, het my laat skrik, en ek het vinnig my betraande gesig weggesteek en die trane afgevee en daar staan Niko en vra my hoekom was ek nogsteeds op en hoekom het ek in die donker gesit? Ek het hom gesê omdat ek so voel, en om asseblief nie besorg te wees nie. Hy het sy skouers opgetrek en gesê 'Ok' en ek het geweet hy het geweet ek het gehuil. As ek reg onthou het my seun wakker geword en my betrap dat ek huil kort nadat Niko terug is na sy woonstel. Ek het uiteindelik bed toe gegaan, kwaad omdat ek so pas verlief geraak het op 'n man wat ek seker was nooit dieselfde oor my sou voel nie, want YAHUVEH het gesê die teken dat Niko my GOD geordineerde man sou in die soen verseël wees. Hy het gesê dat lippe in die vorm van twee reënboë gevorm was want wanneer 'n manlike en 'n vroulike sielsgenoot soen, is dit 'n seël van 'n belofte i, net soos 'n verbond tussen die twee van hulle en hulle VADER GOD SKEPPER YAHUVEH.

DIE SALWING VAN 'N SIELSGENOOT SAL IN DIE SOEN WEES, SELFS AL MOET DIE ENGEL 'N KRAGVELD OPSTEL SODAT DIE LIPPE KAN ONTMOET!

Op 23 Februarie 2002 was Niko, my seun en ek besig om UNO, 'n kaartspel te speel. Ek het my seer gevoelens begrawe en het instede daarvan gelag. My seun het kamer toe gegaan om TV te kyk en ek en Niko het vir mekaar naggesê en ons arms uitgesteek om mekaar 'n vriendelike drukkie te gee, wat algemeen was en om een of ander rede het ons mekaar daardie aand op die wang gesoen, wat ons soms gedoen het en niks seksueels daarin bedoel nie. Op hierdie aand het ons mekaar 'n vinnige drukkie en 'n vinnige soen op die wang gegee, maar iets snaaks het gebeur, ons lippe het 'n kragveld getref, dit is die enigste manier waarop ek dit kan verduidelik, en ons het nie mekaar se wange gesoen nie, ons het mekaar vir die eerste keer op die lippe gesoen. Nie een van ons het dit beplan nie en albei van ons het gelag en was geskok. (YAHUVEH het later verduidelik dat albei van ons se engele hulle hande aan weerskante van sy gesig en myne geplaas het en ons lippe het in die middel ontmoet terwyl ons die kragveld van die engele getref het).

Ek was verleë en net nie verstaan hoe dit gebeur het nie, tot ek gebid het. Ek het later uitgevind dat my geliefde my al die tyd liefgehad het en geweet het dat ons sielsgenote was en dat ek sy vrou sou word en hy was nie so verras of verleë soos ek nie. Hy het ook aan my erken dat YAHUVEH hom aangesê het om my daardie aand op die voorstoep te soen, maar hy het kop uitgetrek! Die enigste keer wat ek kan sê my geliefde was op 'n manier 'n lafaard. Ha-ha☺ hy sal my treiter omdat ek dit voor die hele wêreld erken het, maar hy weet dit is waar. Die volgende aand, 24 Feb. 2002 het ek presies uitgevind hoeveel Niko van my gedink het as 'n pragtige vrou, want met die volgende soen in die kombuis bo-oor 'n hartvormige vleisbrood wat ek gemaak het, het hy nie die engele nodig gehad om 'n kragveld op te stel sodat ons lippe kon ontmoet nie. My liefling het my geleer wat ware liefde en salwing in 'n soen beteken! Hy wys nogsteeds elke wakker oomblik vir my op meer maniere as wat ek kan begin tel per dag. Ons is 24 uur per dag saam en kry nooit genoeg daarvan om saam te wees nie.

Ek wil net hê dat almal moet weet dat toe YAHUVEH hoorbaar die woorde in die gedig 'Bone of My Bone' tot my spreek het, het ek hierdie gedeelte aangehaal waar YAHUVEH sê, "Ek sal 'n nuwe betekenis vir die woord 'vinnig' moet gee". Slegs weke daarna is ons getroud, al het ek gedink ek wou 'n oordadige groot huwelik hê en ek het besef dat dit net tot voordeel van ander sou wees, want die ware seremonie wat die meeste saak maak is die een voor YAHUVEH, die ander is getuies tot ons huwelik, maar YAHUVEH is die een wat jou waarlik trou en sielsgenote saambind tot Een. Ons het ook geleer dat sielsgenote nie moet wag om eenmaal per jaar die huweliksverbond te herdenk nie, maar eerder elke maand. Wanneer julle maandeliks in plaas van jaarliks julle huwelik herdenk, sal julle vir altyd pasgetroudes bly. YAHUVEH het self dit vir ons geleer en ons neem ook nie die saamkom as een vlees as vanselfsprekend aan sonder om eers mekaar te salf en vir YAHUVEH en YAHUSHUA te vra om ons lief te hê deur mekaar nie. Ons dank YAHUVEH en YAHUSHUA want hulle liefde maak ons s'n sterker en ons dank hulle vir hulle passie want dit vermeerder net elke dag, so ook ons liefde.

Dit was baie maal geprofeteer dat ek en my man huwelikseminare sal aanbied en skrywers van besteverkoper boeke oor die Huwelik en verlossing vir Christen pare sal wees. Ons erken nederig dat alles wat ons geleer het, het ons óf deur foute geleer óf ook aan die voete van die troon van YAHUVEH en YAHUSHUA.

Ek laat julle met hierdie woorde wat YAHUVEH vir my en my Man geleer het wat hy uitgespreek het Hy in 'n profetiese boodskap wat aan my gegee is. Oorweldigende gesalfde liefde sal enigiets oorwin! Valentynsdag (Heidense Vakansiedag) kom vinnig nader en dit is 'n dag wat veronderstel is om ware liefde te herdenk. Huwelike kom in die moeilikheid as hulle net staat maak op een of twee dae per jaar om ware liefde te wys. Elke dag moet soos 'n Valentynsdag wees vir Wedergebore Heilige Geesgevulde pare wie YAHUVEH en YAHUSHUA eerste in hul lewens en huwelik stel. Kyk na die 'Bone of my Bone" gedig wat YAHUVEH in 'n droom aan my gegee het terwyl Hy het my gepraat het, dit is op die webwerf Indekskaart. Manne, vra julleself af, is jy die beste man wat jy kan wees? Waag dit om jou opinie met YAHUVEH se vereistes vir 'n goeie eggenoot te vergelyk. Alhoewel hierdie gedig vir my sielsgenoot en nou my man, geskryf was nog voordat ons mekaar selfs onder oë gehad het op hierdie aarde, kan ek eerlik sê hy voldoen aan AL YAHUVEH se vereistes en alhoewel hy my gewaarsku het om hom nie op 'n voetstuk te plaas nie, mag ek, want wie ken hom beter op hierdie aarde as sy vrou, beste vriend en sielsgenoot ander dan ons Hemelse Vader YAHUVEH en ons Verlosser YAHUSHUA.

AS 'N MAN 'N VROU LIEFHET NET TERWILLE VAN OPPERVLAKKIGE SKOONHEID, DAN IS DIT WELLUS, NIE LIEFDE NIE!

Daar is geen ander man op hierdie aarde wat hierdie gesalfde vrou kon hanteer as my sielsgenoot nie. My liefling het my geleer dat die kleur van my platinum hare hom nie beïndruk nie, my grimering beïndruk hom nie, my mooi klere beïndruk hom nie, hy gee nie om dat ek nie my perfekte gewig is nie, en hy gee nie omdat dat ek nie meer 21 is nie, hy het my geleer dat dit alles oppervlakkige skoonheid is. My geliefde eggenoot kyk verby die salwing en hy het my lief vir die vrou met die kwaliteite van 'n kwesbare kind wat ek so hard probeer het om weg te steek, maar jy kan niks vir jou sielfsgenoot weggesteek nie. YAHUVEH het vir my en my man geleer wat ware liefde is en hoe lieflik 'n Huwelik kan wees as die liefde van ons Skepper en Verlosser toegelaat word om deur beide van ons te vloei. My geliefde is besig om my balans te leer, iets wat ek na strewe om te leer, om die behoeftes van die familie voor die behoeftes van die Bediening te stel.. 

Ter afsluiting, daar kan geen beter aardse leier vir hierdie Bediening of man of Vader vir ons seuns wees nie. In my leeftyd het ek nooit enigiets by 'n man geleer nie, totdat ek my geliefde ontmoet het , nou leer ek elke dag nuwe dinge by hom. Dit het 'n hele nag en 'n groot deel van die dag gevat om hierdie neer te skryf, maar ek bely my liefde en bewondering en dankbaarheid vir Apostel Nikomia teenoor die hele wêreld en eendag sal elkeen wat ooit 'n gebed opgesê vir my Sielsgenoot en die Manlike hoof van hierdie Bediening om na vore te kom, ons in die Hemel ontmoet en ons van aangesig tot aangesig ontmoet. Ek weet dit, daar is geen manier dat enige paar mekaar meer kan liefhê as ons nie. Ek weet daar is geen manier dat enige huwelik meer lag en liefde en salwing kan hê as wat ons het nie. GELUKKIGE VERJAARSDAG LIEFLING. EK SAL YAHUVEH VIR ALTYD LOOF OMDAT HY JOU SIEL GESKAPE HET EN MYNE BY JOUNE GEVOEG HET!

Liefde en Seëninge in die naam van YAHUSHUA tot EER van YAHUVEH.

Apostel Elisabeth Elijah Nikomia

http://www.amightywind.com

http://www.almightywind.com

* * * * * * *

Is JY op soek na jou Sielsgenoot? Asseblief, epos ons as jy nog nie het nie, want ons het 'n unieke salwing om Sielsgenote bymekaar te bring. Besoek die Bone of My Bones Ministry bladsy hier.

Y