|
PROFESIE 32 PASOP VIR DIE GOUDKOORS HERLEWING! ('n Groot Misleiding) deur Apostel Sherrie Elijah 14 April 1999 * * * * * * * * |
Hierdie Profesie praat nie net van die valse manifestasie van goudstof wat op die liggaam verskyn nie, maar ook van tande wat goud word sowel as die oorlog van Kosovo. Maar dit kan ook van die oorlog vandag in Irak en Afganistan praat, want dit geld nogsteeds. 'n Broer in YAHUSHUA het aan my geskryf en uitgevra oor hierdie profesie 32. Vader YAHUVEH het gesê dit moet weer gepos word op inJesus.com en hierdie e-pos moet bygevoeg word wat vanaf Maleisië aan my gestuur is, vanwaar ons baie het wie YAHUSHUA, in Grieks JESUS CHRISTUS, aangeneem het na aanleiding van die waarhede wat in hierdie bediening gespreek word. Die Profesieë is oral oor Maleisië, Afrika, Indië, Engeland, om maar net 'n paar buitelandse nasies te noem. Selfs 'n Christelike Kerk in Irak het die profesieë en deel dit met hulle lidmate. Bid asseblief vir die Christene en Messiaanse Jode in Irak want hulle is 'n verborge minderheid en 'n broer het 'n jaar gelede aan my geskryf wie 'n Pastoor daar was. Ek gebruik die term 'was'... omdat ek nie weet of hy en sy kerk nog lewe na wat ek op die nuus gesien het nie... Ek weet dit, ek sal hom in die Hemel ontmoet, alhoewel ek nooit die voorreg sal hê om hom op aarde te ontmoet nie. Liefde en seëninge in die NAAM van YAHUSHUA Sherrie
Elijah
Onderaan die Profesie is kommentare en 'n uittreksel van 'n persoon uit 'n geselskamer (chatroom) wie die Goudkoors herlewing beleef het. Die GOD van Abraham, Isak en Jakob het my na jou toe gestuur. Sy Naam is 'EK IS' YAHUVEH. 'EK IS' stuur my na beide Jood en Heiden, die geredde, die teruggevalle, die ongeredde. Mag julle die RUACH ha KODESH hoor praat deur hierdie geskrewe woorde en mag alles die NAAM van YAHUSHUA, YAHUVEH en die RUACH ha KODESH verheerlik. Hy wat 'n oor het laat hulle hoor wat die Gees aan die kerke sê, al die ander bly doof.
'EK IS' en MY Seun YAHUSHUA, is nie verheerlikte tandartse nie. ONS is die GOD van die Skepping. ONS na-aap nie 'n mens se weë nie. Soek biddend die waarheid want daar is mense wat dit beoog om julle te mislei. Dit is niks meer as towery, kulkuns, middeleeuse chemie en betowering nie, die toorkuns om metaal in goud te verander. Pasop geestelike leiers en die mense wie bonatuurlik hierdie goudvulsels in hul monde ontvang (alhoewel sommige dit deur kullery eis), en boodskappe van satan opvang soos 'n radiosender, hulle sal nie instaat wees om ooit weer die ware stem van die RUACH ha KODESH te onderskei nie. Hulle het hulle siele verkoop vir 'n mondvol goud as hulle nie BEROU toon en dit verwyder nie. Studeer en bewys dat julle waardig is. Waar is dit in die Heilige Geskrifte wat EK julle gegee het? Hulle noem dit 'n 'herlewing' maar die vlamme van die Hel lek aan hulle voete. Weet julle, MY weë is nie die weë van die wêreld nie? Julle hardloop heen en weer en selfs die heidene doen dit ter wille van die golf en julle hardloop agter tekens, wonders en wonderwerke aan en weet nie dit is wat die antichris gaan gebruik om so baie te mislei nie. Weet julle nie dat tekens, wonders en wonderwerke diégene agtervolg wat glo nie, dis nie julle wat tekens, wonders en wonderwerke moet agtervolg nie. My mees betroubare diensknegte word weggelei soos 'n vark met 'n goue ring aan sy snoet. Julle wie hierdie dinge doen wys julle ware vrugte, pasop want julle sal verantwoordelik gehou word. Hoe durf julle MY Ware Diensknegte beledig wie julle waarsku en julle daaraan herinner dat selfs die ware uitverkorenes mislei sal word indien moontlik. Dit is slegs moontlik as niemand gewillig is om te waarsku en te praat nie. Julle moenie hulle haat nie, maar wees dankbaar vir hulle vrymoedigheid. Nee, maar in hierdie tye sal wat goed is, boos genoem word en wat boos is sal goed genoem word. EK het nie nodig om metaalvulsels in tande in goud te verander om siele te red of om goudstof oor julle te sprinkel nie. Dit kos die Bloed van YAHUSHUA om julle te bedek, nie goudstof nie.
As
dit al is wat nodig was, sou EK nie MY Seun YAHUSHUA as 'n offer op
Golgota gegee het nie. Julle geestelike leiers EK beskuldig julle van
hierdie dwaasheid, BELY VANDAG! Moenie deel hê aan hierdie
goudkoors herlewing nie. Vind uit wie die towenaars in die kerke is
wie dit in die kerke en tempels inbring en jaag hulle uit. Julle is
die blindes wat die blindes lei. Beide sal in die ingewande van die
Hel val as julle die mense na tekens, wonders en wonderwerke lei en
nie na verlossing nie, YAHUSHUA is SY NAAM! MY Mense, vlug van sulke
plekke as julle dit sien. Bestraf satan en vlug.
EK
roep na MY Verlore Skape wat hulself MYNE genoem het en nogtans na 'n
ander herder se arms gehardloop het. 'n 'Vals" herder, een wat
hulle wie eens MY Lammers genoem is, ter slagting sal lei. Hulle wie
na MY toe kom en MY Redder noem, doen so slegs deur die tekens van
metaal wat in goud verander of omdat hulle goudstof sien. Besef julle
nie dat slegs liefde, ware liefde vir MY julle siele kan red nie?
Besef julle nie dat berou, ware berou julle siele kan red nie? Onthou
julle nie dat EK wondertekens, wonders en wonderwerke met Moses
gedoen het en die bose farao sy goëlaars, towenaars en
kulkunstenaars gekry het om dieselfde te doen nie?
Ellende
wag op hulle wat MY Mense leer om sonde te doen en te aanvaar wat nie
van MY RUACH ha KODESH is nie. Julle is dieselfde persone wat hulle
in die paadjies laat rol en soos honde laat blaf en in chaotiese
spottery laat lag, en voorgee dit is die vreugde van die Here. Julle
leiers, EK sal julle wie MY kudde laat verdwaal, so vinnig platslaan,
julle sal nie eers gewaarsku word nie. Beskou dit as julle
waarskuwing, maar so min sal nie eens MY stem hoor nie want hulle
hoor die stem van 'n ander wat nou deur satan met hulle praat. Julle
leiers, julle word aanspreeklik gehou en sal verantwoordlik gehou
word vir wat julle weet. Julle valse leiers wie MY Mense op 'n
dwaalspoor lei is dieselfde persone wat nou MY Woord gebruik om voor
te gee dat dit YAHUSHUA is wat deur die mense kanaliseer. Kom uit die
kerke uit wat al hierdie dinge doen waarvan EK hulle vandag
beskuldig, of kuddes wat eens MYNE was, julle name sal vir ewig
uitgewis word uit die Lam se Boek van die Lewe. Hoekom val julle nie op julle knieë en vas en tree dag en nag in weens die gruweldade wat gepleeg word in 'n oorlog wat deur satan self georkestreer word nie. Besef julle nie dat 'EK IS' gaan op 'n streng manier hulle oordeel wie deelneem in NATO en hierdie gruweldade doen. Julle oë is op goud en nie op die onskuldige mans, vrouens en kinders wie julle bombardeer en daagliks vermoor nie. Pastore, Profete, Apostels, Evangeliste en Onderwysers, pasop, julle wie eens MY Woord gespreek het en nou die spel 'Volg die leier', speel, 'EK IS' is die engiste leier wat julle moet volg. 'EK IS' volg geen man of vrou nie. Julle moet 'EK IS' volg. 'EK IS' is nie in die populariteit van bedienings by wie julle handtekeninge soek vir skande nie. MY Dienaars is veronderstel om die mense te dien, maar instede daarvan word hulle deur regerings tot sonde verlei met omkopery deur belastingvrystelling in ruil vir stilswye, en waarsku julle dan dat as julle praat julle finansieel sal betaal daarvoor. Ter wille van geld muilband julle julself. Julle lewer bewys van watter God julle dien as julle nie sê dat homoseksualiteit 'n sonde is nie. Aborsie is sonde! Hierdie oorlog is sonde! Die weë van die wêreld is sonde! Iemand wat 'n vriend van die wêreld is, is nie 'n vriend van 'EK IS' of MY Seun YAHUSHUA nie, PASOP! EK kla julle nou aan, julle wie julself geestelike leiers noem, julle wie op die maat van die wêreld se tamboerslaner masjeer. Hoekom hoor julle nie MY stem wat sê julle moet teen onheiligheid praat nie? Julle leer MY Mense om te sondig deur stil te bly en maak nie saak wat deur julle politieke leiers gedoen word nie, julle sê 'EK IS' wil nie hê hulle moet teen dit wat onheilig is, veg nie, en ook nie teen die leiers van die nasies wat hierdie dinge doen, praat nie. Bid dat hulle berou sal hê. Maar moenie toelaat dat die geestelike leiers en die politieke leiers julle tot binne in die ingewande van die hel lei nie. Moenie toelaat dat die bloed van ander julle kledingstukke deurweek nie. Moenie verblind word deur die roem en fortuin wat satan aan hierdie wêreld offer nie. Ja daar is 'n herlewing, maar 'n groter herlewing van voetstappe wat na die Hel lei deur die groot wegval van MY waarheid. Satan het ook 'n herlewing aan die gang, so pasop vir die vervalsing, karnaval, herlewing. Ek kla julle geestelike leiers aan. Nie almal masjeer op die dromslag na die Hel nie. Daar is hulle, soos hierdie Diensmaagd en andere, wie dapper uitroep en protesteer en indien nodig, hulle lewens sal neerlê ter wille van MY. EK waarsku julle, vir Jakob het EK liefgehad, vir Esau het EK gehaat. As julle beoog om MY Jakoppe stil te maak, staan julle in gevaar om soos een te word met 'n gees soos wat Kain gehad het. Julle staan in gevaar dat MY liefde in haat teenoor julle sal verander. Dit is julle wie die RUACH ha KODESH belaster wanneer julle dit durf waag om te sê dat 'n werk van satan deur die RUACH ha KODESH gedoen word. Toets elke gees wat praat. Toets elke teken, wonder en wonderwerk. Is dit in lyn met die Woord van 'EK IS'? Die goudstof wat julle en julle klere besprinkel. Die goudstof word uit die hel vir julle gestuur om julle soos 'n kombers te omvou en julle oë te verblind en julle in 'n diep geestelike koma te plaas waar julle nie langer kan onderskei tussen reg en verkeerd nie. EK kla julle geestelike leiers aan vir wie EK eens kon vertrou, EK kan nie meer nie. Hoekom protesteer julle nie en laat julle mense nie toe om teen hierdie oorlog te protesteer nie? Hoekom noem julle julself 'n vriend van die politieke leiers wie hierdie gruweldade doen? Besef julle nie dat julle verantwoordelik gehou sal word deur nie te praat nie, uit vrees dat julle jul belasting vrystellings status sal verloor? Julle Geestelike leiers, julle het die omkoopgeld van die regering om stil te bly, aanvaar. Julle het julle geboortereg verruil vir 'n handvol goud, net soos Esau. Hoe groter die bediening, hoe meer kon julle MY Mense laat opstaan het en praat het en vir die heidene gesê het, nee. Maar julle het stilgebly ter wille van omkoopgeld en moorde op onskuldiges toegelaat en die bloed is op julle hande, geestelike leiers en almal wie hulle navolg en almal wie hulle ondersteun met julle tiendes en offergawes. Moenie enige seëninge van MY verwag nie, want wanneer die tyd kom en julle roep uit vir MY verlossing, onthou julle waar julle was toe die onskuldiges julle stemme nodig gehad het om hulle te verdedig? Oorlog ter wille van gulsigheid. Die mens speel God en MY mense bly stil. Wat sal julle doen, julle wie stilbly en die bombardering van onskuldige mans, vrouens en kinders gadeslaan, julle het hulle bloed aan julle klere. As iemand net iets wil doen en praat , as elke kerk net teen dit wil praat. Vas, bid en tree in. Moenie julle deure toemaak totdat julle MY hand van verlossing sien nie.
Amerika,
ellende wag op jou. Daar was nog nie gestorte bloed op jou strande deur
baie jare van oorlog nie, maar jy het dit nou op jouself
gebring. EK hou nogtans die hand van die laksman terug ter wille van
die paar mense wie om genade uitroep. Maar wanneer dit kom, sal daar geen
waarskuwing wees nie. In die stilte van die nag sal dit aanval,
sonder enige waarskuwing. Jy is so opgeblaas met trots dat jy dink
geen nasie sal terugslaan nie, maar ellende wag op jou, Amerika, want
wanneer dit tyd is vir aanval, sal dit nie deur een hand wees wat jou
slaan nie, maar deur baie hande wat jou slaan vir dit waarin jy
deelneem. Jou bondgenote sal nêrens insig wees nie, want hulle
sal besig wees om vir hul eie lande te veg. Ellende wag vir julle MY
Kinders, wie hierdie oorlog ondersteun, julle geld is met bloed
deurdrenk. EK beskuldig julle van dit, geestelike leiers en almal wat stilbly, julle is nie anders as die wat tydens die Menseslagting (Holocaust) stilgebly het nie. EK beskuldig julle van dit, politieke leiers wie stilbly wetende dat wat gedoen word, verkeerd is, nogtans dit nie waag om die boot te skud nie, uit vrees uit. Julle sal julle boot geskud hê maar dit sal deur die hand van 'EK IS' se toorn wees. EK sal dit nie net skud nie, EK sal julle lewens omkeer en julle onder hou. BELY VANDAG! Praat vandag. Moenie die een haat wat hierdie boodskap aflewer nie; sy gehoorsam slegs MY wil. Iemand moet praat en soos Moses wees en sê "LAAT MY MENSE GAAN!" Wanneer die tyd kom en julle sien Israel word omring deur troepe, sal julle dan praat? Wanneer julle die dreigemente van jul eie nasie hoor wat MY Dogter Jerusalem dreig, sal julle dan praat? Wanneer die missiele in hulle rigting wys deur jul eie nasie, sal julle dan praat? Julle geestelike leiers wie vreesbevange in die hoek sit met julle monde gemuilband omdat julle die omkoopgeskenk van goud aangeneem het, toegedek in julle goudstof, louwarm met 'n vorm van Goddelikheid en geen Goddelikheid daarbinne nie.
Julle
wie MY Woorde aan die mense voorlees en nogtans nie reageer op die
woorde nie, geloof sonder werke is dood. Julle sing julle lofprysings
aan MY en nogtans sê EK, "Weg met julle lofprysings want
julle toon MY geen lofprysing net met die vorming van julle
lippe in sang alleen nie. Julle harte is ver van MY. Julle praat van liefde
en nogtans kla ek julle geestelike leiers aan, waar is julle liefde?
As julle MY liefhet sal julle MY gehoorsaam. Julle sal MY Mense leer
om te gehoorsaam. Praat soos Johannes die Doper en moenie vir julle
lewens vrees nie".
Ellende wag op die nasies en die mense wie deelneem in die beskerming van die werkers van die bose en wie diegene doodmaak wie MY aanbid. Ellende wag op enige nasie wat nie alles moontlik doen om Jerusalem te beskerm nie. EK het Israel verberg alhoewel sy MY eiewyse dogter is, sy is MY dogter en EK het haar baie lief en waak met jaloesie en sal beskerm wat MYNE is. Haar oë was verblind en nou probeer goudstof om haar verder te verblind, maar EK sal persoonlik haar oë met trane afvee, om helder te sien en sy sal haar Redder YAHUSHUA sien kom en Israel verlos. O Jerusalem, O Jerusalem, EK sal julle bymekaar maak by MY en MY arms om MY Mense slaan en enigeen wat dit durf waag om teen julle te staan, sal uitvind hoe dit is om te probeer om die ALMAGTIGE GOD te vernietig wie die GOD is van Abraham, Isak en Jakob. 'EK IS' is MY NAAM en EK deel MY Glorie met niemand of niks nie. Julle het MY liefgehad, maar nie MY Seun YAHUSHUA wie op aarde gebore was op julle grond uit die lendene van julle eie vlees nie. Nogtans verag julle steeds die enigste Verlosser wat julle ooit sal ken. Dog, dit is besig om te verander en MY RUACH ha KODESH waai oor Israel en die vyand kan dit nie stop nie. O ISRAEL, moenie opgee wat EK julle beveel om nie oor te gee nie. O Israel, moenie ingee teen die intimidasie van oorlog of gerugte van oorlog of verwoesting nie. Glo dat 'EK IS' julle sal red en verlos uit die hande van die vyand en uit die hande van vreemde kinders. Glo dat EK julle en al MY Kinders in al die nasies sal verlos uit die hande van vreemde vuur. Moenie mislei word nie. Jaag die towenaars uit julle kerke en tempels. Jaag die aanbidders van goue afgode weg van MY Kinders af. Leiers, BELY vandag omdat julle nie standpunt inneem teen die ongoddelikheid nie. EK spreek hierdie boodskap deur MY Diensmaagd Sherrie Elijah en alhoewel die boodskap nie julle ore kielie nie, is dit 'n boodskap wat van die GOD van Abraham, Isak en Jakob afkom en die Hemelse Vader van YAHUSHUA. 'EK IS' is MY NAAM en 'EK IS' het op hierdie dag gespreek, so laat dit opgeteken wees op aarde net soos in die Hemel.
* * * * * * *
4/14/1999, 6:46 vm. So is dit gespreek, so is dit geskryf. Dit is die boodskap wat ek gehoor het om af te lewer. EK spreek dit nederig uit en vra vergifnis van GOD YAHUVEH,YAHUSHUA as ek nie alles volledig gehoor het nie of omdat ek nie wou beledig het nie, of as ek enige woorde gesensor het. Dit is 'n verskriklike ding om so 'n ontsaglike verantwoordelikheid te hê om die GOD van die Skepping 'EK IS' se woorde te spreek, dit is soos RUACH ha KODESH vuur wat in my beendere opskiet. Ek is deur die Here aangesê dat 'EK IS' my verantwoordelik hou vir wat ek sê en wat ek nie sê nie.
Bid
asseblief vir die Apostels en Profete wie net soos ekself, aanslae
moet verduur deur woorde te spreek wat mense nie wil hoor nie.
Weereens bevind ek myself buite die hoofstroom kerke terwyl ek na
binne kyk. EK het nog nie hierdie goud in iemand se mond gesien nie,
maar ek ken 'n suster wie aangeval is en 'n godslasteraar genoem is
omdat sy teen dit gepraat het wat die RUACH ha KODESH my vertel het
'Goudkoors herlewing' genoem word en wat geen herlewing hoegenaamd is
nie. Toe die Israeliete rondom die goue kalf gedans het, het
enigiemand dit durf waag om op te staan en te sê "Nee"
dit is nie GOD nie? Hulle het hul goud gevat en 'n afgod gemaak
dieselfde tyd toe GOD YAHUVEH, deur 'n ware beweging, die wette met
SY vinger op 'n leiklip geskryf het.
Die
GOD van Abraham, Isak en Jakob het deur hierdie Diensmaagd Sherrie
Elijah gespreek. Julle sal op hierdie dag verantwoordelik gehou word
wat julle met hierdie boodskap en met haar doen. Hierdie boodskap mag
gekopieër en gepos word in totaliteit net soos dit is met niks
bygevoeg, of verander nie.. Ek bly steeds net 'n nederige Diensmaagd
van 'EK IS' en YAHUSHUA, Pastoor Sherrie Elijah. Ek het gebid dat as hierdie wonderwerk werklik van YAHUSHUA af is, ek wakker sal word met holtes in my tande wat opgevul is. Want GOD weet dat ek 'n wonderwerk nodig het. As gevolg van gebrek aan fondse en vrees het ek gewag vir 'n wonderwerk of 'n verheerlikte liggaam waarvan die tande nie verrot nie. Ek wil hê julle moet weet dat ek YAHUSHUA belowe het dat as dit van HOM af was, dat ek dit op die internet sou uitbasuin. HY sou dit bewys het deur 'n wonderwerk te doen. EK het ook satan bestraf en hom gesê hy het geen eis op my nie. Nodeloos om te sê ek het nie goud of opgevulde gate in my mond nie.
Apostel Sherrie Elijah
Hier volg 'n gesprek met iemand in die geselskamer wie die goudkoors herlewing beleef het:
Rev : Hi ek sien op jou webblad van goudkoors herlewing, kan ek jou daaroor uitvra? Ivan : Ja Rev : Het jy dit gesien? Ivan : Ek ken iemand wat dit gesien het .... dit is die naaste wat ek kon kom Rev: Ek het dit ek weet nie wat dit veroorsaak het nie. hoe raak ek ontslae daarvan ek het nooit daarvoor gevra nie Ivan : Wat het met jou gebeur ... Rev : Ek het dit by 'n 'voorspoed-gulsige' kerk gekry Rev : daar is 'n snaakse antichrisgees daar dit gaan saam met Dan 11:36 Rev : dit vloei uit die handpalms en vingers met olie Ivan : Ja so hoor ek Rev : Ek haat dit hoe raak ek ontslae daarvan Ivan
: Het jy enige goudvulsels gekry Ivan
: ek vermoed probeer dit
* * * * * * * KOMMENTAAR OOR HIERDIE PROFESIE: Onderwerp
: goudstof en laggende herlewing? Groete in Jesus se Naam. Ek
wil graag weet rakende hierdie goudstof en laggende herlewing, het
dit doodgeloop? Het julle enigiemand gesien wie nou bevry is van
hierdie demone? Lei hulle 'n oorwinnende lewe as bybel christene? Ek
glo die valse manifestasies is van dieselfde Rooms Katolieke geeste
wat valse manifestasie en visioene van mary bring wat gekoppel is met
Mary en antichris. As julle enige van dieselfde getuienisse het, laat weet my asseblief.
God seën Ns. Michael Maleisië
Wil julle hierdie "Goudherlewing" self sien? Kyk op die internet en sien self. Ons kan nie verantwoordelik gehou word deur die skape na die wolwe se lêplek te lei nie. As julle ons nie glo nie, julle word nou verantwoordelik gehou vir wat julle weet en gehoor het. Maak seker julle onthou ons en kom terug.
* * * * * * *
Alhoewel ek dit met julle deel het dit nog nie NZ lys gehaal nie. Julle profesie bevestig slegs wat die Gees van God in my aangeroer het.
God seën jou suster
* * * * * * *
Aan : prophetic@revival.gen.nz Van
: "Elli
Ek het nie persoonlik hierdie wonderwerk ontvang nie (NOGNIE), alhoewel ek die voorreg gehad het om in baie se monde te loer... wat 'n gesig! Een vrou wie meeste van haar kinderjare op welsyn was het 8 nuwe goue tande! 'n Ander vrou het 4 goue tande &/of vulsels die Woensdag gehad en teen Saterdag het sy 11 gehad!! (Ek het haar op beide stadiums van hierdie wonderwerk gesien). Een man het twee pragtige, perfekte, helder goue tande gehad en een van dit het 'n kruis uitgegraveer gehad! Ek weet dit klink onmoontlik om te glo, maar ek het dit met my eie oë gesien!
Liewe Andrew en naamlys, Ek wil graag 'n paar gedagtes met julle deel waarmee ek diep beïndruk is, nadat ek die pos oor die buitengewone 'goud' gelees het en dit het betrekking met die tyd van 'valse tekens en wonderwerk' wat uit die woonplek van God (die tempel van God) sal kom aka(?) "die kerk" in, wat ek glo "ons" tye is. Ek het gelees van die opgewondenheid wat mede Christene deel oor hierdie 'wonders', en ek vra myself, hoekom is dit dat *ek* as kind van God, nie dieselfde opgewondenheid voel nie, maar eerder hartseer binne-in my voel?
Terwyl ek die verslag op TACF volg, was my gedagtes gelei na die gedeelte in 2 Thess 2 en ek het by myself gewonder .... wat dink Christene word in daardie hoofstuk beskryf (hoe lees julle?), wat visioenaliseer hulle as misleiding van satan en hoe gaan dit manifesteer? Dink julle regtig dat die Valse Profeet op die toneel gaan verskyn, afskuwelik lyk en aankondig "Haai, ek is die valse profeet"? Dink julle regtig julle sal instaat wees om die leuen te onderskei wanneer dit in julle midde verskyn (midde in God se woonplek, die huis van God, aka (?)die "kerk")? Ek kry die gevoel dat meeste Christene, en veral hulle wie agter elke 'teken en wonderwerk'-bewegings aanhardloop, die idee het dat 'n "vals wonderwerk" die reuk van swael MOET hê of afskuwelik moet wees, om van die bose te wees.
Ek sê nie hier dat God nie kan besluit om hierdie soort ding te doen nie, maar eerlikwaar ek glo dit is buite God se karakter, wanneer Sy hart breek oor die behoeftes van gebroke harte en geeste. Dat Hy 'n vrolike tyd het deur "goue engel stof" in die trane van (blinde?) aanbidders te strooi.
WORD WAKKER MENSE! Satan se wonderwerke sal in julle midde verskyn en hy sal homself verhoog oor alles wat God genoem word (of 'van' God is), terwyl hy tussen God se mense sit AS GOD (of as 'van' God .... en soos Mnr Sandman 'goue' sand (Sterk verdunning) in julle slaperige oë strooi! Dit is hoogtyd om WAKKER TE WEES!!! MOENIE op 'n dwaalspoor gelei word nie.
Dienende in Sy liefde, Elli
aka(Grace2U)
3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die
verderf sit en voorgee dat hy God is.
sy wederkoms tot niet sal maak,
9
hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande
kragtige dade en tekens en wonders van die leuen om
gered te word nie. www.amightywind.com www.almightywind.com
|