Die Krag in YAHUVEH (GOD) en YAHUSHUA (JESUS)
se Ware Hebreeuse NAME


Psalm 91:14 (Ou Vertaling)
Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.

Jesaja 52:5-6 (Afrikaanse Ou Vertaling)
"MY NAAM word gedurigdeur die hele dag gelaster.. Daarom sal MY volk MY NAAM leer ken;"
(Die Nuwe vertaling het alreeds hierdie gedeelte anders vertaal en sê, "Daardie dag sal die volk MY NAAM bely...")

Julle sal oplet dat daar verskillende uitsprake vir die Hebreeuse Name van GOD en JESUS is. Maar ons Hemelse Vader het duidelik aan ons gesê, "dit maak nie saak hoe julle MY Name spel nie, solank die NAAM YAH daarin is." Die antichris gaan tydens die Groot Verdrukking, SY Seun se Naam Jesus gebruik wanneer hy aan bewind kom. Daar is groter salwingskrag in SY Ware Hebreeuse Name, gebruik dit.
Ongelukkig is daar gelowe wat die Naam Jehovah gebruik en mense mislei. Moet ons asseblief nie verwar met die Jehovah Getuies nie.
(Sien http://www.thetruthrevealed.net/afr_heiligename.html)



Waarom gebruik ons die Heilige Hebreeuse Name van YAHUVEH en YAHUHSUA (Net in engels)


NB: Besoek hierdie skakel en lees waar YAHUVEH (GOD)
self vir ons sê watter krag in SY NAME is.


Die volgende Woord het ek as 'n e-pos ontvang van iemand wat my glad nie geken het nie. Sy het ook nie eers my e-pos adres gehad nie, maar toe sy die Woord van YAHUSHUA aan haar vriende stuur, het dit met 'n wonderwerk ook in my e-pos beland.

Donderdag 23 Augustus 2007 - MY NAAM

Aan My is gegee die Naam bo alle Name. My Naam moet gevrees, geëer, geheilig en gerespekteer word. Elkeen wat kom en My Naam aanroep sal gered word. In My Naam sal daar wonders, tekens gedoen word, siekes sal gesond word. “Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: IN DIE NAAM VAN YAHUSHUA die Gesalfde, die Nasarener, staan op en loop!” Handelinge 3:6

Jy ken die Naam bo alle Name jou hulp is in My Naam, die Naam wat hemel en aarde gemaak het. Die Naam wat regeer tot in alle ewigheid. Roep uit na My Naam, daar is krag in My Naam. My Naam is kosbaarder as enigiets wat kan vergaan, My Naam kan nooit uitgewis word nie, dit duur van geslag tot geslag.

Wees jy ook ‘n Dawid wat nie bang is vir Goliat nie. Dit maak nie saak wie of wat die Goliat is nie. Moenie bang wees vir Goliat se grootte, sterkte of wapens nie. Weet in watter Naam jy glo en vertrou, in watter Naam jy jou aanval loots teen jou vyand. “Ek kom na jou IN DIE NAAM VAN DIE HERE van die Leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het. Vandag sal die Here jou in my hand oorlewer.” 1 Samuel 17:45-46

Ek het Die enigste Naam wat jou sal red, verlos, beskerm, troos, help. Ek is met jou My Naam is op jou lippe, My Naam is geskryf in jou hart. Niemand kan My Naam van jou wegneem nie. GLO, VERTROU, ROEP UIT NA die ENIGSTE NAAM wat daar is wat vir ewig sal bestaan, die Naam, YAHUSHUA die Gesalfde, jou Abba Vader. Roep My Naam aan, Ek hoor as jy roep en Ek sal antwoord.

“As julle iets in My Naam vra, sal Ek dit doen.” Johannes 14:14

Geprofeteer deur YAHUSHUA (JESUS) aan 'n Kind van YAHUSHUA