Lees hierdie gebed en lees dit dan weer, hierdie keer NIE met kennis uit jou eie
geheue nie, maar lees dit met jou hele hart, glo dit in GELOOF, en onthou dat YAHUSHUA
nie net God is nie, maar Hy is ook jou beste vriend! Hy gee so baie om vir jou, Hy is
so lief vir jou, net soos jy is. Hy haat sonde, maar Hy is lief vir JOU, die sondaar!
YAHUSHUA het die prys vir jou sonde betaal, en nou hoef jy nie meer skuldig te voel of
jouself te veroordeel nie! Belei jou sondes teenoor YAHUSHUA. Noem hulle, vertel vir Hom
dat jy jammer is, vra vir Hom dat Hy jou sal vergewe! Al jou sondes in die verlede en die
hede. 'n Sonde is engie iets wat jy gedoen het of wat jy besig is om te doen, wat 'n
Heilige YAHUVEH ongelukkig maak. Niemand is perfek nie! Onthou dit!
Lees die Nuwe Testament en begin leer wie YAHUSHUA is. Johannes 3:16. Die Bybel sê dat jy
Hom moet bely as HERE en Redder sodat Hy jou voor die Vader sal bely. Moenie skaam wees vir
YAHUSHUA nie, Hy is NIE skaam vir JOU nie. Vertel vir iemand dat jy vir YAHUSHUA van Golgota
en Nasaret op hierdie dag aangeneem het, en al die engele in die Hemel is verheug!
Laat ons saam met jou verheug wees. Indien jy 'n pastoor nodig het, het ons meer as een.
Welkom by die familie van YAHUSHUA. ONS SIEN UIT DAARNA OM JOU IN DIE HEMEL TE ONTMOET,
INDIEN NIE OP AARDE NIE!
E-pos vir Elisabeth en vertel vir haar van die geskenk van die ewige lewe wat jy nou net
ontvang het van ons kosbare YAHUSHUA Messias!
revholyfire@hotmail.com