PROFESIE 7
HOU STYF VAS AAN DIE SOOM VAN MY KLEED!
Gegee
aan Eerw. Sherrie Elijah
|
Dit is nie meer genoeg om net die Soom van MY Kleed aan te raak nie. Hou aan om aan MY deur te klop, en as die antwoord nie vinnig genoeg kom nie, hamer. As julle moeg raak, hou aan om te vra, te soek en julle sal vind, maar moenie ophou tot julle van die Hemel hoor nie. Want, MY Kinders, EK het vir julle brood belowe en nie die krummels van hierdie wêreld nie. Want julle sien, oordeel het na die huis van YAHUVEH gekom en dit is nie so maklik soos raak MY soom aan, of klop saggies vir julle antwoorde nie, julle beter voorbereid wees, dit mag 'n worsteling kos vir julle seëninge, soos Jakob. Maar dit bewys slegs julle geloof en maak dit sterker, wat nodig is in hierdie eindtye. So hou aan om te sê, geen krummels meer nie. Dit sal julle nie ontsê word nie. Want julle is die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH wat met Bloed gekoop is. EK
sal julle antwoord en verlos. EK lieg nie. Want julle is nie die
krummels van hierdie wêreld belowe nie, maar die Brood van
Lewe, die kinders se brood van genesing, verlossing, voorspoed, lewe
in oorvloed en vol van heerlikheid. Want YAHUSHUA is julle Brood van
die Lewe en EK wil sien of julle MY nogsteeds sal eer en aan
julle geloof vashou, alhoewel EK nie dadelik antwoord nie. EK is nie
altyd 'n mikrogolf-GOD nie. Ja, EK weet van mikrogolwe, wie dink
julle het vir julle die uitvinding gegee? Julle sal beledig, verwerp, vervolg word, maar as julle aanhou om vas te hou aan julle geloof, alhoewel EK nie dadelik verlos nie, dan sal julle net soos hierdie Kananése vrou beloon word. Want EK sal sien hoe groot julle geloof is. Want in hierdie eindtye berei EK MY Liggaam op hierdie manier voor, wanneer EK weer kom, hoeveel sal aan hulle geloof vasgehou het? Hoeveel sal wegdraai wanneer hulle in gebed uitgeroep het vir 'n behoefte en EK het nie dadelik geantwoord nie? Jy moet vir hulle vertel om bereid te wees om met MY te worstel vir hulle seëninge net soos Jakob gedoen het. Want EK begeer om te seën. EK wil slegs toets en kyk hoe ernstig julle hierdie seën soek. Sal julle MY steeds aanbid as EK nie dadelik antwoord nie? Dit is nie MY kastyding wat dit veroorsaak nie, want die vrou het aan MY voete neergeval en MY aanbid. Julle aanbid by MY voete. Maar oordeel het begin by die huis van YAHUVEH en een van die dinge wat EK toets, is hoe sterk is julle geloof? Hoe
lojaal en hoeveel sal julle op MY staatmaak? Net soos die Kananése
vrou, sal julle geloof en lojaliteit beloon word want julle sal dit
wat julle begeer, aanskou, en EK sal MY Seëninge selfs meer
oortreflik en meer oorvloediglik neerstort soos 'n rivier wat
oorloop. Julle sal soveel vreugde hê en EK sal julle so baie
seën dat julle verplig sal wees om vir ander ook te gee. Hou
styf vas aan die soom van MY kleed. Moenie laat los nie. Hou aan om
te klop totdat die deur oopgaan na julle seëninge waarvoor julle
gevra het. EK sal uiteindelik antwoord. Moenie op julle eie insig
staatmaak nie, maar ken MY in al julle weë en EK sal julle paaie
gelykmaak. Ja, dit is EK wat julle geroep het, wat sal antwoord, want EK weet wat julle nodig het, voordat julle selfs vra. Dit is volbring in die geestelike realm, maar julle moet wag vir MY perfekte tydsberekening om in die fisiese realm te manifesteer. Julle geloof dra by om dit te laat gebeur. Sê MY Woord nie, sonder geloof is dit onmoontlik om YAHUVEH te behaag, nie? Julle behaag MY deur julle geloof te wys in 'n GOD wat omgee en alles hoor en weet. Julle bewys julle geloof as julle besef julle kan julle self nie verlos nie, maar MY nodig het, julle Verlosser om julle te verlos, en EK sal. Want is EK nie julle Meester en Verlosser nie? Is die GOD wat julle dien, doof? Is MY arm te kort om julle te verlos? Nee. Word julle geloof getoets? Ja. Begeer EK om julle te seën? Ja. Sal julle een van dié wees wat stewig vashou aan die soom van MY kleed en wat sal aanhou klop? Dit is julle keuse. EK het op hierdie dag deur hierdie Diensmaagd gespreek, sodat julle sal verstaan hoekom sommige beloftes nog nie in vervulling gegaan het nie. Hou aan om vas te hou aan die mate van geloof wat EK vir julle gegee het en julle sal spoedig verlossing aanskou. * * * * * * * Gegee
aan Profeet Sherrie Elijah Hierdie
is die jongste profesie wat aan my gegee is om aan te gee en YAHUVEH
se Skape te voed. Hou stewig vas aan die soom van Sy kleed. Alhoewel
my lang blonde hare in die modder sleep terwyl HY deur die skare
beweeg, is my aangesig opgehef na SYNE, en ek gaan nie laat los nie.
Wanneer julle hierdeur gaan, en ek moes dit lees toe ek dit gedoen
het, om dit te ontvang sodat ek hierdie aan andere kon deurgee wat
wou weet hoekom hulle gebede nie dadelik beantwoord word nie. 'n Gebroke kleipot in diens van die Meester, Verlosser YAHUSHUA ha MASHIACH. Maar 'n magtige kryger in YAHUSHUA, Pastoor Sherrie Elijah. So as julle nog nie getoets is deur 'n gebed waarvoor julle al so lank wag en dit nog nie sien gebeur nie, (ek het 21 jaar gewag) dan sal julle nie verstaan waarvan ek praat nie. Maar ek is gestuur na hulle wie se gebede nog nie vervul is in die fisiese realm nie, alhoewel dit in die geestelike realm belowe was. Dit is hoekom YAHUSHUA selfs in hierdie eindtye gesê het, "Sal HY geloof vind wanneer HY terugkom?" Ek moet die mense waarsku. Julle moet nou die mense waarsku. Sodat hulle sal verstaan en nie opgee op YAHUSHUA en terugdraai na die wêreld vir antwoorde of na die gees van die antichris draai nie. www.amightywind.com www.almightywind.com
|