PROFESIE 6
EERS
WEEN EK, DAN IS EK KWAAD!
Gegee
aan Sherrie Elijah op 12 Mei 1997
|
In 'n boodskap gedateer 97-05-12 01:15:00 EDT, skryf KT Jerome : Ek is trots op Christene soos jy wat dit sal waag om die waarheid te spreek in die aangesig van vervolging en/of kritiek. Liewe Kelly, Jy weet nie hoe baie ek dit nodig het om jou hierdie woorde te hoor sê nie. Ek was net vanaand so wreedaardig aangeval. Dit is die derde keer in 'n week en dit kom van gelowiges wie sê hulle dien YAHUSHUA. Ek bely teenoor jou, dat ek vanaand gehuil het omdat ek aangeval was en goddeloos genoem was as gevolg van my gawe, my foto, want ek het lang blonde hare en dra grimering. Dit het so seer gemaak en ek het gehuil en YAHUSHUA het niks gesê om my te versterk nie. Dit het my net slegter laat voel. Dan, toe ek gesê het, "YAHUSHUA, gee U nie om dat ek seer het nie, ek wil slegs 'n seën vir U mense wees, hoekom val hulle my so aan? Hoekom bly U stil?" Ek weet nie hoekom ek vir jou dit vertel nie; ek het nie gedink ek sou dit vir iemand vertel nie want ek is so verleë. Snaaks, ek voel die salwing terugkom op my om hierdie woorde te spreek en op te hou en om in die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) te bid. * * * * * * * YAHUSHUA
(Jesus) het met my in my Gees gespreek en gesê, "Ja EK gee
om en die rede hoekom EK nie praat nie is omdat EK saam met jou huil.
Want EK stuur jou na MY Mense toe om 'n seën te wees en sommige
het jou as 'n vloek behandel. Maar EK, YAHUSHUA, is ook as 'n seën
gestuur en hoe baie het MY as 'n vloek behandel? EK huil saam met jou
en vir jou en vir almal wat van beter weet, maar nogtans MY gesalfde
boodskappers aanraak, alhoewel hulle gewaarsku was. EK huil vir wat
MY Kinders wie hulself by MY NAAM noem, aan mekaar doen. Die afguns,
die jaloesie, die wantroue, die beskuldigings, die liefdeloosheid en
haat. Die leuens wat aan 'n ander vertel word en hulle koppel MY NAAM
aan die leuen asof EK dit gespreek het. EK huil, want MY hart breek,
want daar is so baie onvolwassenheid selfs in die volwasse
Christene. EK
was deur Judas verraai. Behandel EK almal soos 'n Judas? Nee. EK was
deur Petrus verloën. Verloën EK julle? Nee. Stop dit nou.
EK kies nog 'n maal om uit te spreek en sê die einde is in sig,
as julle maar net kon sien hoe naby MY koms is. Wat julle ookal
geroep is om te doen, doen dit nou, met alles waarmee EK julle
toegerus het. Daar is geestelike gawes wat in julleself opgesluit is
waarvan julle nie weet nie. Julle moet mekaar se gawes oproer, nie
mekaar se woede nie. Julle maak MY kwaad as julle dit doen. Julle
baklei nie vir MY nie, julle baklei teen MY. As julle nie vir MY is
nie, is julle teen MY. Hou op om 'n ander volgens hulle voorkoms te
oordeel. Hoeveel maal moet EK myself herhaal? Hoekom wil julle nie
luister nie? Hoekom dink julle julle is beter as 'n ander as gevolg
van velkleur, of ras, uiterlike kleredrag of voorkoms? Staan saam en veg vir Heiligheid. Staan saam en beveg onheiligheid. In MY KRAG, in MY WOORD, in MY NAAM, onder MY SALWING, deur MY BLOED sal julle meer as oorwinnaars wees deur YAHUSHUA ha MASHIACH julle Meester. Maar julle moet by mekaar aansluit. Geen gelowige is 'n ketting nie, slegs 'n skakel in 'n goue ketting. Sommige is groter skakels as ander, maar julle het mekaar nogtans nodig in hierdie ketting, wat satan sal vasbind en hom in die poel van vuur gooi op sy vasgestelde tyd. Onthou, EK is vir julle, die Hemel staan op MY bevel. Julle sal nie misluk tensy julle verkies om nie na hierdie woorde te luister wat EK op hierdie dag gespreek het nie. Maar selfs dan sal EK nie misluk nie. Want EK is nie 'n GOD wat kan misluk nie, EK sal slegs meer eindtyd troepe oprig om julle plekke te vul. Julle sal nie misluk sokank as wat julle ag gee op hierdie woorde wat op hierdie dag, 12 Mei 1997 deur MY Diensmaagd, Sherrie Elijah gespreek is nie. Julle wie geestelike ore het om te hoor sal luister, al die ander sal doof bly. So is dit gespreek en opgeteken op hierdie dag. Seëninge of vloeke sal julle rigting kom, afhangende van wat julle op hierdie dag met hierdie profesie gaan doen. Bely nou MY Kinders voordat dit te laat is. * * * * * * * Gegee
aan Profeet Sherrie Elijah op 12 Mei 1997 Lees
dit asseblief en sê vir my as jy die stem van die RUACH ha
KODESH deur dit hoor. Ek is so verbaas. Ek het sedert die 9de en 11de
gevas en miskien is dit hoekom hierdie boodskap uitgekom het. Ek weet
nie .... Dankie omdat jy A.S.A.P antwoord en asseblief YAHUSHUA laat
U mense duidelik U woorde hoor en nie myne nie. As dit regtig U is,
laat Kelly die eerste een wees wat die magtige salwing sal voel. Seën
hierdie liewe hart wie U stem gehoor, en aan my 'n woord van
bemoediging geskryf het alhoewel sy my nie geken het nie, maar U
gehoorsaam het sodat hierdie salwing na vore gekom het. Seën
haar magtiglik en ek bid dat die mense wie mekaar bewustelik
seergemaak het, mekaar ontmoedig het, openlik teenoor U en mekaar sal
bely. EK vra dit in U NAAM YAHUSHUA. Ek vergewe hulle wie my so
wreedaardig sonder rede aangeval het, en ek beskou dit as 'n vreugde
omdat U iets goed hieruit voortgebring het. Alle dinge werk mee ten
goede vir hulle wat vir YAHUVEH liefhet en na Sy voorneme geroep is.
Ek het U lief YAHUSHUA. Ek het jou lief liewe Kelly omdat jy YAHUSHUA
gehoorsaam. Ek wil jou e-pos hou soos dit is, sodat ander kan sien
dit was nie versin nie. Mag ek dit gebruik soos dit is? Moet
asseblief nie verleë voel nie want YAHUVEH het jou gebruik om
die gawes in my aan te wakker. YAHUSHUA sal jou magtiglik seën
want jy het hierdie diensmaagd in die vroeë-oggend 3:35 vm
sentrale tyd geseën. Ek voel weereens gelei om te vra dat aangesien dit binnekort gelowiges dwars oor die wêreld sal bereik, dat ek op soek is na 'n ander lewende profeet van YAHUVEH , sy voornaam is Nikomia, miskien in Kanada omgewing, wat Frans vlot praat. YAHUVEH het my hierdie naam gegee en gesê hy is 'n lewensnoodsaaklike bate vir hierdie bediening waarin ek is. E-pos my asseblief as julle weet van enigeen met hierdie naam. YAHUSHUA sal julle waarlik magtiglik seën. Geloof sonder werke is dood daarom hou ek aan vra; bid asseblief 'n gebed dat ek hom gou sal vind vir YAHUSHUA ha MASHIACH se Glorie! Net om daardie gebed deur die RUACH ha KODESH te bid sal 'n seën vir hierdie diensmaagd wees en ek twyfel nie daaraan dat julle geseënd sal wees deur die een deur wie alle seëninge vloei nie. As julle hierdie profesie kopieër, stuur asseblief hierdie persoonlike nota saam met dit. Baie dankie. Ek kyk uit vir 'n wonderwerk van 'n GOD wat nie kan lieg nie. www.amightywind.com www.almightywind.com
|