2 Petrus 1:21
want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie,
maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

Openbaring 1:3
Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat
dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

Lees Jeremia 28:9
As 'n profeet se profesie in vervulling gaan, dan sal daardie
profeet bekend staand as 'n profeet, wie GOD YAHUVEH waarlik gestuur het.

Deuteronomium 18:22
As die profeet in die Naam van YAHUVEH spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie
en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat YAHUVEH nie gespreek het nie;
deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie.
(Ons sien dat wanneer 'n profesie in vervulling gaan, dan sê die bybel vir ons
dat die profeet wat daardie profesie gespreek het, dit wel vanaf YAHUVEH ontvang het.)


Bladsy is op 1 April 2010, opgedateer.

YAHUSHUA (JESUS) SE KOMS IS NABY! IS JULLE GEREED?

1) Die nuutste profetiese woorde vir Suid Afrika, Afrika en ander lande
i) Webwerf eienaar
ii) Letichia Jansen van Rensburg
2) Profete met profesieë oor Suid Afrika

3) Lees oor 2 belangrike visioene van Siener van Rensburg
wat in vervulling gegaan het.
a) Die skaapkop diamant is gevind
b) Die militêre leier in Duitsland, Guttenburg kan die volgende
kandidaat wees om die leisels oor te neem by Angela Merkel


Julle sal oplet dat daar verskillende uitsprake vir die Hebreeuse Name van GOD en JESUS is. Maar ons Hemelse Vader het duidelik aan ons gesê, "dit maak nie saak hoe julle MY Name uitspreek nie, solank julle die Woord YAH in MY Name gebruik" Die antichris gaan tydens die Groot Verdrukking, die Naam Jesus gebruik en mense mislei. Ons leer dat daar groter salwingskrag is wanneer ons YAHUVEH en YAHUSHUA se Hebreeuse NAME gebruik."

(Gedeelte van profesie 87 - Amightywind webwerf)
MY naam is YAHUVEH en dit maak nie vir MY saak hoe julle dit spel of uitspreek nie, solank julle erken dat "YAH" in MY naam is. Net so is dit dieselfde met MY Seun, die enigste MESSIAS, SY naam is YAHUSHUA, dit maak nie saak hoe julle dit spel nie, solank julle MY NAAM "YAH", in dit hou.

Ongelukkig is daar gelowe wat die Naam Jehovah gebruik en mense mislei. Moet ons asseblief nie verwar met die Jehovah Getuies nie.
(Sien http://www.thetruthrevealed.net/afr_heiligename.html)


1) Die nuutste profetiese woorde vir Suid Afrika, Afrika en ander lande
(Woord en Drome en Wonderwerke en Bybel Teks Verse van YAHUVEH (GOD) en YAHUSHUA (JESUS) wat aan verskeie profete geopenbaar word.)

i) Webwerf eienaar
23 Maart 2008
Vanmiddag lees ek Jesaja 29:13-16
"En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My ‘n aangeleerde mensegebod is...",

asook
Jesaja 29:23-24 (Ou vertaling)
"want as hy, as sy kinders die werk van my hande in sy midde sien, sal hulle my Naam heilig; ja, hulle sal die Heilige van Jakob heilig en vir die God van Israel met ontsag vervul wees; en hulle wat dwalende van gees is, sal insig verkry, en die murmureerders sal lering aanneem."


Terwyl ek nog so bybel lees, raak ek aan die slaap. Ek begin toe droom waar ek aan mense begin vertel dat YAHUSHUA (JESUS) se koms nie meer ver is nie. Die droom was baie vaag gewees. 20 Minute later word ek toe wakker. Net toe ek opstaan begin die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) my herinner aan die volgende Woorde: "MY volk sal hulle aan MY weë onderhou!"
Ek besef toe dat hierdie woorde oor en oor, deur YAHUVEH aan my gespreek was, terwyl ek gedroom het.

15 Januarie 2008
YAHUVEH gee aan my 'n bybel teksvers.
Terwyl ek buitekant op 'n tuinstoel gesit het en bybel lees, val daar skielik iets uit die boom en tref dit my bybel met 'n harde slag. So hard dat daar na die tyd 'n duik op die bladsy was, waar die voorwerp dit getref het. Dit was 'n swart voorwerp wat net so vinnig soos dit verskyn het, weer verdwyn het. My hondjie het naby my voete gesit en sy het ook die voorwerp hoor val. Nadat dit my bybel getref het, het sy opgespring en gretig begin soek na die swart voorwerp. Maar daar was niks. Ek self het ook onder my stoel en verder op die grond gesoek na die vreemde voorwerp wat uit die boom geval het.

'n Paar minute later laat vaar ek toe maar my soektog na hierdie vreemde, swart voorwerp en ek lees toe verder. Dit is toe dat ek die duik op my bybel se bladsy sien. Net daar besef ek dat YAHUVEH die voorwerp gebruik het en 'n duik in my bybel gemaak het, dat ek die spesifieke skrifgedeelte moet lees en ter harte neem en dit ook aan die res van die mense moet bekend maak.

Die skrifgedeelte is Johannes 20:23 (Nuwe vertaling).
As julle vir die mense hulle sondes
vergewe, word dit hulle deur YAHUVEH
vergewe, as julle dit nie
vergewe nie, word dit nie deur YAHUVEH
vergewe nie.



ii) Letichia Jansen van Rensburg
31 Maart 2008
Op 16 Augustus 2007 het ek my lewe heeltemal vir YAHUVEH gegee. Voordat ek 37 jaar oud was, het ek nog nooit van die bybel gehoor nie. Steeds het ek nog nie al die boeke van die bybel gelees nie, maar ek vorder. In die maand van Maart 2007 het ek een nag wakker geword en 'n stem met my hoor praat. Dit was die stem van YAHUVEH en HY het my aangemoedig om die boek Sefanja te lees. Ek het my man wakker gemaak n vir hom gevra wie Sefanja is.

Hy het vir my gesê, dat dit 'n boek in die bybel is. Ek het toe onmiddelik die bybel geneem en in die indeks gaan kyk of daar regtig so 'n boek in de bybel is. Diep binne in my, het my siel my aangemoedig om die boek te lees. Die boek is nie baie lank nie.

Nadat ek dit heeltemal deurgelees het, kon ek vir 'n week lank nie slaap nie. Dit is baie ernstige dinge wat daar bespreek word. Ek dink ek was gewaarsku en nou neem ek die lewe baie ernstig op.



Profete met profesieë oor Suid Afrika
Ons Hemelse Vader YAHUVEH (GOD) het al aan verskeie profete boodskappe oor Suid Afrika gegee.
Hierdie profete was net gehoorsaam en het die boodskap direk aan die volk oorgedra.
Sommiges was 'n honderd jaar gelede geroep, ander word nog in vandag se tyd geroep.


Samuel Doctorian
Johanna Brandt
Siener van Rensburg


[Gaan na bo]

Samuel Doctorian

[Gaan na profete] [Gaan na bo]

Samuel Doctorian - 1998

Eindtyd profesie, gegee deur 'n Engel aan 'n Sendeling, op die eiland Patmos.
Die sendeling se naam is Samuel Doctorian en die profesie is in 1998 gegee.
Engelse webwerf skakel


Ek het gesien hoe die vierde engel oor Afrika vlieg, van Kairo tot in Kaapstad.
Die engel van Afrika het 'n swaard in sy hand gehad. Ek het hom hoor se: "Daar is onskuldige bloed vergiet. Duisende mense het mekaar doodgemaak. Ek het my troue kinders in Afrika gesien en Ek sal al die getroues beloon. Ek sal hulle ryklik seen. "Ek sal die weer beheer deur verskroeiing en brandende son, in ander dele oorspromings. Grondvestings sal geskud word, riviere sal opdroog en miljoene sal 'n hongerdood sterf. "My swaard sal die onregverdige en bloeddorstige oordeel. Daar sal baie aardbewings kom. Riviere sal in verskillende rigtings oor die land stroom; baie dorpe sal oorstroom word." Dit is die oordeel van God.
"Ek sal groot stukke van sterre vanuit die hemel op Afrika stuur. Die aarde sal verskriklik bewe, soos nog nooit sedert die skepping gebeur het nie. Niemand sal die swaard van God ontvlug nie."



Johanna Brandt

[Gaan na profete] [Gaan na bo]

Die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) het my een oggend 8 uur wakker gemaak op die agste dag van die agste maand, in die jaar 2008 (8\8\8 8uur), en die volgende woorde aan my gespreek:

"Weet dat alles wat Siener van Rensburg gesien het in Suid Afrika sal gebeur. Valse profete het sy woorde uitmekaar geskeur, maar ONS het jou na sy profesieë gelei in die tyd toe ONS jou geroep het. ONS het jou ook na Johanna Brandt se visioene gelei, want dit sal in vervulling gaan. Die 'Nag van die Lang Messe' het alreeds begin. Hoekom dink jy verlaat die mense Suid Afrika so teen 'n spoed? Wees versigtig, daardie Nag kom vinning nader. Jy weet wat om te doen. Jy weet hoe Suid Afrika gestraf gaan word."
Johanna Brandt - 1 Desember 1916

Oor 'n bloedbad wat in Suid Afrika sou plaasvind het die Boodskapper aan haar gesê: "Kyk!" Sy het gekyk en voor haar 'n miniatuur assegaai op die grond sien lê. Dan sien sy die begin van 'n staking wat gou-gou dwarsoor die land versprei en hoog bo in die lug hang die letters XL. Alles staan, selfs die groot besighede is gesluit en verlate, niks funksioneer meer nie. Die stakings is so groot dat die hele land lamgelê word. Terwyl hierdie staking aan die gang is, organiseer die swartes in die geheim en kom in een nag bymekaar in Johannesburg. Dan gebeur dit vinnig en onverwags - hulle sny die kragverbindings binne en rondom die stad af. Hierna, sien sy, vaar hulle die blanke gebiede in en vermoor ons mense voor die voet. Duisende en duisende gaan sterf in daardie 'Egiptiese nag' wat oor die Blankes in Johannesburg gaan toesak. "Toe ek in die visioen die talle verminkte lyke rondom my sien lê, het ek geskok en hardop uitgeroep: 'Dit kan tog nie wees nie, want daar is nie so baie mense in Johannesburg nie!'"

Vanweë die verskrikking van hierdie gesig het Johanna Brandt ineenenkele nag heeltemal grys geword.
Johanna Brandt

Johanna vertel self: Ek het 'n pragtige land gesien wat deur 'n siedende orkaan geteister word. Die vreemdste vir my was die onverwagsheid van die storm. So angswekkend was dit dat selfs die aarde gelyk het asof dit brul en beef terwyl die bliksemslae en die gedonder van verwoede elemente die swart wolke uitmekaarskeur en toe 'n stortvloed van vuur en haelstene op die aarde neergeslinger het. Oraloor was daar bloed en verwoesting wat gedreig het om alles wat leef van die gesig van die aarde weg te vee. Ek het gesien hoe menslike gedaantes soos blare voor die wind uitmekaargejaag en na alle dele van die land agtervolg word.




Siener van Rensburg

[Gaan na profete] [Gaan na bo]

Die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) het my een oggend 8 uur wakker gemaak op die agste dag van die agste maand, in die jaar 2008 (8\8\8), en die volgende woorde aan my gespreek:

"Weet dat alles wat Siener van Rensburg gesien het in Suid Afrika sal gebeur. Valse profete het sy woorde uitmekaar geskeur, maar ONS het jou na sy profesieë gelei in die tyd toe ONS jou geroep het. ONS het jou ook na Johanna Brandt se visioene gelei, want dit sal in vervulling gaan. Die 'Nag van die Lang Messe' het alreeds begin. Hoekom dink jy verlaat die mense Suid Afrika so teen 'n spoed? Wees versigtig, daardie Nag kom vinning nader. Jy weet wat om te doen. Jy weet hoe Suid Afrika gestraf gaan word."
Besoek hierdie skakel na 'n engels webwerf met 'n artikel oor
Siener van Rensburg en Adriaan Snyman wat die storie vertel.
Uittreksels uit die boek, "Boodskapper van God"

Siener van Rensburg

Skaapkop diamant

Die profesie het wel waar geword

Siener het 'n gesig gesien dat daar in Suid Afrika 'n diamant gevind sal word wat verbind kan word met 'n skaapkop. Sy eie seun verklaar dat sy vader van 'n kalfsoog gepraat het.


Die oomblik toe ek hierdie foto sien, maak die Heilige Gees aan my bekend hoekom Siener dit die kalfsoog genoem het. Jy kan duidelik die skaap se oog sien op die diamant in die foto.
Siener van Rensburg - 15 Mei 1919

DIE BLONDE, BLOU-OOG KANSELIER in Duitsland

Die profesie het wel waar geword

Siener van Rensburg het die opkoms van ‘n vrou uit die Europese Unie reeds in 1919 voorspel. Hy het sy dogter ook gevra om die woorde “baie belangrik” (N.B.) by te voeg:

(N.B.) 10 Junie 1919 C Een hand op skoon geel papier maak met een pot lood twee nulletjes. Toe is ek in een lêge huis en die deur gaan oop en ek gaan uit toe kom ek in een ander huis in en deur die venster is dit helder lig. Toe kom in Europa een wit dameshoed uit. (‘n Hoed is simbool van ‘n staatsleier. En die kan nie Maggie Thatcher wees nie, want Engeland is nog nie deel van die EU nie).
Vergelyk ook hierdie gesig van 15 Mei 1919 - ... in die Noorde kom een vrouw mens uit, zij het blauw oge en haar kleed in tussen wit en blauw (sy is van Duitse afkoms). Sy sal egter nie lank regeer nie, want dan raak sy weg. In ‘n ander visioen het Siener ‘n gesig gehad van ‘n Duitse militêre leier wat die leisels by haar gaan oorneem en die Boervolk in sy finale bevrydingstryd sal bystaan; 1 Jan 1918 - In Europa staan ‘n man met blauw pak klere en wit boordje en kijk hierna toe.

Die aantreklike, blou-oog, blonde Angela Merkel se oorwinning by die stembus verlede jaar, het die wêreld heeltemal onkant betrap, want bitter min van die sogenaamde politieke ontleders het haar hoegenaamd ‘n kans gegee. Met haar verkiesing as Bondskanselier het sy die eerste Duitse vrou in die geskiedenis geword wat hierdie eer te beurt val. Argo-Verlag, finaal daarvan oortuig dat hy werklik ‘n profeet was en binnekort verskyn ‘n Duitste vertaling van Siener se biografie, Boodskapper van God (Wortes des Propheten), in Duitsland. Mev. Merkel is nie net ‘n patriotiese Duitse burger nie, maar ook ver regs en sterk gekant teen Schröder se immigrasie beleid wat daartoe gelei het dat Duitsland sedert die laat tagtigs reeds met miljoene gekleurdes uit die Balkanstate en Afrika oorstroom word.

1 April 2010

Op die oomblik is die minister van verdediging in Duitsland, Karl-Theodore zu Guttenberg, 'n sterk kandidaat om die leisels oor te neem by Angela Merkel. En sy begin al hoe meer en meer steun verloor.
Uittreksels uit die boek, "Boodskapper van God"

Siener van Rensburg - 1 Augustus 1917

Staking en kragonderbreking in Gauteng

In hierdie tyd sien ek in Johannesburg 'n baie groter staking as wat daar in 1922 was en al die treine in die Unie, behalwe die trein, tussen Prieska en Duitswes, staan doodstil. Ook hulle staak. Maar saam met hierdie reuse-staking het oom Nicolaas ook 'n geweldige kragonderbreking in Gauteng gesien; party mense sal nog vuurmaakhout hê om kos mee gaar te maak, terwyl andere maar koue pap moet eet.

Volgens die Siener sal niks hierdie stakings kan keer nie. Die een salarisverhoging na die ander sal geëis word totdat besighede dit nie meer kan bekostig nie, en gedwing word om te sluit. Hierdie massa-optrede vorm dan ook deel van die organiseerde manier waarop die Kommuniste die land totaal onregeerbaar wil maak, sodat hulle volle beheer kan oorneem.
Siener van Rensburg - 4 April 1915

'n Bekende leier sterf en 'n revolusie onstaan in Suid Afrika

Ek sien 'n doodskis wat in 'n graf afsak, vure wat uitkom, maar een groot vuur wat voor uitkom. Nakende mense verskyn. Ek sit by 'n tafel en ek breek die tert deur. Dis donker, maar silwer letters verskyn op 'n blink plaat. (Dit is die visioen).

Lees nou Psalm 12:7 - Die woorde van die Here is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.

Met die begrafnis van hierdie baie belangrike persoon, sal daar nie net ongekende geweld in die land losbars nie, maar ook 'n volskaalse burgeroorlog uitbreek (een groot vuur wat voor uitkom). Die Boerevolk sal dan nakend, gestroop van alles wees, en in baie groot benoudheid verkeer.